R.c. Sproul: Amerikaanse teoloog en pastoor (1939-2017)

Robert Charles Sproul (13 Februarie 1939 - 14 Desember 2017) was 'n Amerikaanse Gereformeerde Teoloog en 'n predikant van die Presbeteriaanse Kerk in Amerika (PCA).

Hy was die stigter en voorsitter van Ligonier Ministries (vernoem na die Ligoniervallei buite Pittsburgh, waar die bediening as 'n studiesentrum vir universiteit- en kweekskoolstudente begin het) en kon daagliks internasionaal op die radio-uitsending "Renewing Your Mind" gehoor word. Onder Sproul se leiding het Ligonier Ministries die Ligonier-Verklaring oor die Bybel se Onfeilbaarheid uitgevervaardig, wat uiteindelik sou groei tot die Chicago-Verklaring van 1978 oor die Bybel se onfeilbaarheid, waarvan Sproul, saam met Norman Geisler, een van die hoofargitekte was. Sproul is as "die mees invloedryke voorstander van Gereformeerde teologie in die laaste eeu" beskryf.

PhD

R.C. Sproul
RC Sproul
Gebore
Robert Charles Sproul

(1939-02-13)13 Februarie 1939
Sterf14 Desember 2017 (op 78)
Altamonte Springs, Florida, VSA
Alma materWestminster College
Pittsburgh Theological Seminary
Vrije Universiteit Amsterdam
Whitefield Theological Seminary
BeroepTeoloog, Professor, Pastoor
Bekend virKlassieke Apologetiek

Sistematiese Teologie

Bybelse onfeilbaarheid
EggenootVesta Ann Voorhis (trou 1960)
Kinders2
GeloofGereformeerde Christen, Calvinisme

Agtergrond

R.C. Sproul is in Pittsburgh, Pennsilvanië, gebore as die tweede kind van Robert Cecil Sproul, 'n rekenmeester en Tweede Wêreldoorlog-veteraan, en sy vrou, Mayre Anna Yardis. As kind was Sproul 'n groot ondersteuner van die Amerikaanse voetbalspan, die Pittsburgh Steelers, en die Amerikaanse bofbalspan, die Pittsburgh Pirates. Hy het op skool aan atletiek deelgeneem, maar moes op 15-jarige ouderdom ophou om sy familie te kan ondersteun. Sproul het sy BA-graad by Westminster College in 1961 behaal, sy MDiv-graad by Pittsburgh Teologiese Kweekskool in 1964, sy Doctorandus-graad by die Vrije Universiteit Amsterdam in 1969 en sy PhD-graad by Whitefield Teologiese Kweekskool in 2001. Hy het aan verskeie universiteite en kweekskole onderrig gegee, insluitend die Gerformeerde Teologiese Kweekskool in Orlando en Jackson, Mississippi, en die Knox Teologiese Kweekskool in Fort Lauderdale.

Een van Sproul se mentors was John Gerstner, sy professor by die Pittsburgh Teologiese Kweekskool. Die twee van hulle, saam met Arthur Lindsley, nog 'n student van Gerstner, was in 1984 medeouteurs van die boek "Classical Apologetics". Ligonier Ministries, Sproul se bediening, het opnames gemaak van Gerstner wat verskeie kursusse oor teologie en die Bybel aanbied.

Sproul is in 1960 met Vesta Voorhis getroud. Hulle het twee kinders, Sherrie Dorotiak en Robert Craig Sproul.

Sproul was 'n passasier op die Amtrak-trein wat in 1993 in die Big Bayou Canot-treinramp ontspoor het, en het soms eerstehandse weergawes van die storie gedeel.

Loopbaan

Ligonier Ministries bied elk jaar verskeie teologiese konferensies aan, insluitend die hoofkonferensie in Orlando, FL, waar Sproul een van die hoofspreekers was. Sproul het as medepastoor gedien by Saint Andrew's Chapel, 'n gemeente in Sanford, Florida. In 1965 is hy as ouderling in die Verenigde Presbiteriaanse Kerk in die VSA (UPCUSA) georden, maar het die denominasie omstreeks 1975 verlaat en by die Presbiteriaanse Kerk in Amerika (PCA) aangesluit. Hy was ook 'n raadslid van die Alliansie van Belydende Evangeliedienaars.

