Macintosh

Die Apple Macintosh (ook Apple Mac of iMac genoem) is die handelsnaam vir 'n soort persoonlike rekenaar wat deur die maatskappy Apple Inc.

Steve Jobs het die oorspronklike Macintosh-rekenaar op 24 Januarie 1984 bekendgestel. Die Macintosh was een van die eerste rekenaars met 'n muis wat gebruik kon word om op ikone op die skerm te klik. Dit is dan ook hierdie funksie, bekend as 'n grafiese gebruikerskoppelvlak, wat die Macintosh so gewild gemaak het. Die eerste model is later na "Macintosh 128k" hernoem. Apple het sedert 1998 die naam "Macintosh" na "Mac" verander, hoewel die produk sedert sy ontwikkeling reeds onder die noemnaam "Mac" bekend was.

Macintosh
Die eerste Macintosh wat in 1984 vrygestel is.
Macintosh
'n Apple iMac, 2009. Let op hoe die rekenaar in die skerm ingebou is.

Macintosh-rekenaars het aanvanklik, anders as ander persoonlike rekenaars, hulle eie sentrale verwerkers (genaamd die Motorola 68000) gebruik. Later het Apple na die PowerPC oorgeskakel. In 2006 begin hulle om Intel se mikroverwerkers te gebruik. Die nuutste Mac's loop op Intel se i7-verwerkers.

Die Mac gebruik nie die Microsoft Windows-bedryfstelsel soos ander persoonlike rekenaars nie. Dit beskik oor 'n eie reeks bedryfstelsels, wat as OS X bekend staan. Die nuutste weergawe hiervan word "Yosemite" genoem. Mac's kan met behulp van 'n program genaamd "Boot Camp" beide Windows en OS X op dieselfde tyd loop. Die program is op alle Mac's gelaai.

Oor die algemeen kos Macintosh-rekenaars meer as ander rekenaars van dieselfde grootte en kapasiteit. Die produk is egter bekend vir sy boukwaliteit en gebruikersvriendelike koppelvlak.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

198424 JanuarieApple Inc.HandelsmerkPersoonlike rekenaarRekenaarmuisSteve Jobs

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BeesHidroulikaTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinC++Woordeboek van die Afrikaanse TaalFinale OplossingWaterkringloopAkroniemThys die BosveldklongKankerPolitieke partyBloeddrukLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaSeksismePersoon (taalkunde)EienaamNarkoseDie VaderlandHipoteseVier temperamenteBywoordIslamitiese mitologieDirekte en Indirekte redeSewe doodsondesVarkgriepViëtnamoorlogSjibboletSanskritRichard GaddAlkoholismeLTreinSelfmoordAdolf HitlerPerdLeonardo da VinciNomina sacraVenesiëPornhubVraag en aanbodPornografieSprokieJuan Antonio VillacañasOnderhandelinge om apartheid te beëindigTsongaDurbanSeksStaalKarooAanhalingstekensGriekse teaterXHTMLDiarreeTarentalePuberteitKuberkrakerReg tot ‘n gesonde omgewingAngolaLeah van NiekerkRacheltjie de BeerWet op NaturellengrondVolstruisLys van hoofstedeHartversakingHennie MaasGroepsgebiedewetVoorvoegselKlitorisDie Stem van Suid-AfrikaAntoniemGeboorteByeboerderyBesoedelingRooms-Katolieke Kerk🡆 More