Kortsnoetgrasslang: Slang spesie

Die Kortsnoetgrasslang (Psammophis brevirostris) is 'n slang wat meestal aan die oostekant en sentrale deel van Suider-Afrika voorkom insluitend suid tot sentraal Mosambiek.

Dit sluit die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat en Namibië uit.

Kortsnoetgrasslang
Kortsnoetgrasslang: Voorkoms, Sien ook, Bron
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Familie:
Lamprophiidae
Genus:
Psammophis
Spesie:
P. brevirostris
Binomiale naam
Psammophis brevirostris
Peters, 1881

Voorkoms

Die rugkant is olyfbruin met 'n ligte mediaanstippelstreeplyn. Weerskante daarvan is tot drie rye skubbe met donkerbruin of swart rande wat smal strepe vorm. Daar is ook smal, ligter bruin streep wat in die lengte langs die swart strepe strek. Die sye is lig- tot rooibruin. Die pens is wit of gelerig, soms met swart kolle weerskante.

Die slang verkies grasvelde, vogtige savanne en laaglandwoude in die ooste en Karoostruikveld in die weste.

Die slang is wakker en vinnig wat haastig skuiling soek wanneer dit gesteur word. Dit sal ook soms doodstil lê totdat uitgejaag word. Dit byt gou indien dit hanteer word. Indien die slang aan die stert gegryp word sal dit woes rondtol wat soms die stert kan laat afbreek en dit kans gee om te ontsnap.

Sy natuurlike vyande is ander slange, karnivore en roofvoëls. Dit vreet ander slange, knaagdiere, klein voëltjies en akkedisse, veral skinke.

Die slang is ovipaar en lê 4 tot 15 eiers in die somer. Die kleintjies is 19 tot 27 cm lank. Die wyfie kan meer as een broeisel per seisoen hê.

Gif

Die word nie as skadelik beskou nie en hou geen gevaar vir die mens in nie.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

Tags:

Kortsnoetgrasslang VoorkomsKortsnoetgrasslang Sien ookKortsnoetgrasslang BronKortsnoetgrasslang Eksterne skakelKortsnoetgrasslang

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BesoedelingEkonomiese sektorTradisionele Afrika-godsdiensGemeenskapSeksuele opwekkingMusieksimboleKunsmatige algemene intelligensieOogproblemeLettergreepWolkAntisemitismeRuhan du ToitSikloonEwenaarBeaufortskaalBlack SashGraanSwartkwasmuishondArgitektuurWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaSamestellende afleidingDrinkwatervoorsieningAnusDriehoekVolumeTegnologieVeelvuldige skleroseTrekarbeidSimboolVaginaIronieAnale seksSkerpioenBeroertePriemgetalBasisinkomsteSuid-Afrikaanse GrensoorlogAborsie in Suid-AfrikaKondensasieSprokieBlesbokspruit (Gauteng, lat -26,60, long 28,29)KontinentBruin menseMiskruierVrouMusiekEmosieYsterVerlede tydMynbouWisselkoersGeestesgesondheidTussenwerpselSaartjie BaartmanMandalaMartin Luther King jr.Antjie SomersRonelda KamferTekstielAkuutWoestynGlobaliseringJan van RiebeeckWatersuiweringHondGroot DepressieWiskundige terminologieHipoteseKoos du PlessisKolorektale kankerMoordvisBorskankerKasteel die Goeie HoopLeonardo da VinciRoesStampmieliesAfrikaners is plesierig🡆 More