Joshua Na Die Reën: Suid-Afrikaanse musikant

Joshua na die Reën (afgekort tot JNDR) is die verhoognaam van die Afrikaanse liedjeskrywer en musikant Jacques de Villiers van Pretoria, Gauteng.

Joshua na die Reën tree saam met ander musikante en soms ook solo op. Van die musikante wat hom bystaan is Lizandra Winter (sang), Jean de Villiers (tromme), Ryhno von Hagen (akoestiese kitaar, mandolien, fluit), Gerhard Biennedel (baskitaar), Heini Berner (elektriese kitaar) en Raziela Kosterman (viool). Wanneer die geleentheid hom voordoen, kan hy ook saam met 'n strykensemble optree.

Joshua na die Reën
Joshua Na Die Reën: Agtergrond, Eerbewyse, Diskografie
Joshua na die Reën by Die Boer in Durbanville, 7 November 2017
Agtergrondinligting
GeboortenaamJacques de Villiers
Ook bekend asJNDR
OorsprongPretoria, Gauteng (Suid-Afrika)
GenresStadionrock
Jare aktief2013 tot hede
EtiketteSAMRO, JNDR Musiek
AssosiasiesJak de Priester, Bobby van Jaarsveld, Lizandra Winter
Webwerfwww.joshuanadiereen.com
Joshua Na Die Reën: Agtergrond, Eerbewyse, Diskografie
Joshua na die Reën met ondersteunende kunstenaars by L'Avenir-wynlandgoed in Stellenbosch, 5 November 2017.

Agtergrond

Jacques de Villiers het op 'n plaas in die Walkerville-omgewing tussen Johannesburg en Parys grootgeword en in 2010 aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie die topprys vir Jazz behaal. Na sy studies het hy vir Jak de Priester op klavier begelei en ook vir Bobby van Jaarsveld.

Joshua Na Die Reën: Agtergrond, Eerbewyse, Diskografie  Afhangende van die situasie is reën vir sommiges ‘n positiewe en vir ander ‘n negatiewe natuurverskynsel, maar dié wat daardeur geraak word besef dat dit lewe bring, al is dit wat daaruit voortspruit nie dadelik sigbaar nie.
— Joshua na die Reën
Joshua Na Die Reën: Agtergrond, Eerbewyse, Diskografie 

Groepe en kunstenaars soos Coldplay, One Republic, Brooke Fraser, Kaleidoskoop, Mumford & Sons en Elvis Blue dien as inspirasie vir JNDR.

Die naam "Joshua na die Reën" verwys na 'n uitsonderlike band met die natuur, asook die temas van eerlikheid en hoop.

Sy debuutalbum, Joshua na die Reën, is op 18 September 2013 in die Aulateater by die Universiteit van Pretoria bekendgestel, alhoewel dit reeds op 1 Augustus 2013 op iTunes vrygestel is. Hierdie album ontvang in 2014 twee Ghoemas vir beste nuweling en beste Afrikaanse kontemporêre album.

Eerbewyse

Hy wen in 2014 twee Ghoemas vir beste nuweling en beste Afrikaanse kontemporêre album vir Joshua na die Reën, en in 2017 'n SAMA-prys vir die beste kontemporêre musiekalbum vir Die wêreld binne my.

Diskografie

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

Video’s (chronologies)

Tags:

Joshua Na Die Reën AgtergrondJoshua Na Die Reën EerbewyseJoshua Na Die Reën DiskografieJoshua Na Die Reën VerwysingsJoshua Na Die Reën Sien ookJoshua Na Die Reën Eksterne skakelsJoshua Na Die ReënAfrikaansGautengLizandra WinterPretoria

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SwangerskapInflasieWaarheid-en-versoeningskommissieSinoniemMiddelmisbruikWelwitschiaSkrywerPriemfaktorChristendomOnderhandelinge om apartheid te beëindigKankerOlimpiese SpeleRelatiwiteitsteorieWolkPornografiese akteurEskomAsiëGenitale vratYouTubeNaaldekokerKnieImmunologieFacebookSwawelVerstedelikingAngina pectorisAfrikaanse TaalmonumentPrivaat maatskappyDaggaKoolstofdioksiedMisdaadromanMIV/vigs in Suid-AfrikaMaanSwart menseSonpaneelAardbewingSimboolHomofoonVaginale kankerDubbelpuntGroot TrekApostoliese GeloofsbelydenisHefboomVratDigvormResensieMangelontstekingRefentse MorakeBernice WestWinterDesimale breukeGoudkus (streek)NatuurDrie-eenheidVaginaPinksterWerkwoordSwartbewussynsbewegingHeuningbyGeslagsgelykheidDroomPaddaSuikersiekteKlinkerLeah van NiekerkGewone breukeMiddeloorontstekingMIVLimfvatstelselTreinJudaïsmeNierversakingWiskundige terminologie🡆 More