Tobie Cronjé (gebore 3 November 1948) is 'n gewilde Afrikaanse akteur op verhoog, TV en in rolprente.
Hy het drama aan die Universiteit van Pretoria studeer. Daarna het hy vir 'n motorversekeringmaatskappy gewerk en musieklesse gegee.
Tobie Cronjé | |
Geboorte | 2 November 1948 Germiston |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Cronjé is veral bekend vir sy spel in klugte soos My vrou se man se vrou en My vrou se man se lyk se tas, en sy jaarlikse vertolkings van "dames" in Janice Honeyman se pantomimes vir die Nelson Mandela-teater in Johannesburg. Hy is egter ook ’n sterk dramatiese speler, soos hy bewys in die titelrol van Chris Barnard se Man met vakansie en in ander rolle in onder meer Die rebellie van Lafras Verwey en I Love My Wife.
Hy maak sy debuut in die rolprent Die sersant en die Tiger Moth. Ander snaakse flieks, soos Babbelkous en Bruidegom (1974) en Kootjie Emmer (1977), het sy gewildheid verder laat toeneem.
Cronjé het reeds in die beginjare van plaaslike televisie ’n huishoudelike naam geword, as Willem in ’n gelyknamige komiese speurreeks. Daarna het hy in talle TV-produksies, soos Binnelanders en Onder draai die duiwel rond verskyn.
Rolprente (as akteur):
TV-reekse (as akteur):
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Tobie Cronjé, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.