Vlag Van Eritrea

Die nasionale vlag van die Eritrea is op 5 Desember 1995 amptelik in gebruik geneem.

Die vlag is gevorm uit drie driehoeke: twee reghoekige driehoeke in groen (bo) en blou (onder) met ’n rooi gelykbenige driehoek tussen in. Saam vorm dit ’n reghoek met ’n verhouding van 1:2. Die middelpunt van die olyftak is op ’n kwart van die lengte van die vlag.

Vlag van Eritrea
Vlag van Eritrea
Vlag van Eritrea
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 5 Desember 1995
Ontwerp ’n Rooi driehoek aan die vlagpaalkant met ’n geel olyftak en olyfkrans strek tot aan die wapperkant. Bo die driehoek is groen en onder is blou.

Simboliek

Die drie kleure van die drie driehoeke het elk ’n simboliese betekenis: groen stel die vrugbaarheid van die land en die landbou voor, blou stel die oseaan voor en rooi stel die bloed voor wat gevloei het in die stryd om onafhanklikheid. Die olyftak en -krans stel vrede voor en is ook ’n verering vir die Verenigde Nasies vir die rol wat hy gespeel het in die totstandkoming van die Eritrese onafhanklikheid.

Ander vlae

Eerste Eritrese vlag

    Sien vlag 1 hier onder

Teen die tyd dat Eritrea in 1885 deur Italië gekoloniseer is, is dit reeds deur baie ander lande bestuur. Tot 1941 is die vlag van Italië as amptelike vlag daar gebruik. In daardie jaar is die Italiaanse troepe deur die Geallieerde Magte uit die gebied verdryf as deel van die Tweede Wêreldoorlog. Eritrea het daarna ’n Britse protektoraat geword.

In 1950 het die Verenigde Nasies besluit dat Eritrea deel van ’n federasie met Ethiopië moet vorm. Op 2 Desember van daardie jaar is die federasie gestig. Eritrea het onder meer ’n eie parlement gekry en het in 1952 ’n eie vlag in gebruik geneem. Die vlag het, net soos die huidige vlag, ’n olyfkrans met ’n olyftak daarin bevat. In 1952 was die krans egter groen en op ’n blou agtergrond. Die blou is afgelei van die vlag van die Verenigde Nasies en het, net soos die olyfkrans en -tak, verwys na die rol wat die Verenigde Nasies gespeel het in die verwerwing van outonomie binne Ethiopië.

Onafhanklikheidsoorlog

    Sien vlag 2 hier onder

In 1961 is die federasie deur keiser Haile Selassie van Ethiopië ontbind en mog die Eritrese vlag nie meer gebruik word nie. Slegs die gebruik van die vlag van Ethiopië is toegelaat. ’n Kort tyd later het die Eritrese Onafhanklikheidsoorlog uitgebreek wat tot 1991 sou strek. Die burgeroorlog is begin deur die Eritrean Liberation Front (ELF), wat steeds die Eritrese vlag gebruik het.

In 1971 het die Eritrean People’s Libetarion Front (EPLF) weggebreek van die ELF en sou ’n selfs taaier stryd teen die Ethiopiërs voer. Die EPLF het ’n vlag gebruik wat as basis gedien het vir die huidige Eritrese vlag. Die EPLF-vlag het, net soos die huidige vlag, bestaan uit drie driehoeke in dieselfde kleure as die huidige, maar in die plek van die olyfkrans en -tak was ’n geel ster.

Onafhanklikheid

    Sien vlag 3 hier onder

In 1993 het die meerderheid Eritrese burgers vir onafhanklikheid gestem. In Desember 1995 is, soos genoem, die huidige vlag aanvaar deur die Eritrese regering. Dit vlag is ’n kombinasie van die vlag van die EPLF met die olyfmotief uit die jare vyftig. Opposisiepartye en ander versetbewegings teen die regime van Isaias Afewerki gebruik dikwels nog die ou Eritrese vlag.

Verwysings

Eksterne skakels

  • (en) Eritrea by Flags of the World
  • (en) "Flag of Eritrea". Encyclopædia Britannica. Besoek op 14 Mei 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal.

Tags:

Vlag Van Eritrea SimboliekVlag Van Eritrea Ander vlaeVlag Van Eritrea VerwysingsVlag Van Eritrea Eksterne skakelsVlag Van Eritrea19955 DesemberEritrea

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BloutongsiekteKeiskammahoekLys van Suid-Afrikaanse musikanteAfrikaanse taalleerGoogle TranslateWoordMiddeleeuse kookkunsAarverkalkingOekraïneIslamitiese StaatSkaapLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameOutismeDuitse nasionale rugbyspanSwaziVrymesselarySonnestelselLiturgiese jaarFormule EenSarah Rose KarrBestuiwingTunisiëWolkBorskankerRegLys van kleureVormGewone tarentaalDesiré GardnerOlifantDiarreeBora BoraTon VoslooSkildklierDroogteLongGordelroosBoomRelatiwiteitsteorieSelfstandige naamwoordIsraelRoekelose DadePeter UeberrothVerantwoordelikheidSatanJaarTuberkuloseSonpaneelSlag van BloedrivierJohnny SinsMangelontstekingRatelLys van politieke partye in Suid-AfrikaLetterlike en figuurlike taalgebruikDiepfopAlliterasieBukkakePinksterPlanete in astrologieAfrikaanse TaalmonumentSielkundeFotosinteseKlein-KarooBTWBelastingMaanVerenigde State van Amerika7de LaanEpilepsieRugby AustraliaKlimaatTrigeminale neuralgieNasiebouGeorge BallotShine4🡆 More