Psigoterapie

Psigoterapie is 'n stel tegnieke wat ten doele het om die geestesgesondheid, asook gemoeds- en gedragsprobleme van die individu, of 'n groep (waaronder ook 'n gesin) te verbeter.

Daar is 'n wye verskeidenheid vorms van psigoterapie. Die psigoterapeut het 'n etiese verantwoordelikheid om die vertroulikheid en privaatheid van die pasiënt(e) te beskerm.

Algemene beskrywing

Psigoterapeute hoef nie noodwendig mediese opleiding te hê nie, maar 'n basiese kennis van psigiatrie en sielkunde is gewoonlik deel van so 'n persoon se opleiding. Psigoterapeute kan psigiaters, sielkundiges, maatskaplike werkers, opgeleide verpleegkundiges, opgeleide beraders of ander professionele lui wees.

Die digotomie van 'n geneeskundige en 'n humanistiese model skei baie skole van psigoterapie van mekaar. In die mediese model is die pasiënt siek en die bekwame terapeut help om die pasiënt weer gesond te kry. In die humanistiese model word die kliënt aangemoedig om verder van hulself te leer om sodoende 'n beter begrip van hulself te verkry.

Daar is ten minste ses hoofskole van psigoterapie:

  • Psigodinamiese psigoterapie
  • Kognitiewe terapie
  • Ondersteunende terapie
  • Gedragsterapie
  • Korttermynterapie
  • Sisteemterapie (insluitende gesinsterapie en huweliksberading)

Geskiedenis

Die meeste vorme van psigoterapie spruit uit psigo-analise.

Psigo-analise

Psigoterapie 
Sigmund Freud

(Sien ook die biografie van Sigmund Freud).

Psigo-analise het begin in die mid-1880's. Veral vroue met histerie is eers behandel, deur middel van tegnieke soos droomontleding, vrye assosiasie, oordrag en ontleding van die id, ego en superego. Studente en kollegas, soos Alfred Adler, Otto Rank en Carl Jung, het mettertyd ook hulle eie vorm van psigoterapie ontwikkel, in 'n skool bekend as psigodinamiese terapie; en tot vandag toe ontwikkel hierdie veld steeds verder.

Kognitiewe psigoterapie

Aaron T. Beck ontwikkel sy eie soort kognitiewe terapie, asook Albert Ellis, in die 1940's.

Ondersteunende psigoterapie

Carl Rogers ontwikkel die beginsels van dié humanisties-gebaseerde psigoterapie in die 1950's. Die boustene van sy werk berus op onvoorwaardelike positiewe aanvaarding, egtheid en empatie.

Gedragsterapie

Alhoewel vroeë vorme van gedragsberading reeds in die 1920's bestaan het, het dit meer volledig begin ontwikkel in die 1950's en 1960's, met die wêreldleiers Joseph Wolpe in Suid-Afrika, Hans Eysenck in Brittanje, en B.F. Skinner in die Verenigde State. Dit is ook 'n skool wat steeds aanhou ontwikkel.

Die terapeutiese verhouding

Navorsing bewys dat die kwaliteit van die verhouding tussen die terapeut en die pasiënt meer invloedryk op die eindresultaat is, as die soort psigoterapie wat gebruik word. (Rosenzweig, S. (1936). "Some implicit common factors in diverse methods in psychotherapy". Journal of Orthopsychiatry 6: 412-415).

Kritiek

Kritici van psigoterapie wys daarop dat doodeenvoudig die verloop van tyd psigososiale genesing bring.

Eksterne skakels

Tags:

Psigoterapie Algemene beskrywingPsigoterapie GeskiedenisPsigoterapie Die terapeutiese verhoudingPsigoterapie KritiekPsigoterapie Eksterne skakelsPsigoterapieEtiekPrivaatheid

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NasionalismeErns GrundlingEjakulasieVoortrekkersVryheidsdagAspoestertjiePretoriaVraag en aanbodEkonomieRumatoïede artritisKunsmatige intelligensieKolonisasieRugbyVliegtuigMagnetismeDierKangaroeChloorTelefoonDesmond TutuGriepKlimaatMaagsweerLys van kinderspeletjiesSlangBynierBlourokkeSirkelJudaïsmeGrondwet van Suid-AfrikaMenseregteAarverkalking22 AprilGordelroosCheslin KolbeKoorsLandbou in Suid-AfrikaInfeksieOmgewingskwessies in Suider-Afrika2001KookpuntChemiese reaksieKunsmisHaelMiddelmisbruikVoegwoordSimon PetrusTydAfrikaEkonomie van Suid-AfrikaVryheidsmanifesNatuurrampLangste woordPornografieOnse VaderPornografiese akteurWortelTylaSpringbokkeSwawelMeervoudLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsPad na jou hartVaginaTransatlantiese slawehandelConsolidated B-24 LiberatorRenosterMosesNag van die lang messeKlein-KarooJanie du PlessisDataverwerkingBelgiëMenslike seksuele gedragClanwilliam-sandvisSteenkool in Suid-AfrikaKongo-krisis🡆 More