Keiser Van Japan

Die Keiser (天皇, tennō?, letterlik hemelse vors,) van Japan is die land se monarg.

Hy is die hoof van die Japannese Keiserlike Familie. Volgens Japan se huidige grondwet is die Keiser die "simbool van die staat en die eenheid van die volk," en dien as seremoniële hoof in die grondwetlike monargie.

Keiser Van Japan
Standaard van die Keiser van Japan
Keiser Van Japan
Die Keiserlike Seël van Japan

Die huidige keiser is Sy Keiserlike Majesteit die Keiser Naruhito, wat die Krisantetroon bestyg het toe sy vader Keiser Akihito in 2019 abdikeer het. Hy is die 126ste keiser volgens Japan se tradisionele opvolgingsorde.

Die rol van die keiser van Japan het histories gewissel van dié van 'n opperrang geestelike met grootliks simboliese magte en dié van 'n werklike keiserlike heerser. 'n Onderliggende keiserlike kultus (die idee van Arahitogami) beskou die keiser as van goddelike afstamming. Tot 1945 was die Japannese monarge altyd amptelik militêre aanvoerders. Anders as in die geval van westerse monarge, het hulle die funksie nie in praktyk uitgevoer nie. Japannese keisers is byna altyd tot 'n mindere of meerdere mate deur ander politieke magte beheer.

Sedert die middel van die 19de eeu het die Keiserlike Paleis as "Kyūjō" (宮城) bekendgestaan. Later is dit hernoem na Kōkyo (皇居), en was geleë op die voormalige terrein van die Edo-kasteel in die hartjie van Tokio. Vroeëre keisers het vir byna elf eeue in Kioto gewoon.

Keisers van Japan

Vervolgens die vyf keisers van Japan se moderne tydperk sedert 1867.

No. Portret Persoonlike naam Bewind Posthume naam Notas
122 Keiser Van Japan  Mutsuhito 1867–1912 Keiser Meiji Eerste Keiser van die Japannese Keiserryk
123 Keiser Van Japan  Yoshihito 1912–1926 Keiser Taishō Kroonprins Hirohito het 1921–1926 as Sesshō (Prinsregent) gedien
124 Keiser Van Japan  Hirohito 1926–1989 Keiser Shōwa Dien 1921–1926 as Sesshō (Prinsregent).
Laaste Keiser van die Japannese Keiserryk
125 Keiser Van Japan  Akihito 1989–2019 Keiser Heisei Abdikeer op 30 April 2019. Word in Japannees Jōkō ("die groot Keiser") genoem, en "keiser emeritus Akihito" in Afrikaans.
126 Keiser Van Japan  Naruhito 2019–hede Keiser Reiwa Ingehuldig op 1 Mei 2019. Word Kinjō Tennō ("die regerende Keiser") of Tennō Heika ("Sy Majesteit die Keiser") in Japannees genoem, en "Keiser Naruhito" in Afrikaans.

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Tags:

Keiser Van Japan Keisers van JapanKeiser Van Japan VerwysingsKeiser Van Japan Verdere leesstofKeiser Van Japan Eksterne skakelsKeiser Van JapanGrondwetlike monargieHulp:JapaneesJapanMonargie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Anrich HerbstAardbewingGrondbesoedelingErica BoyerKookpuntDrakensbergeReënspinnekopNatuurbewaringAardeVenda (taal)Tweede VryheidsoorlogBlack SashGrootste rampe in Suid-AfrikaNarsistiese persoonlikheidsteuringSenuweestelselEnkelvoudige sinAmhariesPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaMenslike skeletRooikatDemokrasieSarel Jacob PretoriusSteenkoolFiela se kindBronadresDierLNag van die lang messeKlankEkonomie van Suid-AfrikaKrokodilNatuurlike hulpbronAborsieHeupBruin menseJeugdagWikipediaLys van chemiese elemente volgens atoomgetalOrthopteraTwaalf Stamme van IsraelDuitsNederlandsSelfmoordVaalrivierLys van nedersettings in Suid-AfrikaJavaScriptIngrid JonkerHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalWikimedia-stigtingMaanDie Stem van Suid-AfrikaVlekvrye staalMonopolyEksponentKappie (skryfteken)DansSpringbokkeRobert SobukweAB de VilliersGeweldOseaanbesoedelingBruto binnelandse produkPersoonlikheidSkoolGasLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsVlinderGroot DepressieAngina pectorisDieregeluideNasionale VrouedagSpreeuWet op Bantoe-onderwysSuid-Afrikaanse randMark (ekonomie)Siekte🡆 More