Seksuele Identiteit

Seksuele identiteit is hoe ’n persoon aan homself dink in terme van tot wie hy seksueel of romaties aangetrokke voel.

Dit kan ook verwys na ’n seksuele-oriëntasie-identiteit, dus wanneer ’n persoon met ’n seksuele oriëntasie identifiseer of kies om nie met ’n seksuele oriëntasie te identifiseer nie. Seksuele identiteit en menslike seksuele gedrag is nou verwant aan seksuele oriëntasie, maar daar is ’n onderskeid. "Identiteit" verwys na ’n individu se beskouing van die self, "gedrag" verwys na sy werklike seksdade en "seksuele oriëntasie" verwys na of die persoon aangetrokke voel tot die teenoorgestelde geslag of gender, dieselfde geslag of gender, albei geslagte of meer as een gender, of tot nie een van hulle nie.

Historiese modelle van seksuele identiteit het geneig om dié inligting te beskou as ’n proses wat net deur seksuele minderhede ondergaan word, terwyl moderne modelle die proses as veel universeler beskou en probeer om seksuele identiteit te stel binne ’n groter omvang van ander identiteitsteorieë en -prosesse.

Definisies en identiteit

Seksuele identiteit word beskryf as ’n komponent van ’n individu se identiteit wat hulle seksuele selfbegrip weerspieël. Die integrasie van die onderskeie identiteitskomponente (dit wil sê morele, godsdienstige, etniese en beroepskomponente) werk saam om ’n groter algehele identiteit te vorm.

Seksuele identiteit kan deur ’n individu se lewe verander en kan ooreenstem met biologiese geslag, seksuele gedrag en seksuele oriëntasie of nie. In ’n studie in 1990 het net 16% van vroue en 36% van mans met die een of ander mate van aangetrokkenheid tot dieselfde geslag gesê hulle het ’n homoseksuele of biseksuele identiteit.

Seksuele identiteit is nader verwant aan seksuele gedrag as seksuele oriëntasie. In dieselfde studie is bevind 96% van vroue en 87% van mans met ’n homo- of biseksuele identiteit het seks gehad met iemand van dieselfde geslag, in teenstelling met 32% van vroue en 43% van mans wat aangetrokke tot dieselfde geslag was. Nadat hulle die resultate ontleed het, het die navorsers gesê: "Die ontwikkeling van selfidentifikasie as homoseksueel of gay is ’n sielkundige en sosiaal ingewikkelde toestand, iets wat in hierdie samelewing net oor tyd bereik word, dikwels met ’n aansienlike persoonlike stryd en selftwyfel, om nie te praat van sosiale ongemak nie."

