Lizandra Winter: Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer

Lizandra Winter (gebore Lizandra Pretorius op 20 Februarie 1985) is 'n Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer.

Sy verskyn in 2013 op die Suid-Afrikaanse musiektoneel met haar samewerking op Joshua na die Reën se debuutalbum. Haar debuutenkelsnit "Fluister" was deel van die 2016 lokettreffer Vir altyd se klankbaan en daar is ook 'n verwante musiekvideo hiervan gemaak. "Die begin", vanaf haar selfgetitelde debuutalbum bereik 2de plek op Lekker FM se Top 40, 4de plek op Bosveld Stereo, 18de plek op IFM en Radio 94.7 FM se Top 20-trefferlyste, en 20ste plek op Maroela Media se Afrikaanse Top 20 asook in die top 10 ranglyste van SFM en Bokradio. Haar derde enkelsnit, 'n nuwe verwerking van legendariese skrywer Christa Steyn se "Ek wil vir jou" opgeneem as 'n duet saam met Joshua na die Reën is op 1Maart 2018 vrygestel en klim reeds die trefferparades van meer as 32 radiostasies en TV programme landswyd, onder meer "KykNet Top20".

Lizandra Winter
GeboortenaamLizandra Pretorius
Gebore20 Februarie 1985 (1985-02-20) (39 jaar oud)
Warmbad, Noordwes
GenresStadium rock/Eksperimentele pop
Beroep(e)Sangeres & liedjieskrywer
InstrumenteStem, klavier, kitaar
Jare aktief2009 - Nou
EtiketteJndr Musiek, Starburst Promotions
AssosiasiesJoshua na die Reën
Webwerfwww.lizandrawinter.co.za
LedeLizandra von Hagen, Ryhno von Hagen, Mias Lotz

Die unieke verwerking en interessante harmonië beloof om selfs die kritieste oor te beïndruk.

Biografie

Lizandra Winter het bekendheid verwerf in 2013 as deel van Joshua na die Reën se orkes en het ook op sy debuutalbum 'n duet saam met hom opgeneem genaamd "Soos altyd".

Haar selfgetitelde Afrikaanse debuutalbum Lizandra Winter is in Julie 2017 vrygestel en bestaan uit 13 liedjies waarvan 11 uit die sangeres se eie pen is.

Sy het 'n graad 8-musiekkwalifikasie van UNISA en het musiekopleiding in jazz, populêre musiek en uitvoerende kunste by die Tshwane Universiteit van Tegnologie ontvang.

Diskografie

  • 2017: Lizandra Winter

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Lizandra Winter BiografieLizandra Winter DiskografieLizandra Winter VerwysingsLizandra Winter Eksterne skakelsLizandra Winter198520 Februarie20132016AfrikaansJoshua na die ReënJoshua na die Reën (album)Maroela MediaSangSuid-AfrikaVir altyd

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Cleopatra VIIPoësieSeksposisieSkarlakenkoorsDeon GrootVerantwoordelikheidLyfstraf in skoleLongontstekingDeelteken en umlautVoorsetselHibernasieTaalSaartjie BaartmanThys die BosveldklongBesproeiingVerkragtingKriekOlimpiese SpeleRosa ParksSeksMens7de LaanGrondwetVoedselkettingSuid-Afrikaanse InkomstediensBrongitisInsekRookgewoonteChatGPTGoogleHaasHartGrootste rampe in Suid-AfrikaHoedHeuningbyVoortrekkermonumentSias ReineckeUnited Democratic FrontXHTMLKaliumAppelJohnny RapidKunselementeWiki CommonsSuid-SothoSkoenlapperSharpeville-slagtingSteve HofmeyrHamburgerDoziDiepaartromboseKrugerwildtuinKrieketLeeuBysteekGewone luislangBelastingHakerC.J. LangenhovenVersoeningsdagSowjetunieEkonomieRoesGrondbesoedelingRobbeneilandLuiperdVaginale kankerGetalDie GelofteLiefdeIsraelVrugbaarheidOrgasmeMaselsHemelvaartsdagReënspinnekopNatriumtiosulfaat🡆 More