Golden Gate

Die Golden Gate (Afrikaans: Goue Poort) is 'n seestraat met 'n lengte van sowat agt kilometer en 'n wydte van tussen 1,6 en drie kilometer, wat die Stille Oseaan met die San Franciscobaai (Kalifornië, Verenigde State) verbind.

Golden Gate
Golden Gate
Die Golden Gate-brug
Golden Gate
Die ligging van die Golden Gate
Koördinate:37°48′36″N 122°30′0″W / 37.81000°N 122.50000°W / 37.81000; -122.50000 122°30′0″W / 37.81000°N 122.50000°W / 37.81000; -122.50000
Ligging:Kalifornië, Verenigde State
Soort:Seestraat van die Stille Oseaan
Maksimum diepte:115 m (377 vt)
Lengte:8 km
Breedte:1,6–3 km
Nedersettings:San Francisco

Die deurvaart is as gevolg van die groot verskil in waterhoogte tussen eb en vloed oor duisende jare en die water van die riviere Sacramento en San Joaquin geskep. Die bekende Golden Gate-brug oorspan die seestraat sedert die jaar 1930.

Die Golden Gate en sy omgewing verdwyn gedurende die somer dikwels in die newel, sodat die seestraat deur die vroeë Europese seevaarders nie ontdek is nie. Die Spaanse vlootoffisier Juan de Ayala was die eerste Europeër wat op 5 Augustus 1775 deur die Golden Gate geseil het. Die Spanjaarde het die seestraat oorspronklik Boca del Puerto de San Francisco genoem, tog staan dit sedert die groot Kaliforniese goudstormloop van die jaar 1848 onder sy huidige naam bekend.

Destyds het duisende gouddelwers met hulle skepe deur die seestraat gevaar en daarna in die hawe van San Francisco anker gegooi. Aangesien die goudkoors welvaart en rykdom voorspel het, het die publiek die nuwe naam vinnig aanvaar. Die naam het 'n sinoniem vir die "toegang tot geluk" geword.

Eksterne skakels

  • Wiki AfrikaansGolden Gate  Wiki Commons het meer media in die kategorie Golden Gate.
  • (en) "Golden Gate". Encyclopædia Britannica. Besoek op 2 Augustus 2020.

Tags:

AfrikaansGolden Gate-brugKaliforniëSeestraatStille OseaanVerenigde State

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Franse RewolusieNagmaalTweede WêreldoorlogPretoriaDeon GrootProvinsies van Suid-AfrikaVeerKatoenNatuurrampAkroniemGrondwetChromatografieBrandmondsindroomPoësiePersoonlike voornaamwoordSoogdierSkoenlapperRuimteDiskriminasieBestaansboerderyNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyPiesangAlkoholismeKunsmatige algemene intelligensieDrinkwatervoorsieningLiefdeNieuwoudtvilleSuid-Afrikaanse InkomstediensJodeTuberkuloseSoweto-opstandAtoomEerste WêreldoorlogOutismeKameelperdOlimpiese Somerspele 2024Seksueel oordraagbare infeksieVars waterPseudowetenskapNetbalLeonardo da VinciFotosinteseSlag van Cuito CuanavalePotchefstroomMarie AntoinetteVratSteve Biko7de LaanVerenigde State van AmerikaKletsrymAdolf HitlerGrondbesoedelingPampoentjiesNazi-DuitslandKatNamibiëBloukraanvoëlOnderwerp (taalkunde)WerkloosheidBruce FordyceTikTokWetenskaplike klassifikasieNierNarsistiese persoonlikheidsteuringMaselsStaatstoelaeAanhalingstekensCarles PuigdemontMusiekBesproeiingDesmond TutuTrappe van vergelykingMaatskappySuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Maroela MediaSelfbeeldHeuningby🡆 More