Yoshihito

Yoshihito (嘉仁; 31 Augustus 1879 – 25 Desember 1926) was van 1912 tot 1926 die 123ste Keiser van Japan volgens Japan se tradisionele opvolgingsorde.

Soos in Japan gebruiklik is hy tydens sy bewind nie by sy geboortenaam Yoshihito genoem nie, maar "keiserlike majesteit" (天皇陛下, tennō heika) of "Sy huidige majesteit" (今上陛下, kinjō heika). Sy postume naam is Keiser Taishō (大正天皇, Taishō-tennō), sy regeringstyd staan darem as Taishō-tydperk (大正時代, Taishō jidai, "groot geregtigheid") bekend. Hy is in Tokio gebore as die derde seun van sy vader, keiser Mutsuhito. Hy is opgevolg deur sy seun Hirohito. Hy is as kroonprins ingehuldig op 3 November 1889 en trou met prinses Sadako op 10 Mei 1900. Hy neem die troon by sy vader oor op 30 Julie 1912 en neem die naam Taishō aan. Tydens sy bewind het die Japannese Keiserryk saam met die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State teen veral die Duitse Keiserryk tydens die Eerste Wêreldoorlog geveg. Hy tree egter af in 1921 weens swak gesondheid. Sy seun Hirohito is hierna bevestig as regentprins. Yoshihito het nooit werklik belang gestel in regeringsake nie. Tog het Japan onder sy beheer sy groei voortgesit as een van die sterk lande. Hy is op 25 Desember 1926 in sy winterpaleis oorlede.

Yoshihito
Keiser van Japan
Yoshihito
Keiser Yoshihito in 1912
Dinastie Keiserlike Huis van Japan
Bewind 30 Julie 191225 Desember 1926
Kroning 10 November 1915
Volle naam Yoshihito (嘉仁)
Gebore (1879-08-31)31 Augustus 1879
Tokio, Japan
Gesterf 25 Desember 1926 (op 47)
Hayama, Kanagawa, Japan
Begrawe 8 Februarie 1927
Hachiōji, Tokio, Japan
Voorganger Keiser Meiji
Erfgenaam Keiser Shōwa
Opvolger Keiser Shōwa
Gade Keiserin Teimei (1900–1926; sy dood)
Kinders Hirohito, Keiser Shōwa
Yasuhito, Prins Chichibu
Nobuhito, Prins Takamatsu
Takahito, Prins Mikasa
Vader Keiser Meiji
Moeder Yanagihara Naruko

Verwysings

Bron

  • Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 23, Bladsy 708.

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Keiser Meiji
123ste Tennō
1912–1926
Opgevolg deur
Keiser Shōwa

Tags:

1879192625 Desember31 AugustusDuitse KeiserrykEerste WêreldoorlogHirohitoJapanJapannese KeiserrykKeiser van JapanMutsuhitoPostuumTokioVerenigde KoninkrykVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TafelsoutKankerMandalaAssonansieOm-te-infinitiefkonstruksieWaterbesoedelingWortelAfrikaanse taalleerRymEngelsBrandbergElandréKappie (skryfteken)JeugdagDepressie (gemoedstoestand)KinderregteRugbyBek-en-klouseerAngolaNelson MandelaLys van politieke partye in Suid-AfrikaTamatieByMenseregtedagNasionaal-SosialismeTopsy Smith22 NovemberKonjunktivitisToerismeSuid-Afrikaanse GrensoorlogLys van Afrikaanse rolprenteMangelontstekingOlifantViëtnamBreinvliesontstekingMuskietTierSokkerPablo PicassoFacebookVaginaKriekKarooGetalTelkomKolitisLionel PetersonSkilpadSuurreënTuberkuloseChatGPTVierde Industriële RevolusieWaterkringloopSeksueel oordraagbare infeksieC. Louis LeipoldtGeallieerdes van die Tweede WêreldoorlogHector PietersonMisdaadromanGrootste rampe in Suid-AfrikaNatriumsulfietBoelierySamestellingCheslin KolbeHaasSuid-AfrikaWayde van NiekerkVlag van Suid-AfrikaXhosaGeskiedenis van AfrikaansVoedingGrondwet van Suid-AfrikaRob HersovBrandmondsindroomSlangAkroniemImpakte van toerisme🡆 More