Norman Robert Foster, sedert 1990 Sir Norman Foster en sedert 1999 ook Lord Foster of Thames Bank, is 'n Britse argitek.
Norman Foster | |
---|---|
Norman Foster in Dresden (2006) | |
Gebore | Norman Robert Foster 1 Junie 1935 |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | argitek |
Bekend vir | 30 St Mary Axe, Londen Willis Faber en Dumas-hoofkwartier, Ipswich Wembley-stadion |
Eggenoot | Elena Ochoa (1996–hede) |
Ouer(s) | Robert Foster Lilian Smith |
Webwerf | http://www.fosterandpartners.com/ |
Foster is bekend vir sy ontwerpe van onder andere die Millenniumbrug (wat oor die Teems in Londen strek), asook 30 St Mary Axe, (beter bekend as die "Gherkin", in dieselfde stad) en die koepel op die ryksdaggebou in Berlyn. Sy ontwerpe kan so ver as China, Australië, Kanada en Kasakstan besigtig word.
Hy is in twee eksklusiewe ordes opgeneem, die Duitse orde Pour le Mérite ("vir die meriete") en, in 1997, die Briste Order of Merit ("orde van meriete"). Hy is ook benoem tot Life Peer, wat beteken dat hy vir die res van sy lewe as 'n edelman beskou sal word en, as 'n baron, behoort hy tot die Britse Hoërhuis.
'n Aantal van Foster se ontwerpe:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Norman Foster, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.