Sproul was 'n groot voorstander van Calvinisme in sy verskeie menigte, druk-, oudio-, en videopublikasies, en het die Thomistiese (klassieke) benadering tot Christelike apologetiek voorgestaan. 'n Dominante tema in sy "Renewing Your Mind" lesse was die heiligheid en soewereiniteit van God. Sproul was 'n voorstander van hoofbedekkings in die kerk omdat die ordinansie "gewortel en gegrond is in die skepping".

Sproul was 'n kritikus van die Rooms-Katolieke Kerk. Hy het die 1994 ekumeniese dokument "Evangelicals and Catholics Together" aan die kaak gestel.

In 2003 is 'n Festschrift ter ere van hom gepubliseer. After Darkness, Light: Essays in Honor of R.C. Sproul (ISBN 0875527043) het bydraes van Robert Godfrey, Sinclair Ferguson, O. Palmer Robertson, Michael Horton, Douglas Wilson, John F. MacArthur en Jay E. Adams ingesluit.

Gesondheid en dood

Sproul het op 18 April 2015 'n beroerte gehad en is in die hospitaal opgeneem. Vyf dae later, op 23 April, is hy ontslaan sonder nadelige gevolge. Hy is egter gediagnoseer met 'n diabetiese toestand wat "aangespreek sou word deur dieet en gereelde mediese aandag." Hy is op 2 Desember 2017 weer weens moeilike asemhaling as gevolg van 'n oënskynlike infeksie en 'n "verergering van sy emfiseem as gevolg van die griep" (nie longontsteking nie) in die hospitaal opgeneem.

Na 'n tydperk van 12 dae met onderbroke koors, verdowing, en ventilator-ondersteunde asemhaling in 'n poging om sy asemhalingsfunksie te herstel, is hy op 14 Desember 2017 op die ouderdom van 78 oorlede.

Publikasies

Sproul is bekend vir boeke soos "The Holiness of God", "Essential Truths of the Christian Faith", en "What Is Reformed Theology?" Hy is ook bekend vir "Chosen by God", 'n boek oor voorbestemming en die soewereiniteit van God.

Sproul het deur Ligonier Ministries se konferensies en die "Renewing Your Mind" radio-uitsending verskillende oudio- en videolesings oor die geskiedenis van filosofie, teologie, bybelstudie, apologetiek, intelligente ontwerp en die christelike lewe gelewer. Boonop het Sproul meer as 100 boeke en 'n menigte artikels vir evangeliese publikasies geskryf.

Hy het die 1978 Chicago-verklaring oor bybelse onfeilbaarheid geteken, wat die onfeilbaarheid van die Bybel bevestig, en hy het 'n kommentaar op daardie dokument geskryf, naamlik "Explaining Inerrancy". Hy het ook as die algemene redakteur van die "Reformation Study Bible" (ISBN 0-87552-643-8) opgetree, wat in verskeie uitgawes en vertalings verskyn en ook bekend staan as die "New Geneva Study Bible". Hy was ook die uitvoerende redakteur van die tydskrif "Tabletalk".

Gepubliseerde boeke

Crucial Questions reeks

St. Andrew's Expositional Commentary reeks

Verwysings

Tags:

R.c. Sproul AgtergrondR.c. Sproul LoopbaanR.c. Sproul Gesondheid en doodR.c. Sproul PublikasiesR.c. Sproul VerwysingsR.c. SproulDomineePittsburghTeologie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Gerrie PretoriusVarkgriepHemelvaartMichelle ObamaDroomDuitse maselsKonjunktivitisProvinsies van Suid-AfrikaSteenkoolThe MizKrampGesinsdagGewone luislangGrieksApokriewe boekePosseëlTuberkuloseWikiVenda (taal)SatanWayback MachineFilosofieFascismePoesJo BlackTobie CronjéVierkantswortelRumatoïede artritisThabo MbekiVlag van Suid-AfrikaLys van veltoestandeBruin menseSkoenlapperYsterSuid-Afrikaanse randPenisElsabé DaneelLys van landname in verskeie tale (J-P)KonsonantColubrina nicholsoniiPornografieMenslike penisgrootteBlaaskankerSonenergieKookkunsEthiopiëJapanFord GalaxyDoodstrafGeskiedenis van Suid-AfrikaLys van elemente volgens simboolHATEersterivier (rivier)Kantons van SwitserlandDemensieAntibiotikumTrigeminale neuralgieSuikersiekteJan van HunksGeorge BallotMaatskappyKoos du PlessisTussenwerpselNic de JagerWaldemar SchultzDemokratiese Republiek die KongoChirurgie16 NovemberHeilige SaterdagRenteMeerlustSias ReineckeBloemfonteinBeesRamadan🡆 More