Switserse Kantons: Administratiewe afdelings van die Switserse Konfederasie

Die grondgebied van Switserland is sedert 1979 in 26 Kantons (enkelvoudig: kanton) (Frans:cantons, Italiaans:cantoni, Romansch:chantuns) verdeel.

Hulle is deelstate van die Switserse Konfederasie.

Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis
'n Duitse kaart van Switserland wat die kantons aandui

Elkeen van die kantonne beskik oor sy eie grondwet, wetgewende mag, regering en howe. Die meeste kantonale parlemente is eenkamerstelsels met tussen 58 en 200 setels. 'n Klein aantal van parlemente word deur sogenaamde Landsgemeinden gevorm, dit wil sê 'n vergadering van alle burgers wat oor wetsake besluit neem. Vroue het in enkele kantonne eers in 1971 stemreg by die vergaderings gekry.

Alle aangeleenthede wat volgens die Switserse grondwet nie uitdruklik onder die gesag van die konfederasie val nie, word deur die kantonne gereël. Ook die graad van selfregering wat die munisipaliteite geniet, word deur die kantonne bepaal en verskil dus grootliks. Daar is ook groot verskille wat die oppervlakke en bevolkingsyfers van die kantonne betref: Oppervlakke variëer tussen 37 en 7 105 vierkante kilometer, terwyl die bevolkings tussen 14 900 en 1 244 400 beloop.

Direkte demokrasie in die vorm van algemene vergaderings word ten opsigte van kantonale sake tans nog slegs in die kantonne Appenzell-Innerrhoden en Glarus toegepas. In alle ander kantonne gaan burgers nou stembus toe om hulle demokratiese regte waar te neem.

Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis
Stemgeregtigdes tydens die Landsgemeinde (Algemene Vergadering) van die kanton Glarus in 2009

Sedert die stigting van die Franssprekende kanton Jura in 1978 is daar geen nuwe kantonne meer geskep nie. Volgens die grondwet van 1999 is daar amptelik 26 kantonne. Die aantal state wat 'n rol speel by die verkiesing van die Eerste Kamer (Duits: Ständerat, Frans: Conseil des États) van die Switserse Konfederasie en die stemming by federale wetsontwerpe, beloop egter 23: Die kantonne Unterwalden, Appenzell en Basel bestaan elkeen uit twee halfkantonne. Unterwalden word verdeel in Obwalden en Nidwalden, Appenzell in Appenzell-Innerrhoden en Appenzell-Ausserrhoden en Basel in Basel-Stad en Basel-Landschaft.

Lys van kantons

Wapen Data kode Kanton Sedertdien Hoofstad Bevolking Oppervlakte (km²) Bevolkingsdigtheid
(per km²)
Aantal
munisipaliteite
[[Amptelike
tale]]
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  ZH Zürich 1351 Zürich 1 443 436 1 729 701 171 Duits
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  BE Bern 1353 Bern 1 009 418 5 959 158 383 Duits, Frans
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  LU Luzern 1332 Luzern 394 604 1 493 233 87 Duits
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  UR Uri 1291 Altdorf 36 008 1 077 33 20 Duits
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  SZ Schwyz 1291 Schwyz 152 759 908 143 30 Duits
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  OW Obwalden 1291 or 1315 (as deel van Unterwalden) Sarnen 36 834 491 66 7 Duits
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  NW Nidwalden 1291 (as Unterwalden) Stans 42 080 276 138 11 Duits
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  GL Glarus 1352 Glarus 39 794 685 51 3 Duits
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  ZG Zug 1352 Zug 120 089 239 416 11 Duits
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  FR Fribourg 1481 Fribourg 303 377 1 671 141 167 Frans, Duits
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  SO Solothurn 1481 Solothurn 263 719 790 308 122 Duits
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  BS Basel-Stadt 1501 (as Basel tot en met 1833) Basel 196 850 37 5 072 3 Duits
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  BL Basel-Landschaft 1501/1833 Liestal 283 421 518 502 86 Duits
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  SH Schaffhausen 1501 Schaffhausen 79 417 298 246 27 Duits
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  AR Appenzell-Ausserrhoden 1513 Herisau 54 064 243 220 20 Duits
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  AI Appenzell-Innerrhoden 1513 Appenzell 15 854 173 87 6 Duits
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  SG St. Gallen 1803 St. Gallen 495 824 2 026 222 85 Duits
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  GR Groubunderland 1803 Chur 195 886 7 105 26 180 Duits, Romansch, Italiaans
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  AG Aargau 1803 Aarau 645 277 1 404 388 220 Duits
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  TG Thurgau 1803 Frauenfeld 263 733 991 229 80 Duits
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  TI Ticino 1803 Bellinzona 350 363 2 812 110 157 Italiaans
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  VD Vaud 1803 Lausanne 761 446 3 212 188 339 Frans
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  VS Valais 1815 Sion 331 763 5 224 53 143 Frans, Duits
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  NE Neuchâtel 1815/1857 Neuchâtel 177 327 803 206 53 Frans
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  GE Genève 1815 Geneva 482 545 282 1 442 45 Frans
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  JU Jura 1979 Delémont 72 410 839 82 64 Frans
Switserse Kantons: Lys van kantons, Name in ander tale, Geskiedenis  CH Switserland Bern 8 237 666 41 285 174 2 596 Duits, Frans, Italiaans, Romansch

Die tweeletter-afkortings vir Switserse kantonne word dikwels gebruik, bv. op voertuignommerplate.

