Rumatiek: Toestande wat chroniese, dikwels afwisselende pyn veroorsaak wat die gewrigte of bindweefsel beïnvloed

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.

Rumatiek of rumatiese kwale is toestande wat chroniese, dikwels afwisselende pyn veroorsaak wat die gewrigte of bindweefsel beïnvloed. Rumatiek dui geen spesifieke afwyking of kwaal aan nie, maar dek minstens 200 verskillende toestande, insluitend artritis en "nie-artikulêre rumatiek", ook bekend as "streekspynsindroom" of "sagteweefselreumatiek". Daar is 'n noue oorvleueling tussen die term sagteweefselversteuring en rumatiek. Soms word die term "rumatiese sagteweefselafwykings" gebruik om hierdie toestande te beskryf.

Rumatiek: Toestande wat chroniese, dikwels afwisselende pyn veroorsaak wat die gewrigte of bindweefsel beïnvloed
'n Hand wat geteister word deur rumatoïede artritis, 'n outo-immuun vorm van artritis

Die term "Rumatiese siektes" word gebruik om na bindweefselafwykings te verwys. Die tak van medisyne wat gewy is aan die diagnose en behandeling van rumatiek, word rumatologie genoem.

Tipes

Belangrike rumatiese kwale kan in tien hoofkategorieë verdeel word:

  • Verspreide bindweefsel siektes.
    • Rumatoïede artritis
    • Jeugartritis
    • Sistemiese lupus eritematose
    • Sjögren se sindroom
    • Sklerodermie
    • Polimiositis
    • Dermatomiosietis
    • Behçet se siekte
    • Herhalende polikondritis
  • Osteoartritis (degeneratiewe gewrigsiekte)
  • Rumatiese sindrome wat verband hou met aansteeklike middels (direk en indirek of reaktief)
  • Metaboliese en endokriene siektes wat verband hou met rumatiese toestande
    • Jig, pseudojig
  • Neoplasmas
  • Neurovaskulêre afwykings
  • Been- en kraakbeenversteurings
  • Buiteaartikulêre afwykings
    • Bursitis / tendinitis van die skouer, pols, ens.
    • Kapsulitis
  • Verskillende afwykings wat verband hou met artikulêre manifestasies

Verwysings

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Verenigde KoninkrykProteïenAspoestertjieStrykysterRivierKwame NkrumahOogproblemeVulvaOmgewingskwessies in Suider-AfrikaKoringLyfstraf in skoleOutismeSlag van BloedrivierJagluiperdDaggaMeettegniekBiologieHannes van WykMiskruierSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994KatAfrikaanse WikipediaRomanDeelstate van die Verenigde State van AmerikaEienaamVerkleinwoordWhatsAppHemelBesemWekkerKlem-in-die-kaakMusiek7de LaanAfkortingHipoteseGroot TrekJan van RiebeeckSeekoei2001BorsMaselsKolitisJuan Antonio VillacañasAborsieChemiese elementWetenskaplike klassifikasieYslandNierSlaginstrumentBevolkingsafnameGlasFaf de KlerkWeervoorspellingBewaringstatusEnsiklopedieDonkiePad na jou hartOseaanShakaReënspinnekopSeksuele penetrasieMenslike seksuele gedragGesonde dieetLys van Nederlandse skildersInsekGrondwet van Suid-AfrikaKaartSkildklierLys van Afrikaanse televisiereekseChris HaniSuid-Afrikaanse randGroot vyfFotosinteseE-posZoeloesKoerantResensieDroogte🡆 More