Xenofobie: Angs teenoor dinge wat vreemd of onbekend is, veral teenoor vreemdelinge

Xenofobie is 'n angs teenoor dinge wat vreemd of onbekend is, veral teenoor vreemdelinge.

Die woord is afgelei vanaf die Griekse woorde kseenos/ξενος, wat vreemdeling beteken; en fobos/φοβος wat angs en vrees beteken. Die term word tipies gebruik om 'n vrees of angs teenoor buitelanders of mense wat anders is aan te dui.

Xenofobie kan soms gepaard gaan met rassisme en rassediskriminasie. In teenstelling met ander fobies lei xenofobie tot afwerende en selfs aggressiewe gedrag eerder as verminderingsgedrag of vlug.

Xenofobiese insidente

Japan

Japan het vanaf 1641 tot 1853 'n beleid van uitsluiting van buitelanders beoefen.

Suid-Afrika

Xenofobie: Xenofobiese insidente, Verwysings, Eksterne skakels 
'n Protesoptog teen xenofobie in April 2015 in Jeppestraat ("Klein-Ethiopië"), Johannesburg

Talle xenofobiese aanvalle is geloods op buitelanders in Suid-Afrikaanse townships in Mei 2008. Die aanvalle het begin in Alexandra, 'n arm voorstad van Johannesburg. Die invloei van buitelanders, veral die 2-4 miljoen Zimbabwers (ongeveer 'n kwart van Zimbabwe se bevolking), het tot hoë maatskaplike spanning gelei. Hierdie buitelanders kompeteer direk met die lokale bevolking om werk, kos en verblyf en hulle word ook geblameer vir baie voorvalle van misdaad. 42 buitelanders was volgens berugte vermoor in die aanvalle. President Thabo Mbeki het die Suid-Afrikaanse Weermag ingeroep om verdere moorde op buitelanders te help voorkom. Xenofobiese geweld het ook na Du Noon in Milnerton, Wes-Kaap, versprei waar honderde buitelanders moes hardloop vir hulle lewens. Die moontlikheid bestaan dat aanvalle ook na Knysna kan uitbrei. Hierdie gebeure het gelei tot 'n wêreldwye bespreking oor die veiligheid van besoekers aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 in Suid-Afrika.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Xenofobie se insidenteXenofobie VerwysingsXenofobie Eksterne skakelsXenofobieGrieksMense

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

CalviniaMensJudaïsmeWet op NaturellengrondVolhoubare ontwikkelingSmeltpuntVaginale kankerVergelykings (taalkunde)Carles PuigdemontJan van TonderAngssteuringGrondDelft, KaapstadLys van kinderspeletjiesTuberkuloseHondLeonardo da Vinci22 NovemberNarsismeAardbewingVloeistofGeskiedenis van kindermishandelingSoortnaamWaterBalletHannes van WykAfro-AmerikanersSuid-Afrikaanse WeermagProvinsies van Suid-AfrikaSkildklierHandelsmerkUniegebouLys van Afrikaanse skrywersNiersteenAnneli van RooyenHartaanvalMielieSwartrenosterGroot-VisrivierKalsiumRobbeneilandSeksueel oordraagbare infeksieSeksismeDemi Lee MooreNamibiëApartheidTikTokDieregeluideVormKommunikasieAarverkalkingApokriewe boekeYsterWebwerfVulvaMuskeljaatkatPreseminale vloeistofAkademiaGoeie VrydagWitbankAartappelWikipediaEerste WêreldoorlogKinderregteVenda (taal)VaginaVoedselkettingVolhoubaarheidWillie JoubertTsongaAfrikaanse TaalmonumentBruin menseLys van nedersettings in Suid-AfrikaJagluiperdHidroëlektrisiteitVulkaanBesoedeling🡆 More