Programmatuur Aperture

Aperture is ’n fotoredigering- en bestuurstoepassing wat deur Apple Inc.

Dit is aanvanklik in 2005 vrygestel en is verkrygbaar op die Mac Toepwinkel. Die programmatuur hanteer ’n aantal take soos die invoer en organiseer van beeldlêers, die toepassing van korrektiewe verstellings, die vertoon van skyfievertonings en die druk van foto’s wat algemeen in postproduksie voorkom.

Aperture
Kort opsomming van die logo.
Programmatuur Aperture
Aperture 3

Ontwikkelaar Apple Inc.
Aanvanklike vrystelling 2005
Gestaak 8 April 2015; vervang deur Foto’s
Nuutste weergawe 3.5.1/ 15 November 2013; 10 jaar gelede (2013-11-15)
Bedryfstelsel OS X
Kategorie Foto postproduksie
Lisensie Eiendomsprogrammatuur
Webblad Apple - Aperture

Eienskappe van Aperture sluit nie-vernietigende redigering, organisering van foto’s volgens sleutelwoord, gesigte (deur middel van gesigsherkenning en -erkenning) en plekke (deur middel van GPS-metadata wat in beeldlêers ingebed is), kwaste vir die aanwending van effekte (soos ontwyking en inbranding, velversagting en polarisering) en uitstuur na verskeie gewilde webblaaie insluitend Flickr, Facebook, SmugMug en Apple se iCloud. Die toepassing is deur talle onafhanklike persone geresenseer.

Op 6 Januarie 2011 het Apple die beskikbaarheid van Aperture op die Mac Toepwinkel aangekondig. Aperture 3.5, die nuutste weergawe van die programmatuur, is op 22 Oktober 2013 vrygestel en werk op Intel-gebaseerde Mac-rekenaars. Die weergawe bied ondersteuning vir iCloud Fotodeling, integreer SmugMug en voeg ondersteuning vir iOS 7-kamerafilters toe. Aperture 3.5 benodig OS X 10.9 Mavericks of nuwer om te werk.

Funksies

  • Volle roudataformaatondersteuning vanaf invoer na uitstuur (vir ondersteunde kamera’s)
  • Ondersteun verbinde fotografering van Nikon en Canon digitale spieëlreflekskamera’s.
  • Meester beeldlêers (rou of anders) kan in een plek bewaar word tydens invoer of wanneer na die Aperture-biblioteek gemigreer word.
  • Rou Verfyning wat weergawes van rou dekodering om oor tyd bestuur te word en omsettingsparameters om verstel te word.
  • Talle beeldaanpassingsnutsmiddels insluitend kleurbywerking, ’n helderheidsgebaseerde randskerpmaker en kolherstelling.
  • Lenskorreksienutsmiddels soos chromatiese afwyking.
  • Projekbestuur met uitgebreide metadata- en soekondersteuning.
  • Outostapeling, ’n manier om foto’s te groepeer gebaseer op die tyd tussen sluiterklikke.
  • Stapels (vir groepering van foto’s) en Weergawes (om meerdere kopieë van dieselfde beeld te maak).
  • Strek oor meerdere skerms.
  • Loep waarmee van 50% tot 1600% gezoem kan word.
  • Ligtafel, ’n tipe vryevormwerkspasie.
  • Inheemse ondersteuning van die Adobe Photoshop PSD, PNG, JPEG en TIFF-formate.
  • Nie-vernietegende beeldredigering
  • Verstelbare druk en publisering
  • Ondersteun invoere van USB en FireWire-geheuekaartlesers of direk vanaf ’n kamera wat d.m.v. USB verbind is.
  • Die vermoë om meerdere beelde gelyktydig te zoem en verskuif.
  • Lees- en skryfondersteuning vir IPTC-beeldmetadata.
  • Aanpasbaare boekskepping.
  • Webgallery- en woernaalskepping, oplaaibaar deur FTP of WebDAV.
  • Volledig uitgeruste volskermmodus vir redigering en sortering van beelde.

Aperture 2.0

Aperture 2.0 is op 12 Februarie 2008 vrygestel met ’n verminderde prys van $199 in vergelyking met die $499 wat weergawe 1.0 in Amerika gekos het.

  • Vaartbelynde koppelvlak.
  • Verbeterde beeldverwerking weens databasisoptimering en koppelvlakverbeterings.
  • Verbeterde beeldverwerking met opgedateerde roudata-ondersteuning.
  • Verbeterde integrasie met OS X MobileMe (nou iCloud) en verskeie programmatuurpakkette insluitend iLife en iWork.
  • Ondersteuning vir redigering van inproppe insluitend Apple se eie ontwykings- en inbrandingsnutsmiddel (Aperture 2.1).

