Die afkwark of d-kwark (simbool: d, van die Engelse down quark) is die tweede ligste van al die kwarke, ’n soort elementêre deeltjie, en ’n hoofbestanddeel van materie.
Saam met die opkwark vorm dit die neutrone (een opkwark, twee afkwarke) en protone (twee opkwarke, een afkwark) van atoomkerns. Dit is deel van die eerste generasie van materie, het ’n elektriese lading van −1⁄3 e en ’n massa van 4,1-5,7 MeV/c2.
Afkwark | ||
Die afkwark se plek in die Standaardmodel (onder kwarke). | ||
Samestelling | Elementêre deeltjie | |
Statistiek | Fermionies | |
Groep | Kwarke | |
Generasie | Eerste | |
Wisselwerking | Sterk, swak, elektromagneties, swaartekrag | |
Simbool | d | |
Antideeltjie | Af-antikwark | |
Geteoretiseer | Murray Gell-Mann (1964) George Zweig (1964) | |
Ontdek | SLAC (1968) | |
Massa | 4,8+0,5−0,3 MeV/c2 | |
Verval in | Stabiel of opkwark + elektron + elektron-antineutrino | |
Elektriese lading | -13 e | |
Kleurlading | Ja | |
Spin | 12 | |
Swak isospin | LH: -12, RH: 0 | |
Swak hiperlading | LH: 13, RH: -23 |
Nes ander kwarke is die afkwark ’n elementêre fermion met spin-1⁄2 en ervaar dit al vier fundamentele kragte: swaartekrag, elektromagnetisme, swak kernkrag en sterk kernkrag. Die antideeltjie van die afkwark is die anti-afkwark of anti-af), waarvan sekere eienskappe dieselfde magnitude maar teenoorgestelde teken het.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Afkwark, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.