Basalt

Basalt is 'n digte vulkaniese stollingsgesteente wat gevorm word wanneer lawa wat nie baie vloeitraag of taai is nie en ryk aan magnesium en yster is (mafiese lawa), vinnig afkoel naby die oppervlak van 'n rotsagtige planeet of maan.

Meer as 90% van alle vulkaanrots op Aarde is basalt.

Basalt
Vloeiende basaltlawa.

Vinnig afkoelende, fyn basalt is chemies gelyk aan stadig afkoelende, growwe gabbro. Die uitbarsting van basaltlawa word deur geoloë by sowat 20 vulkane per jaar waargeneem. Basalt is ook 'n belangrike rotstipe op ander planetêre liggame in die Sonnestelsel. Die grootste deel van die vlaktes van Venus, wat sowat 80% van die oppervlak bedek, is byvoorbeeld basalt, die seë of maria op die Maan is vlaktes van basaltiese lawastrome en basalt is 'n algemene rotssoort op Mars.

Basalt
'n Stuk basalt.

Gesmelte basaltlawa is nie baie taai nie omdat dit min silika bevat (tussen 45% en 52%). Daarom beweeg dit vinnig en kan oor 'n groot gebied versprei voordat dit afkoel en stol. Vloedbasalte is dik opeenvolgings van sulke lawastrome wat honderdduisende vierkante kilometer kan bedek en die grootste deel van alle vulkaniese formasies uitmaak.

Basalt bevat dikwels gasblasies wat gevorm word wanneer opgeloste gasse uit die magma borrel as die insluitingsdruk verminder terwyl dit na die oppervlak beweeg, en die lawa dan stol voordat die gasse kan ontsnap.

Basaltiese magma in die Aarde kom vermoedelik oorspronklik van die bomantel. Die chemiese samestelling van basalte gee dus vir ons 'n aanduiding oor toestande diep in die Aarde se binnekant.

Verwysings

Skakels

  • Basalt  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

AardeLawaMafiesMagnesiumNatuurlike satellietPlaneetViskositeitYster

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BosluisWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaBybelKolitisEkonomie van Suid-AfrikaWaterpokkiesOos-KaapAkademiaHarry PotterGalileo GalileiGedigCarles PuigdemontAluminiumAntisemitismeLys van Suid-Afrikaanse digtersMikro-ekonomieProstaatklierKolorektale kankerVolhoubaarheidMiteSwawelHeuningNierversakingSlag van Cuito CuanavaleSoortnaamMonopolieKaapstadse waterkrisis 2015-2018VrouEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaKlein vyf diereBeurtkragAfrikaGeldSirkusTropiese sikloonElandréTrigeminale neuralgieLetterkundeJazzFabelLys van bekende Suid-AfrikanersWaarheid-en-versoeningskommissieKwame NkrumahNeonHeidelberg, GautengKondensasieEngelsNarsismeSkarlakenkoorsJan-Willem BreureEskomGeskiedenis van AfrikaansFrederik Willem de KlerkPrimêre sektor van die ekonomiePornografiese akteurLys van landeHoenderMynbouMeervoudJacques LootsVerantwoordelikheidHoofpynZoeloesOranje-VrystaatDuitsMenseregtedagVulvaVaste stofKanadaNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaLandbouSkaapVryheidsmanifes🡆 More