Golanhoogland

Die Golanhoogland (Arabies: هضبة الجولان, Haḍbatu l-Jawlān, of مرتفعات الجولان, Murtafaʻātu l-Jawlān; Hebreeus: רמת הגולן, HaGolan) is ’n streek van sowat 1 800 km2 in die Levant.

Die definisie van die streek verskil tussen twee dissiplines: As ’n geologiese en biogeografiese streek is die Golanhoogland ’n basaltagtige plato wat in die suide deur die Jarmoekrivier begrens word, in die weste deur die See van Galilea en die Hoelavallei, in die noorde deur die Anti-Libanonberge met Hermonberg en in die ooste deur die wadi Ruqqad; en as ’n geopolitieke streek is dit die gebied wat tydens die Sesdaagse Oorlog van 1967 van Sirië verower is en sedert 1981 as deel van Israel geadministreer word (die Golanhoogland behoort tot die Noordelike distrik). Dié streek sluit die westelike tweederdes van die geologiese Golanhoogland en die Israelies besette deel van Hermonberg in.

Golanhoogland

هضبة الجولان
רמת הגולן
Ligging van die Golanhoogland.
Ligging van die Golanhoogland.
Oppervlak
 • Totaal1 200 km2 (500 vk. myl)
Hoogte
2 814 m (9 232 ft)
Bevolking
 • Totaal
40 000−49 700
TydsoneUTC+3 (+2)
StatusInternasionaal erken as Siriese grondgebied wat deur Israel beset word

Geskiedenis

Die vroegste bewyse van menslike bewoning op die Golan dateer van die Laat Steentydperk. Volgens die Bybel is ’n Amoritiese koninkryk Basan tydens die bewind van koning Og deur die Israeliete verower. Dwarsdeur die Ou Testamentiese tydperk was die Golan "die fokus van ’n magstryd tussen die konings van Israel en die Arameërs, wat naby die hedendaagse Damaskus gewoon het."

Ná die Assiriese en Babiloniese heerskappy het Persië die streek oorheers en Jode uit Babiloniese gevangenskap toegelaat om hul daar te vestig. Die Iturene, ’n Arabiese of Aramese volk, het hulle in die 2de eeu v.C. daar gevestig en tot aan die einde van die Bisantynse tydperk daar gewoon. Georganiseerde Joodse vestiging in die streek het geëindig in 636 n.C., toe dit deur Arabiere verower is. In die 16de eeu is die Golan deur die Ottomaanse Ryk verower. In 1918 het dit ’n Franse mandaat geword. Toe die mandaat in 1946 verstryk, het dit deel van die nuwe onafhanklike Republiek Sirië geword.

Israeliese besetting

Golanhoogland 
Die See van Galilea en die suidelike Golanhoogland.

Sedert die Sesdaagse Oorlog van 1967 word die westelike tweederdes van die Golanhoogland deur Israel beset en geadministreer, terwyl die oostelike derde onder Siriese beheer gebly het. Ná die oorlog het Sirië enige samesprekings met Israel as deel van die Resolusie van Khartoem verwerp. Die bou van Israeliese nedersettings het begin in die gebied wat onder Israel se beheer is. Die streek was onder militêre administrasie totdat die Knesset die Golanhooglandwet in 1981 goedgekeur het; dié het Israel se reg op die gebied bevestig, ’n stap wat as anneksasie beskryf is. Die stap is deur die VN se Veiligheidsraad in Resolusie 497 afgekeur. Daarvolgens is "Israel se besluit om sy wette, jurisdiksie en administrasie in die besette Siriese Golanhoogland te vestig onwettig en sonder internasionale wetlike geldigheid". In Resolusie 242 word ook klem gelê op die "ontoelaatbaarheid van die aanskaffing van grondgebied deur oorlog". Israel beweer hy het ’n reg om die Golan te behou en regverdig dit aan die hand van ’n ander resolusie, 242, wat vra vir "veilige en erkende grense sonder bedreigings of geweldsdade".

Ná die begin van die Siriese Burgeroorlog was beheer oor die Siriese deel van die Golan verdeel tussen die regerings- en opposisiemagte, met ’n VN-toesigmag wat ’n buffersone van 266 km2 tussenin gehandhaaf het om die skietstilstand tussen Israel en Sirië af te dwing. Van 2012 tot 2018 was die oostelike Golanhoogland die terrein van herhaalde gevegte tussen die Siries-Arabiese Weermag en rebellefaksies, insluitende dié van die gematigde Suidelike Front, die djihadistiese al-Noesra-front en faksies wat by die ISIL geaffilieer is. In Julie 2018 het die Siriese regering beheer oor die oostelike Golan teruggewen.

Op 25 Maart 2019 het president Donald Trump van die VSA aangekondig "die Verenigde State erken dat die Golanhoogland deel van die staat Israel is". Daardeur is Amerika die eerste en enigste land wat Israeliese soewereiniteit oor die geannekseerde dele van die Golan erken. Die 28 lidlande van die Europese Unie het op hulle beurt verklaar hulle erken nie Israel se soewereiniteit nie, en verskeie Israeliese deskundiges oor internasionale reg het die beginsel herhaal dat grondgebied wat deur óf defensiewe óf offensiewe oorloë verkry is, kragtens die internasionale reg nie geannekseer mag word nie.

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

32°58′54″N 35°44′58″O / 32.98167°N 35.74944°O / 32.98167; 35.74944 35°44′58″O / 32.98167°N 35.74944°O / 32.98167; 35.74944

Tags:

Golanhoogland GeskiedenisGolanhoogland Israeliese besettingGolanhoogland VerwysingsGolanhoogland BronneGolanhoogland Eksterne skakelsGolanhooglandArabiesBasaltBiogeografieGeologieHebreeusIsraelLevantMeer van TiberiasNoordelike distrik, IsraelPolitiekSesdaagse OorlogSiriëWadi

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OnderwysTemperatuurAngina pectorisBosluisbytkoorsUnited Democratic FrontMiddelmisbruikLys van Afrikaanse rolprenteGordelroosHorlosieAardrykskundeRenosterIngrid JonkerBrandmondsindroomSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994AustraliëVratGeskiedenis van AfrikaansXenofobieKunsmatige intelligensieRuslandKrimpvarkieLetterkundeLeestekenRegverdige handelDiarreeBynierOligopolieAborsie in Suid-AfrikaBaljuOrgasmeEugenetikaSuid-SothoRassisme in AfrikaKunselementeEkologieJudaïsmeNagmaalSpelerposisies in rugbyInternetLeeuGeestesteuringOutismeVisBeesLeierHokkieTrevor NasserRooms-Katolieke KerkTropiese sikloonLika BerningGreta ThunbergNeurenberg-verhoreVoorvoegselGoogleKoppeltekenSeekoeiJazzKoue OorlogUniversele Verklaring van MenseregteIndustriële RevolusieNiemetaalJuraMiljardNatuurbewaringDeelteken en umlautHartaanvalMonumentWaterVoortrekkersGraaff-ReinetNG gemeente TheunissenMigrasie van diereGeskiedenis (vakgebied)AardverwarmingKweekhuiseffekGautengSuid-Afrikaanse konsentrasiekampeEerste WêreldoorlogGenitale vrat🡆 More