Messier 4

Messier 4 of M4 (ook bekend as NGC 6121) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Skerpioen.

Dit is in 1746 deur Philippe Loys de Chéseaux ontdek en in 1764 deur Charles Messier in sy katalogus opgeneem. Dit was die eerste bolswerm waarvan die individuele sterre ontleed is.

Messier 4
Messier 4 soos deur die Hubble-ruimteteleskoop afgeneem. (Bron: Nasa/STScI/WikiSky)
Messier 4 soos deur die Hubble-ruimteteleskoop afgeneem. (Bron: Nasa/STScI/WikiSky)
Soort stelsel Bolswerm
Sterrebeeld Skerpioen
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 16h 23m35,22s
Deklinasie -26º 31' 32,7"
Skynmagnitude 7
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 7 200
Skynbare grootte  26 boogminute
Ander name M4, NGC 6121
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

M4 kan in selfs die kleinste teleskope gesien word as ’n dynserige bol lig. Dis is in die lug omtrent dieselfde grootte as die maan. Dit is een van die maklikste bolswerms om te vind; dit is net 1,3 grade wes van die helder ster Antares geleë. Met ’n teleskoop van gemiddelde grootte sal die individuele sterre onderskei kan word, waarvan die helderste een ’n oënskynlike magnitude van 10,8 het.

Die swerm is sowat 75 ligjare breed en het ’n "balk"-struktuur deur sy kern. Dit het minstens 43 veranderlike sterre. M4 is sowat 7 200 ligjare van die Aarde af en is sowat 12,2 miljard jaar oud.

Foto's wat in 1995 deur die Hubble-ruimteteleskoop geneem is, het witdwerge in die swerm onthul wat van die oudstes in die Melkweg is, sowat 13 miljard jaar. Een van hulle is ’n dubbelster met ’n pulsar-metgesel, PSR B1620-26, asook ’n planeet met ’n massa 2,5 keer dié van Jupiter.

Verwysings

Eksterne skakels

16h 23m 35.41s, −26° 31′ 31.9″

Tags:

Charles MessierMessier-voorwerpSkerpioen (sterrebeeld)SterrebeeldSterreswerm

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AnglisismeAfrikanernasionalismeArmoedeProstaatkankerDarwinismeKalenderLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)XenofobieRooms-Katolieke KerkBeroerteSpeelkaartLys van Joodse feeste en herdenkingsBeëdigde verklaringTrekarbeidVoortrekkermonumentStereotipeKolonoskopieLewerSteve BikoGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaGeskiedenis van AfrikaansMenslike skeletAngolaLabia (geslagsdele)SwawelLeierskapMaroela MediaKommaMiddeloorontstekingOogproblemeSias ReineckeSwart menseVeranderinge aan Suid-Afrikaanse geografiese nameLimpopo (rivier)Elon MuskKernoorlogAngolese BurgeroorlogWatersuiweringGenitale vratSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Waterbesparing in Suid-AfrikaSout (chemiese stof)KriekPseudowetenskapRassismeSkildklierBrandstofAbstraksie (rekenaarwetenskap)OseanografieDroomKatoenDesmond TutuLongontstekingErosietipesEjakulasieKappie (skryfteken)Hernubare energieRuan PienaarGalblaasStollingsgesteenteChatGPTWiki CommonsGemeenskapMiljardDemokrasieSelfvertroueKasteel die Goeie HoopFinale OplossingLys van veltoestandeTswanaSmaakKultuurHokkie🡆 More