Aperture 3.0

Aperture 3.0 is op 9 Februarie 2010 vrygestel en dit is die eerste weergawe van Aperture wat slegs op Intelgebaseerde Macintosh-rekenaars werk (vorige weergawes kon op PPC-gebaseerde stelsels ook werk). In Februarie 2011 het Apple Aperture 3.0 deur die Toepwinkel beskikbaar gestel teen ’n verminderde prys van $80 in Amerika. Apple het aanspraak gemaak op meer as 200 nuwe funksies in weergawe 3.0 en het die grootste verbeteringe soos volg genoem:

  • ’n 64 bis-toepassing wat groot lêers soos ultra hoë definisie skanderings kan hanteer.
  • Gesigsherkenning en -erkenningsfunksie genaamd Faces.
  • Plaas prente op kaarte deur Plekke te gebruik. Dit is versoenbaar met GPS-metadata en handmatig wysigbaar deur ’n interaktiewe kaart.
  • Inheemse integrasie met Flickr en Facebook.
  • Nie-vernietigende, randbewuste kwaste om verstellings aan foto’s aan te bring.
  • Dosyne nuwe ingeboude verstellingsinstellings. Sommige fotograwe het pasgemaakte instellings beskikbaar gestel om afgelaai te word.
  • Gevorderde skyfievertonings.
  • Hantering en redigering van video- en klanklêers.

Weergawegeskiedenis

Weergawe Vrystellingsdatum Veranderinge
1.0 30 November 2005 Aanvanklike vrystelling
1.0.1 21 Desember 2005 Foutherstelling met skadublokkering in 8-bis-beelde, uitstuurprobleme na Exif en verbeterde werkverrigting in sleutelwoordsoektogte.
1.1 13 April 2006 ’n Noemenswaardige opdatering wat nuwe funksies soos universele ondersteuning, verbeterde roubeeldkwaliteit, rouverfyning, outomatiese geraasversagting, nuwe kleurmeter, verbeterde uitstuurbeheer en ander klein verbeteringe en foutherstellings.
1.1.1 4 Mei 2006 Spreek verskeie kwessies aan wat verband hou met werkverrigting, stabiliteit, kleurkorreksie en vertoonversoenbaarheid.
1.1.2 21 Junie 2006 Spreek kwessies aan wat verband hou met algehele betroubaarheid en werkverrigting.
1.5 29 September 2006 ’n Noemenswaardige opdatering met verskeie nuwe funksies insluitend Buigbare Biblioteekbestuur (meesterlêers kan buite die biblioteek sowel as aflyn gebêre word), integrasie met iLife ’06 en iWork ’06, Outomatiese Metadata Uitsturing, Kantverskerping en iPod-fotosinchronisering. Ondersteun ook amptelik Intelgebaseerde Macs met ten minste 1 GG RAM. Prys verlaag van $499 tot $299.
1.5.1 2 November 2006 Verbeter algehele betroubaarheid en werkverrigting in talle areas van die toepassing, insluitend sleutelwoorde, die Loep, bysnyding, voorskoue, metadata-instellings, lêerherbenoeming, invoer van iPhoto-biblioteek en watermerke.
1.5.2 11 Desember 2006 Spreek talle kwessies rakende algehele betroubaarheid en werkverrigting in ’n aantal areas in, insluitend die uitdruk van kontakvelle, Slimalbums, watermerke, lig en stempel, lêerinvoere en weergawes van lêers wat met ’n eksterne program geskep is.

Verwysings

Eksterne skakels


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Programmatuur Aperture FunksiesProgrammatuur Aperture Aperture 2.0Programmatuur Aperture Aperture 3.0Programmatuur Aperture WeergawegeskiedenisProgrammatuur Aperture VerwysingsProgrammatuur Aperture Eksterne skakelsProgrammatuur ApertureApple Inc.OS X

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JArgentiniëPerineumLys van elemente volgens simboolSkaakAarde se atmosfeerBiomolekuleMuskeljaatkatWerkloosheidDemokrasieAnale kankerCristina Fernández de KirchnerBritse RykLatynPoësiePandjabiVennootskap3D-rolprentTom Weston-JonesDie VaderlandVingerseksGroblersdalWerner AbrolatNelson MandelaUilGewone luislangPeach van PletzenRumatiekVoedselbewaringMedia (kommunikasie)Gawes van die Heilige GeesKindermishandelingMangelJazzDiplopodaLouise LombardBruin huisslangAardeBakterieNairobiJames BrolinAsiëSuid-Afrikaanse WeermagSpringbokkeSimon PetrusGeslagDoelwitViëtnamoorlogMicrosoft OfficePaulus van TarsusKaasPiet van der MerweWetenskaplike notasieWapen van Suid-AfrikaSoogdierJodiumOrnitologieLys van Afrikaanse skrywersAbercrombie & FitchYouTubeStuifmeelGDepressie (gemoedstoestand)NjalaJudaïsmeLipblommeGoeie VrydagOostenrykKaartEkonomieOrgasmeFacebookRuslandKommunikasiePlaneet🡆 More