Jonatan Netanyahu (Hebreeus: יונתן יוני נתניהו Yonatan Yoni Netanyahu; 13 Maart 1946 – 4 Julie 1976) was 'n Israeli-oorlogsheld.
Jonatan Netanyahu | |
---|---|
Jonatan Netanyahu se grafsteen in Jerusalem se militêre begraafplaas | |
Bynaam(e) | Yoni |
Geboortedatum | 13 Maart 1946 |
Geboorteplek | New York Stad, New York, Verenigde State |
Sterfdatum | 4 Julie 1976 (30 jaar oud) |
Sterfplek | Entebbe, Uganda |
Lojaliteit | Israel |
Diens/Tak | Israeliese Lugmag |
Jare in diens | 1964–1976 |
Rang | Luitenant-kolonel |
Eenheid | Sayeret Matkal |
Veldslae/oorloë | Sesdaagse Oorlog Uitputtingsoorlog Jom Kippoer-oorlog Operasie Entebbe |
Toekennings | Medalje van die Uitstaande Diens |
Hy was 'n lid van die Israeli-weermag se elite "Sayeret Matkal"-eenheid. Die Medalje vir Voortreflike Diens (Hebreeus: עיטור המופת) is aan hom toegeken vir sy optrede tydens die Jom Kippoer-oorlog.
Hy sterf tydens Operasie Entebbe by die Entebbe Internasionale Lughawe in Oeganda. Netanyahu is deur Oegandese soldate doodgeskiet tydens 'n militêre operasie waarin gekaapte passasiers bevry is. Hy was die leier van die aanvalspan en ook die enigste Israeli ongeval tydens dié operasie.
Hy het twee broers: Benjamin Netanyahu was die Eerste Minister van Israel van 1996 tot 1999 en van 2009 tot 2021 en Iddo, die jongste van die drie is 'n radioloog en skrywer. Beide het in die Sayeret Matkal gedien.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Jonatan Netanyahu, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.