Hipparcos, ’n satelliet met die Hipparcos-katalogus en ander dataversamelings oor sterre, was ’n wetenskaplike sending van die Europese Ruimteagentskap (ESA) wat in 1989 gelanseer is en tot in 1993 inligting versamel het.
Dit was die eerste ruimte-eksperiment wat gewy is aan presisie-astrometrie, die akkurate meting van die posisie van hemelliggame.
Hipparcos | |
---|---|
Die Hipparcos-satelliet in die Groot Sonnabootser, ESTEC (Februarie 1988). | |
Organisasie | Europese Ruimteagentskap |
Lanseerdatum | 8 Augustus 1989 |
Lanseerplek | Frans-Guiana |
Vuurpyl | Ariane 4 (V33) |
Duur van sending | 3,5 jaar |
Massa | 1 140 kg met lansering |
Webtuiste | www.rssd.esa.int/hipparcos |
Dit stel sterrekundiges in staat om die eiebeweging en parallaks van sterre te meet en daardeur ook hul afstand en raaklynige snelheid. Dit, tesame met metings van ’n liggaam se radiale snelheid deur spektroskopie, is al die eienskappe wat nodig is om die beweging van sterre te bepaal. Die Hipparcos-katalogus, met inligting oor meer as 118 200 sterre, is in 1997 gepubliseer. Die minder noukeurige Tycho-katalogus met meer as ’n miljoen sterre is terselfdertyd gepubliseer en die verbeterde Tycho-2-katalogus met 2,5 miljoen sterre in 2000.
Die woord "Hipparcos" staan vir "High precision parallax collecting satellite" en is ook ’n verwysing na die Antieke Griekse sterrekundige Hipparchos van Nicea, die grondlegger van driehoeksmeting en samesteller van die eerste omvattende sterkatalogus van die Westerse wêreld.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Hipparcos, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.