Abraham is 'n Afrikaanse rolprent wat op 16 Oktober 2015 vrygestel is.
Die regisseur en skrywer was Jans Rautenbach en dit was laaste draaiboek wat deur Jans Rautenbach geskryf is voor sy dood in November 2016.
Abraham | |
---|---|
Regisseur | Jans Rautenbach |
Draaiboek | Jans Rautenbach |
Met | D.J. Mouton Hannes Muller Franci Swanepoel Chantell Phillipus |
Musiek deur | Riku Lätti |
Kinematografie | Koos Roets |
Redigeerder | Christa Lategan Pieter Lombaard |
Ateljee | Spookasem Films |
Uitgereik | 16 Oktober 2015 |
Speeltyd | 94 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Die rolprent is 'n drama.
en andere.
Jans Rautenbach vertel die verhaal van Abraham (vertolk deur D.J. Mouton) – ’n kunstenaar en dromer van Kannaland in die vroeë 1980’s. Abraham is ’n toegewyde familieman wat sukkel om finansieel vir sy jong vrou, Katie (gespeel deur Chantell Phillipus), en hul vierjarige dogtertjie te voorsien.
Abraham se kreatiewe deursettingsvermoë lei hom na sy weldoeners, Jong Jans (Hannes Muller) en sy vrou, Almeri (Franci Swanepoel). Abraham en Katie trek na ’n nuwe huis waar Abraham begin werk vir Jong Jans. Katie se worsteling met alkoholisme en haar geestesgesondheid bedreig egter die gesin se geluk. Abraham ondersteun sy vrou ten volle, maar sy ambisie maak hom onrustig. Abraham droom daarvan om bo sy omstandighede uit te styg en sy merk deur sy kuns te maak. Die ellendige werklikheid van sy situasie hou hom egter terug.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Abraham (rolprent), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.