Die aasblom (Orbea variegata) is 'n vetplant wat in Suid-Afrika voorkom.
Dit kom hoofsaaklik op kusvlaktes voor, vanaf Lambertsbaai in die noorde tot by die Kaapse Skiereiland in die suide, en oos tot by Humansdorp.
Aasblom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Gentianales |
Familie: | Apocynaceae |
Genus: | Orbea |
Spesie: | O. variegata |
Binomiale naam | |
Orbea variegata (L.) Haw., (1812) | |
Sinonieme | |
|
Die stingels is liggroen met purperige merke en is vierhoekig. Dit dra blomme van ongeveer 50 tot 80 mm, waarvan die basiskleur liggroengeel tot bottergeel is met rooierige pers tot bruinerige kolle. Die blomme het vyf breë blomblare en 'n prominente opgehewe sentrale skyf (annulus). Hierdie annulus is een van die karaktertrekke wat hierdie genus onderskei van die Stapelia-genus.
Die spesie het 117 sinonieme name.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Aasblom, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.