Geestesgesondheid

Geestesgesondheid (of gedragsgesondheid) is ’n vlak van psigologiese welsyn, of ’n afwesigheid van geestesteurings; dit is die sielkundige toestand van iemand wat op ’n bevredigende vlak van emosionele en gedragsaanpassing funksioneer.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sluit geestesgesondheid onder meer in subjektiewe welsyn, outonomie, bekwaamheid en die bereiking van ’n persoon se intellektuele en emosionele potensiaal. Dit sluit ook in die hantering van die normale stres van die lewe, produktiewe werk en ’n bydrae tot die gemeenskap. Kulturele verskille, subjektiewe evaluerings en mededingende professionele teorieë kan egter beïnvloed hoe geestesgesondeheid gedefinieer word. Die term "gedragsgesondheid" word verkies bo "geestesgesondheid".

Iemand wat probleme met sy gedragsgesondheid ondervind, kan stres, depressie, angs, verhoudingsprobleme, hartseer, verslawing, AGHS of leerprobleme, gemoedsteurings of ander psigologiese probleme ondervind. Terapeute, sielkundiges en dokters kan gedragsgesondheid help bevorder met behandelings soos terapie, berading of medikasie. ’n Nuwe terrein, wêreldwye geestesgesondheid, is die bestudering, navorsing en toepassing van metodes om geestesgesondheid vir alle mense wêreldwyd te bevorder.

Geskiedenis

Geestesgesondheid 
Dorothea Dix

In die middel 15de eeu was William Sweetzer die eerste persoon wat die term "geesteshigiëne" gebruik het, en dit kan beskou word as die voorloper van huidige benaderings om positiewe geestesgesondheid te bevorder. Isaac Ray, een van die 13 stigters van die Amerikaanse Psigiatriese Vereniging, het die term verder gedefinieer as die kuns om die gees te beskerm teen voorvalle en invloede wat die energie, gehalte en ontwikkeling daarvan kan strem of vernietig.

Die Amerikaanse aktivis Dorothea Dix (1802–1887) was ’n belangrike figuur in die ontwikkeling van die "geesteshigiëne"-beweging. Sy was ’n onderwyseres wat regdeur haar lewe probeer het om mense te help wat aan geestesteurings ly, en om die haglike toestande te ontbloot waarin hulle geplaas is. Voor dié beweging was dit nie ongewoon in die 19de eeu dat mense met ’n geestesiekte in ’n groot mate verwaarloos is nie; hulle is dikwels in haglike toestande gelaat, sonder selfs genoeg klere. Dix se pogings het daartoe gelei dat meer mense in inrigtings opgeneem is, maar ongelukkig het hulle minder aandag en sorg gekry omdat die inrigtings nie genoeg personeel gehad het nie.

Aan die begin van die 20ste eeu het Clifford Beers die Nasionale Komitee vir Geesteshigiëne in Amerika gestig en die eerste kliniek vir buitepasiënte in dié land geopen.

Ná 1945 is die term "geesteshigiëne" mettertyd vervang deur "geestesgesondheid".

Suid-Afrika

Voor 1997 was geestesgesondheidsorg in Suid-Afrika hoofsaak geïnstitusionaliseer en min klem is geplaas op die ontwikkeling van helende terapie. Weens min hulpbronne was dit meer kostedoeltreffend om geestesonstabiele individue te isoleer as om in doeltreffende maar duur sorg te belê. Ná 1997 is die grootste deel van die verantwoordelikheid vir geestesgesondheid na die vlak van primêre gesondheidsorg verskuif. Algemene psigofarmakologiese middels, wat voorheen net in psigiatriese hospitale beskikbaar was, is nou verkrygbaar by 96% van klinieke vir primêre gesondheidsorg.

In ’n studie deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) is egter bevind sowat 56% van geestesgesondheidsorg vind steeds plaas in ’n geïnstitusionaliseerde opset. Daar is net 290 geregistreerde psigiaters in die land, en die verhouding van psigiater tot pasiënt is dus 1:183 000. Geriewe vir gesondheidsorg het so min personeel dat ’n dokter dikwels nie die tyd het om meer te doen as om ’n pasiënt met geestesprobleme na ’n distrikshospitaal te verwys nie. Daarby word minder ernstige gevalle soos depressie dikwels misgekyk en nie gediagnoseer nie.

Daar is ook nie voldende opvolgbehandelings nie omdat die kommunikasie tussen gesondheidsorggeriewe en distrikshospitale nie na wense is nie. Dit voorkom ook dat dokters kennis neem van hierdie geestesteurings en die regte behandeling vir verskillende stelle simptome.

Verwysings

Tags:

GeestesteuringSielkundeWelsyn

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Graaff-ReinetWatersuiweringLettergreepMag (sosiale wetenskappe)Anale kankerProteïenTweede WêreldoorlogEkonomiese sektorOrthopteraUitwerking van klimaatsveranderingMiddelmisbruikSweedsSout (chemiese stof)Dialoog in fiksieMorfeemGeelslangPornografiese akteurKernoorlogKewerOu Apostoliese KerkAntoniemJodePlae van EgipteBeurtkragStollingsgesteenteSteve BikoCoca-ColaPrimêre sektor van die ekonomieRobbeneilandOlimpiese SpeleHematurieToestand van materieDie Stem van Suid-AfrikaGoogle MapsAustraliëSonNatuurbewaringMIVLys van nedersettings in Suid-AfrikaBorsteAbstraksie (rekenaarwetenskap)KaliumWaterstofMenstruasieTussenwerpselWes-KaapBraaiHulpwerkwoordGetalVraag en aanbodTrigeminale neuralgieKleurTienie HollowayDachshundWeervoorspellingRenosterKlinkerMielieSuiwelprodukBloemfonteinHernubare energiePornografiese subgenresOmtrek, oppervlakte en volumeLiewe HeksieLeah van NiekerkBeeldspraakJazzVoyeurismeHomofoonHipoteseHartaanvalBynierPampoentjiesVersamelnaamDirekte en Indirekte rede🡆 More