Identiteite

Seksuele Identiteit 
Simbole van homo- en biseksualiteit.
  • Heteroseksualiteit beskryf ’n patroon van aantrekking tot mense van die teenoorgestelde geslag. Die term "straight" word algemeen gebruik om na heteroseksuele te verwys. Heteroseksuele is verreweg die grootste seksuele-identiteitgroep.
  • Biseksualiteit beskryf ’n patroon van aantrekking tot beide mans en vroue, of tot meer as een geslag of gender. ’n Biseksuele identiteit dui nie noodwendig op ’n ewe groot aantrekking tot albei geslagte nie; iemand wat meer tot een geslag aangetrokke voel as ’n ander, identifiseer ook as biseksueel.
  • Homoseksualiteit beskryf ’n patroon van aantrekking tot mense van dieselfde geslag. Die term "lesbiër" word algemeen vir homoseksuele vroue gebruik en die term "gay" vir homoseksuele mans, hoewel "gay" na mans en vroue kan verwys.
  • Aseksualiteit is die gebrek aan aantrekking tot ander, of aan belangstelling in seks. Dit kan ook wyer gebruik word om ’n breë spektrum van aseksuele subidentiteite in te sluit. Aseksualiteit verskil van seksuele onthouding of selibaat.
  • Panseksualiteit beskryf aantrekking tot mense ongeag hulle geslag of genderidentiteit. Panseksuele mense kan hulleself beskryf as genderblind, omdat hulle aanvoer geslag en gender is nie bepalende faktore in hulle romantiese of seksuele aantrekking tot ander nie. Panseksualiteit word soms as ’n vorm van biseksualiteit beskou.
  • Poliseksualiteit word gedefinieer as "omvattend of kenmerkend van baie verskillende soorte seksualiteit" en as seksuele aantrekking tot baie, maar nie alle, genders.:281-287 Mense wat dié term gebruik, kan dit doen as ’n sinoniem vir "biseksueel".
  • Sapioseksualiteit beskryf ’n aantrekking tot die intelligensie van ander. Die voorvoegsel "sapio-" kom van die Latynse "Ek [het] smaak" of "Ek [het] wysheid", en verwys na ’n persoon se voorkeure, drange en gesonde verstand. Mense wat as sapioseksueel identifiseer, kan gay, straight of biseksueel wees. Dit is nie ’n seksuele oriëntasie nie. Die term het in 2014 algemeen aandag getrek toe die afspraakwebtuiste OkCupid dit as een van verskeie nuwe seksuele-oriëntasie- en genderidenteitsopsies aangebied het. Sowat 0,5% van OkCupid se gebruikers identifiseer as sapioseksueel, en dit is algemener onder 31- tot 40-jariges. Verskeie kommentators het gesê dit is "elitisties," "diskriminerend" en "pretensieus".

Seksualiteit sonder etiket

Seksualiteit sonder etiket is wanneer individue verkies om nie hulle seksualiteit te etiketteer nie. Dit kan spruit uit onsekerheid oor hulle seksualiteit of ’n onbereidwilligheid om tot ’n seksualiteit te konformeer omdat hulle nie van etikette hou nie, of omdat hulle vry wil voel in hulle aantrekkings eerder as om in ’n spesifieke soort gedwing te word. Dit kan ook wees dat iemand onbereidwillig is om hulle status as ’n "seksuele minderheid" te aanvaar.

Mense wat nie etikette verkies nie, is meer geneig om seksualiteit as onstabieler en buigsamer te ervaar en meer op die "persoon en nie die gender nie" te fokus.

Verwysings

Skakels

  • Seksuele Identiteit  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Seksuele Identiteit Definisies en identiteitSeksuele Identiteit VerwysingsSeksuele Identiteit SkakelsSeksuele IdentiteitGenderGeslagMenslike seksuele gedragSeksSeksuele oriëntasie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

InflasieVrugbaarheidErosietipesKolorektale kankerDieregeluideSeksueel oordraagbare infeksieAppelVisNeo-NazismeGeskiedenis van Suid-AfrikaUnited Democratic FrontPesachLys van myne in Suid-AfrikaGeweldDesmond TutuGautengNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaDirekte en Indirekte redeDuitse maselsSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024SkarlakenkoorsSuid-Afrikaanse InkomstediensOogproblemeThys die BosveldklongTegnologieAvbobHomofoonOrale seksOlimpiese SpeleJosef StalinRivierWaterbesparing in Suid-AfrikaDuitsElandréLien se lankstaanskoeneKameelperdSkerpioenEwenaarBolandse aardbewing van 1969Antjie SomersVeerAntjie KrogProteïenSaartjie BaartmanNatuurlike hulpbronDistrik SesIdioomEkonomiePastoorPeriodieke tabelCorioliskragSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureGrondsoorteLeierBTWLys van kinderspeletjiesStedelike gebiedAfrikaanse naguilTswanaEnsiklopedieMickey MuisSeksuele penetrasiePirow BekkerKaartBesnydenisGemeenskapJuraFiela se kindSeksismeCoca-ColaRacheltjie de BeerIngenieursweseKoperAfrikaanse taalleerVergelykings (taalkunde)Naaldekoker🡆 More