Vlag Van Die Seychelle-Eilande

Die nasionale vlag van die Seychelle-eilande is op 18 Junie 1996 amptelik in gebruik geneem.

Die vlag vertoon ’n straalvormige vlag met vyf bane in blou, geel, rooi, wit en groen wat van die linker onderste hoek van die vlag uitstraal na die bo- en regterkant van die vlag.

Vlag van die Seychelle-eilande
Vlag van die Seychelle-eilande
Vlag van die Seychelle-eilande
Gebruik Burgerlike- en staatsvlag en vaandel Burgerlike en staatsvlag en -vaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 18 Junie 1996
Ontwerp ’n Straalvormige vlag met vyf bane in blou, geel, rooi, wit en groen wat van die linker onderste hoek van die vlag uitstraal na die bo- en regterkant.

Simboliek

Daar word van die ontwerp van die vlag gesê dat dit ’n dinamiese, jong land voorstel wat die toekoms inbeweeg. Die kleure stel elk die volgende voor: blou stel die lug en die see voor, geel stel die son voor, rooi is die kleur van die mense, wit stel eensgesindheid voor en groen stel die natuurlike omgewing voor. Daar is ook gesê dat die verskillende kleure op die vlag die politieke partye in die Seychelle voorstel.

Geskiedenis

Voor 1903 is die Seychelle-eilande geadministreer as ’n afhanklikheid van Mauritius. Van 1903 tot 1976 is ’n blou Britse vaandel gebruik as die vlag van die Seychelle-eilande met ’n verandering in die wapenskild in 1961. Toe die Seychelle in 1976 onafhanklikheid verkry het, het die land ’n vlag aangeneem met die Sint Andrieskruis waarvan die boonste en onderste driehoeke blou was en die linker- en regterdriehoeke rooi was. Hierdie vlag is ’n jaar later vervang toe president James Mancham ontset is deur France-Albert René. René het ’n nuwe vlag aanvaar wat gebaseer was op sy politieke party (die Seychelle Verenigde Volksparty) se kleure. Hierdie vlag was rooi bo en groen onder met ’n golwende wit fraiing tussen die twee bane.

Ander vlae

Verwysings

Eksterne skakels

  • (en) Seychelle-eilande by Flags of the World.
  • (en) "Flag of Seychelles". Encyclopædia Britannica. Besoek op 15 Mei 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Vlag Van Die Seychelle-Eilande SimboliekVlag Van Die Seychelle-Eilande GeskiedenisVlag Van Die Seychelle-Eilande Ander vlaeVlag Van Die Seychelle-Eilande VerwysingsVlag Van Die Seychelle-Eilande Eksterne skakelsVlag Van Die Seychelle-Eilande18 Junie1996Seychelle-eilande

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Small HandsMantisMIVBiodiversiteitBloedvergiftigingSosiale mediaVoëlKommaVerdampingArendNelson MandelaNieu-SeelandNierversakingPlantWikipediaHoëveldJapanMatriek in Suid-AfrikaAuschwitz-konsentrasiekampHentaiPornOrgasmeKunsPersoon (taalkunde)MediaWikiPadtekens in Suid-AfrikaVratTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinJan Willem JanssensVeelrassige pornografieLandbouJaarBreingewasAboriginesVaginaUitwerking van klimaatsveranderingPretoriaPopulierGeelhoutPrince Alfred HamletYouTubeSpelerposisies in rugbyKaapse glasogieKrugerwildtuinKindermishandelingBergen-Belsen-konsentrasiekampInsekVraag en aanbodLetterkundeMontrealMandaryn-ChineesHoenderPaarl GimnasiumMeervoudAtoomSelfieBeesEierleierDroogteSuid-Afrikaanse randVaste stofEngelandKnopiespinnekopKlimaatveranderingMisdaadHannes van WykAustraliëTaalResensieProstaatkankerIntensiewe vormBurgerregteAgtervoegselCarike KeuzenkampGroepsgebiedewetKasteel die Goeie HoopRussies🡆 More