Itunes

iTunes is ’n mediaspeler wat gebruik kan word om digitale musiek en video-lêers op ’n rekenaar te speel, af te laai, te berg en te organiseer. Dit kan ook die inhoud van iPod, iPhone, iPod Touch en iPad-toestelle beheer.

iTunes
Kort opsomming van die logo.
Ontwikkelaar Apple Inc.
Aanvanklike vrystelling 9 Januarie 2001; 23 jaar gelede (2001-01-09)
Nuutste weergawe 11.1.4/ 22 Januarie 2014; 10 jaar gelede (2014-01-22)
Bedryfstelsel Windows, Mac OS X
Grootte op skyf ~120 MB (afhangend van bedryfstelsel)
Beskikbaar in 23 tale
Kategorie Mediaspeler
Lisensie Eiendoms-vryeware
Webblad www.apple.com/itunes

iTines kan met die iTunes Store verbind waar musiek, musiekvideo’s, televisieprogramme, iPod-speletjies, oudioboeke, potgooie, rolprente en die uitneem van rolprente (nie in alle lande beskikbaar nie) en luitone (slegs beskikbaar vir die iPhone en 4de generasie iPod Touch) gekoop en afgelaai kan word. Dit kan ook gebruik word om toepassingsagteware vir die iPhone, iPad en iPod Touch van die Toepwinkel af te laai. iTunes is gekritiseer omdat dit nie die oordra van musiek van een toestel na ’n ander toelaat nie.

iTunes is op 9 Januarie 2001 deur Apple Inc. bekendgestel. Die nuutste weergawe, 10.6.3, is beskikbaar as ’n gratis aflaai vir Mac OS X v10.5 of nuwer, asook vir Windows XP, Windows Vista en Windows 7. In Junie 2010 het Apple ’n nuwe privaatheidsbeleid vrygestel wat inligting bevat het oor die opname en versameling van gebruikers se intydse ligginginligting. Die inligting is ingesluit in verskeie toestel-spesifieke EGLO’s sedert 2008 maar het eers in 2010 deel uitgemaak van Apple se algemene privaatheidsbeleid.

iTunes gebruik verskeie maniere om musiek en video's in te voer:

  • Musiek kan van CDs af gerip word.
  • Musiek of video's kan in die iTunes Store aangeskaf word.
  • Audio of video kan van iPods ingevoer word, hoewel dit nie outomaties moontlik gemaak is nie ten einde kopieregskening te beperk.

iTunes is gerig op die eenvoudigmaking van die beheer van 'n biblioteek wat audio en video bevat. Dit bied ook verskeie maniere om vir items in die versameling te soek. Só kan daar byvoorbeeld per titel, kunstenaar, komponis, album en genre gesoek word. Verder is dit moontlik om die inligting van CDs via die Internet in te voer sodat die gebruiker nie ál die velde per hand hoef in te vul nie. Die CDs se omslagte kan ook afgelaai en ingevoer word sodat iTunes 'n fisieke ry CDs kan simuleer.

Dit is ook moontlik om speellyste te maak. Hierdie speellyste kan op iPods gebruik word, maak kan ook in die vorm van 'n iMix na die iTunes Store gestuur word vir enigiemand om te besigtig.

iTunes gebruik Apple se multimediaprogram QuickTime vir die audio- en video kodeks. Die iTunes-sagteware is gratis verkrygbaar vir Apple se Macintosh-operateurstelsel en Microsoft Windows-rekenaars vanaf hul tuisblad.

iTunes maak deel uit van Apple se iLife-sagtewarepakket.

Sien ook

  • Mediaspeler

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Rudi ClaaseNapoleon BonaparteVoegwoordBiologieEnergieJan van RiebeeckAardePerdSlawernyIntensiewe vormKunsmatige algemene intelligensieSimfonie-orkesAnilingusRookgewoonteVulkaanAlliterasieWeefselEkonomiese sektorKaaps-Hollandse stylFaktuurSekondêre sektor van die ekonomieAuschwitz-konsentrasiekampLys van Suid-Afrikaanse musikanteNagapiePeriodieke tabelAtoomVulvaWaterbesoedelingMenseregteHoërskool Sentraal, BloemfonteinSkoenlapperRooikatAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeMiltKrieketRekenaarPlae van EgipteSeksDonderstormKolorektale kankerReënspinnekopLatynRobbeneilandBeeldspraakMaagSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024AardverwarmingBaälJodeAustraliëRugbywêreldbeker 2023AkademiaNamibiëVerlede tydAanhalingstekensProvinsies van Suid-AfrikaBakterieBruin huisslangStikstofSout (chemiese stof)KwaZulu-NatalJan Christian SmutsRonelda KamferEnsiklopedieIndiëHoofpynDepressie (gemoedstoestand)Pornografiese subgenresVersamelnaamAfrikaanse taalleerWerwelkolomGoudkus (streek)VerkleinwoordWater (molekuul)Tweede Vryheidsoorlog🡆 More