Name in ander tale

Afkorting Engels Frans Italiaans Duits Reto-Romaans Spaans Esperanto
AG Argovia Argovie Argovia Aargau Argovia Argovia Argovio
AI Appenzell Inner Rhodes Appenzell Rhodes-Intérieures Appenzello Interno Appenzell Innerhoden Appenzell dadens Appenzell Rodas Interiores Apencelo Interna
AR Appenzell Outer Rhodes Appenzell Rhodes-Extérieures Appenzello Esterno Appenzell Ausserrhoden Appenzell dador Appenzell Rodas Exteriores Apencelo Ekstera
BS Basle-City Bâle-Ville Basilea Città Basel-Stadt Basilea-Citad Basilea-Ciudad Bazelo-Urbo
BL Basle-Country Bâle-Campagne Basilea Campagna Basel-Landschaft Basilea-Champagna Basilea-Campaña Bazelo-Kamparo
BE Bern Berne Berna Bern Berna Berna Berno
FR Fribourg Fribourg Friburgo Freiburg of Fribourg Friburg Friburgo Friburgo
GE Geneva Genève Ginevra Genf Genevra Ginebra Ĝenevo
GL Glarus Glaris Glarona Glarus Glaruna Glaris Glaruso
GR Grisons Grisons Grigioni Graubünden Grischun Grisones Grizono
JU Jura Jura Giura Jura Giura Jura Ĵuraso
LU Lucerne Lucerne Lucerna Luzern Lucerna Lucerna Lucerno
NE Neuchâtel Neuchâtel Neuchâtel Neuenburg Neuchâtel Neuchatel Neŭŝatelo
NW Nidwald Nidwald Nidvaldo Nidwalden Sutsilvania Unterwalden bajo
OW Obwald Obwald Obvaldo Obwalden Sursilvania Unterwalden alto
SH Schaffhausen Schaffhouse Sciaffusa Schaffhausen Schaffusa Schaffhausen Ŝafhaŭzo
SZ Schwyz Schwyz of Schwytz Svitto Schwyz Sviz Schwyz Ŝvico
SO Solothurn Soleure Soletta Solothurn Soloturn Soleura Soloturno
SG St. Gall Saint-Gall San Gallo St. Gallen Son Gagl Sankt Gallen Sankt-Galo
TG Thurgovia Thurgovie Turgovia Thurgau Turgovia Turgovia Turgovio
TI Ticino Tessin Ticino Tessin Tessin Tesino Tiĉino
UR Uri Uri Uri Uri Uri Uri Urio
VS Valais Valais Vallese Wallis Vallais Valais Valezo
VD Vaud Vaud Vaud Waadt Vad Vaud Vaŭdo
ZG Zug Zoug Zugo Zug Zug Zug Zugo
ZH Zürich Zurich Zurigo Zürich Turitg Zürich Zuriko

Geskiedenis

Die term "kanton" is vir die eerste keer in 1475 in ´n dokument van die stad Freiburg gebruik. Oorspronklik het elke kanton van die Switserse Federasie 'n selfregerende en onafhanklike politieke eenheid gevorm, wat oor sy eie geldeenheid en leër beskik het. Die huidige federale struktuur dateer uit die jaar 1848.

In die 16de eeu het die Switserse Konfederasie uit dertien selfregerende kantonne bestaan: Ses sogenaamde woudkantonne en sewe sogenaamde stedelike kantonne. Hulle het formeel deel uitgemaak van die Heilige Romeinse Ryk van die Duitse Nasie, tog was hulle ná hul oorwinning oor die Duitse keiser Maximiliaan in 1499 feitlik onafhanklik.

Die ses woudkantonne was demokratiese republieke, terwyl die sewe stedelike kantonne, waaronder Zürich, Bern en Basel, deur stadsrade geregeer is. Hierdie stadsrade is egter deur klein oligargieë van patrisiërs (welvarende burgers) en die guldes oorheers.

Verwysings

Tags:

Switserse Kantons Lys van kantonsSwitserse Kantons Name in ander taleSwitserse Kantons GeskiedenisSwitserse Kantons VerwysingsSwitserse KantonsFransItaliaansRomanschSwitserland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BlomVloeistofWet op Bantoe-onderwysBernice WestMantisSeksualiteitJode in Suid-AfrikaEnsiklopedieHulpwerkwoordWolfLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)SteenkoolHindoeïsmeCleopatra VIIMetaalEkologieSuikersiekteDiatomiese molekuulKolonoskopieVerkleinwoordWaterkringloopLongLionel MessiVrystaatBrandmondsindroomKimberleyPornografieBateMetafoorGeelhoutDistrik SesPaasfeesFilistyneVerenigde State van AmerikaSpinnekopWeerfrontDesimale breukeLewerLieweheersbesieDepressie (gemoedstoestand)Gevolge van aardverwarming op oseaneMorfeemPad na jou hartBank (finansiële instelling)MarsSlawernyRosa ParksDriehoekAfrikaansEjakulasieProteaHartversakingMenslike skeletWeervoorspellingKasterolieVersoeningsdagErektiele disfunksieKoorsErosieIngrid JonkerCarike KeuzenkampStadPrimêre sektor van die ekonomieKartografieMobutu Sese SekoSwawelApokriewe boekeRomanAardverwarmingAfrikaanse woordelys en spelreëlsOlimpiese SomerspeleSlag van BloedrivierGestremdheidSekondêre sektor van die ekonomie🡆 More