Die nasionale vlag van Niger is op 23 November 1959 amptelik in gebruik geneem.
Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur met ewe wye bane in (van bo na onder) oranje, wit en groen met ’n oranje skyf in die middel van die wit (middelste) baan.
Gebruik | Nasionale vlag |
---|---|
Verhouding | 6:7 |
Goedgekeur | 23 November 1959 |
Ontwerp | ’n Horisontale driekleur in oranje, wit en groen met ’n oranje skyf in die middel van die wit baan. |
Die oranje baan stel die Sahara in die noorde voor, die wit baan stel die Nigerrivier, die groen baan stel die vrugbare grasvlaktes van die suide voor en die oranje skyf stel die son voor wat oor die land en die rivier skyn. Sommige ander bronne meen dat die wit baan vrede voorstel en die groen baan stel broederskap voor.
Die huidige vlag is op 23 November 1959 aanvaar toe Niger onafhanklikheid van Frankryk verkry het. Die vlag gebruik dieselfde kleure as die vlae van Ivoorkus, Ierland en Indië, en lyk baie soos die Indiese vlag wat ook horisontale bane in dieselfde kleurvolgorde het.
Die vlag se tradisionele voorstelling met ’n ongewone reghoekinge verhouding is van onbekende betekenis en word nie konsekwent gebruik in amptelike Nigereense regeringspublikasies nie.
Die ontwerp van die vlag van Niger stem baie ooreen met die vlag van Indië, behalwe dat daar ’n blou motief eerder as ’n skyf in die middelste baan is.
Wiki Commons bevat media in verband met Vlae van Niger. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Vlag van Niger, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.