Javane

Die Javane (Ngoko Javaans: ꦮꦺꦴꦁꦗꦮ, Krama Javaans: ꦠꦶꦪꦁꦗꦮꦶ, Ngoko Gêdrìk: wòng Jåwå, Krama Gêdrìk: tiyang Jawi, Indonesies: suku Jawa) is 'n etniese groep inheems aan die Indonesiese eiland Java, wat Javaans as moedertaal praat.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Javaans.

Met sowat 100 miljoen mense (soos op 2011) vorm hulle die grootste etniese groep in Indonesië. Hulle leef hoofsaaklik in die sentrale en oostelike dele van die eiland, maar in die volksmond word die hele bevolking van die eiland Java valslik Javane genoem. As gevolg van die Transmigrasi is daar ook 'n beduidende aantal mense van Javaanse afkoms in die meeste provinsies van Indonesië, Maleisië, Singapoer, Suriname, Suid-Afrika en Nederland.

Javane
ꦮꦺꦴꦁꦗꦮ / ꦠꦶꦪꦁꦗꦮꦶ
Wòng Jåwå / tiyang Jawi
Javane
Totale bevolking: ca. 100 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Indonesië Indonesië 95 217 022

Vlag van Maleisië Maleisië 641 000
Vlag van Suriname Suriname 275 000
Vlag van Singapoer Singapoer 209 000
Vlag van Nederland Nederland 150 000–300 000
Vlag van Hongkong Hongkong 78 000
Vlag van Republiek van China Republiek van China 68 550
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka 40 189
Vlag van Egipte Egipte 39 000
Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië 27 000
Vlag van Nieu-Kaledonië Nieu-Kaledonië 5 000

Taal: Javaans (moedertaal) • Indonesies (omgangstaal) • Nederlands (Nederlande en Suriname) • Maleis (Maleisië en Singapoer) • Frans (Nieu-Kaledonië)
Geloofsoortuiging: Oorwegend Islam en Kejawen. Minderhede volg Protestantisme, Rooms-Katolisisme, Hindoeïsme, Boeddhisme en Konfusianisme.
Verwante etniese groepe: Ander Indonesiese etniese groepe: Maleiers, Soendanese, Madurese, Tionghoa, Balinese en Indiese mense
Javane
Java-dansers toon Ramayana-ballet
Javane
Die Prambanan-tempelkompleks, gebou tydens die Mataram-koninkryk

Die Javaanse etniese groep het baie ondergroepe, soos die Mataram, Cirebonese, Osing, Tenggerese, Boyanese, Samin, Naganese, Banyumasan, ens. Hulle is verwant aan ander Indonesiese etniese groepe soos die Maleiers, Soendanese, Madurese, Tionghoa, Balinese en Indiërs.

Die meerderheid van die Javane identifiseer hulself as Moslems en 'n minderheid identifiseer hulself as Christene of Hindoes. Tog is die Javaanse beskawing beïnvloed deur meer as 'n duisend se interaksies tussen die inheemse animisme Kejawen en die Indiese Hindoe-Boeddhistiese kultuur en hierdie invloed is nog sigbaar in die Javannese geskiedenis, kultuur, tradisies en kunsvorme. Tot in die 16de eeu was die meeste Javane Hindoes of Boeddhiste, maar nadat Arabiese en Indiese handelaars die Maleise argipel bereik het, het die meeste Javane tot Islam bekeer.

Verwysings

Verdere leeswerk

  • (en) Kuncaraningrat Raden Mas; Southeast Asian Studies Program (Institute of Southeast Asian Studies) (1985). Javanese culture. Oxford University Press. ISBN 978-0-19-582542-8.

Eksterne skakels

Tags:

Etniese groepIndonesiesIndonesiëJava (eiland)JavaansMaleisiëMoedertaalNederlandSingapoerSuid-AfrikaSuriname

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GeslagsgelykheidEnsiklopedieSpinnekopKamoefleringMaatskaplike verantwoordelikheidGevolge van aardverwarming op oseaneLimpopo (rivier)Angolese BurgeroorlogAnglisismeKoolhidraatAprilRekenaarOutismeInternetKultuurGeldConsolidated B-24 LiberatorSeksismeBesnydenisAardeDigvormGeografie van Suid-AfrikaLys van NG gemeentesSpeelkaartSeekoeiSuid-Afrikaanse randXHTMLEben EtzebethAssonansiePseudowetenskapMateriaalChemiese elementLiewe HeksieBreinvliesontstekingC.J. LangenhovenOrale seksVormMagnetismeNG gemeente MurraysburgKarakteriseringDataverwerkingGrondsoorteDuitslandKweekhuiseffekFrankrykNarsistiese persoonlikheidsteuringKatoenHeks van HexrivierEwenaarJapanWiki CommonsNG gemeente TheunissenNasionaal-SosialismeWoestynDuitse maselsNatuurrampCoca-ColaElektrisiteitNatuurbewaringKlimaatLyfstraf in skoleAngolaWortelBiodiversiteitNeurenberg-verhoreVlekvrye staalSeksuele opwekkingNasionale VrouedagGalblaasBreinLieweheersbesieSelfieAustraliëTaalChatGPTBTW🡆 More