Acubens

Acubens (ook bekend as Alpha Cancri of α Cnc) is ’n dubbelster in die sterrebeeld Kreef (Cancer).

Alpha Cancri
Acubens
Die ligging van α Cancri (in die rooi sirkel).
Die ligging van α Cancri (in die rooi sirkel).
Sterrebeeld Kreef
Bayer-naam α Cancri
Spektraaltipe A5m
Soort Dubbelster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 08h 58m 29.2217s
Deklinasie +11° 51′ 27.723″
Skynmagnitude (m) 4,2 tot 4,27
Absolute magnitude (M) 0,6
B-V-kleurindeks  +0,14
U-B-kleurindeks  +0,15
Besonderhede
Massa (M) 2
Radius (R) 0,998
Ligsterkte (L) 23
Ander name
Acubens, Sertan, Sartan, α Cnc, Alpha Cancri, Alpha Cnc, 65 Cancri, 65 Cnc, ADS 7115 A, BD+12 1948, CCDM J08585+1151A, FK5 337, GC 12406, HD 76756, HIP 44066, HR 3572, IDS 08530+1215 A, PPM 125972, SAO 98267.
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Name

Die ster as Bayer-naam is "Alpha Cancri" en sy Flamsteed-naam "65 Cancri". Die tradisionele naam, "Acubens", kom van die Arabiese الزبانى al zubanāh, "die kloue".

In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Acubens" vir die ster goedgekeur.

Eienskappe

Acubens het ’n skynbare magnitude van 4,2 en is dus met die blote oog sigbaar. Met sy sterreklassifikasie van A5m is sy ligsterkte 23 keer dié van die Son. Die ster is sowat 174 ligjare van die Son af.

Aangesien dit naby die Sonnebaan lê, kan dit deur die Maan verduister word en soms ook deur planete.

Die primêre komponent, α Cancri A, is ’n wit A-tipe hoofreeksster met ’n skynbare magnitude van 4,26. Sy metgesel, α Cancri B, is ’n ster van die 11de magnitude.

Deur sy ligkurwe tydens verduisterings te bestudeer, word geglo α Cancri A is self ’n dubbelster van twee sterre met dieselfde helderheid en ’n skeiding van 0,1 boogsekondes.

Verwysings

Eksterne skakels

08h 58m 29.2217s, +11° 51′ 27.723″

Tags:

Acubens NameAcubens EienskappeAcubens VerwysingsAcubens Eksterne skakelsAcubensDubbelsterKreef (sterrebeeld)Sterrebeeld

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TemperatuurNederlandPoësieChapmanspiek-rylaanAbstraksie (rekenaarwetenskap)HartversakingWapen van Suid-AfrikaKonsentrasiekampInternetOlifantProvinsies van Suid-AfrikaSwartbewussynsbewegingWaterbesoedelingGasNic de JagerMotPseudowetenskapVrystaatPubliekKommaGeografie van Suid-Afrika23 AprilKlavierResensieNoordwesLiefdeAarverkalkingTweede WêreldoorlogNadia ValvekensZoeloeSinkKarretjiemenseVryheidsdagRivierKrapCalviniaOseaanLeenwoordGrondSonnetOopbroninhoudRoofvoëlEjakulasieLiewe HeksieGriekwa-AfrikaansHolocaustFotosinteseGrondbesoedelingAlkoholismeAborsieDuitse maselsAtriale fibrillasieWoordeboek van die Afrikaanse TaalVoedingHector PietersonMensConsolidated B-24 LiberatorRobert SobukweBreinvliesontstekingVryheidsmanifesSiekteNederduitse Gereformeerde KerkBedreigde spesieMandalaElektrodeDokterNatriumsulfietPretoriaVergelykings (taalkunde)AfrikaKindermishandelingPoesProteaAardbewingSwangerskap🡆 More