Gerrie Nel

Gerhard C.

"Gerrie" Nel (* 1961) is 'n Suid-Afrikaanse advokaat wat bekendheid verwerf het vir sy rol as staatsaanklaer in diens van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Hy was voorheen hoof van die Direktoraat van Spesiale Operasies, ook bekend as die Skerpioene. Nel het in Desember 2016 by die NVG bedank en is tans hoof van AfriForum se burgerlike ondersoekeenheid. Weens sy vasberadenheid in die hofsaal word hy "bulhond" genoem; hy word gereeld aan moeilike en hoëprofielgevalle toegewys.

Gerrie Nel
Gerrie Nel
Gebore
Gerhard C. Nel

1961
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaner
BeroepAdvokaat

Loopbaan

Nel het in 1979 aan die Hoërskool Piet Potgieter in Potgietersrus gematrikuleer en daarna aan die Universiteit van Pretoria in die regte studeer.

Nel het in 1984 as aanklaer begin werk. Hy was 'n junior-aanklaer in die verhoor van Clive Derby-Lewis en Janusz Waluś, waar albei skuldig bevind van die moord op die anti-apartheidsaktivis Chris Hani in 1993. Hy was Gauteng se streekshoof van die NVG se Direktoraat van Spesiale Operasies (Skerpioene) sake-eenheid vanaf die stigting in 1999 tot die ontbinding in 2009.

Nel het in 2010 die vervolging in die verhoor van die voormalige nasionale polisiekommissaris en Interpol-president Jackie Selebi, wie in 2010 aan korrupsie skuldig bevind is, gelei. In 2012 het hy ter erkenning van sy werk in die Selebi-saak twee toekennings ontvang. Hy is deur die plaaslike vereniging van staatsadvokate as aanklaer van die jaar aangewys en het 'n spesiale prestasieprys van die Internasionale Vereniging van Aanklaers vir sy "vurige strewe na die visie van die Nasionale Vervolgingsgesag se ideale om geregtigheid in die samelewing te bereik" ontvang.

Nel was die hoofaanklaer in die 2014-verhoor van Oscar Pistorius vir die moord op Reeva Steenkamp en verskeie vuurwapenverwante aanklagte.

Arrestasie

Nel is in Januarie 2008 by sy huis in Pretoria voor sy vrou en kinders deur 'n groep van 20 polisiebeamptes in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog, regsverydeling en meineed. Die aanklagte is kort daarna in die Pretoriase streekshof teruggetrek.

Bedanking uit die Nasionale Vervolgingsgesag

Drie dae voor Nel se bedanking uit die NVG het die hoof van die NVG, Shaun Abrahams, ondersoek gelas na Gerrie Nel en ander senior staatsaanklaers in verband met bewysstukke wat kwansuis vervals sy.

Stoei

Nel het eens op 'n provinsiale vlak in stoei meegeding. Hy onderrig kinders in stoei in die aande.

Toekennings

  • 2012 – Vereniging van Staatsadvokate Ukugqwesa Aanklaer van die Jaar
  • 2012 – Internasionale Vereniging van Aanklaers Spesiale Prestasie

Verwysings

Tags:

Gerrie Nel LoopbaanGerrie Nel ArrestasieGerrie Nel Bedanking uit die Nasionale VervolgingsgesagGerrie Nel StoeiGerrie Nel ToekenningsGerrie Nel VerwysingsGerrie Nel1961AdvokaatAfriForumDirektoraat van Spesiale OperasiesNasionale VervolgingsgesagSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SkilpadSpysverteringstelselLeukemieSonsteekLys van Griekse mitologiese figurePlastiekGoudHomoseksualiteitAnale seksAssiriëEskomGalblaasUKrieketKonjunktivitisWerkloosheidOlifantHondeklipbaaiPenetrasieSportAtoomPiesangKamphoerRektumEreksieVaginale kankerPersentasiePenisVliegtuigBedreigde spesieKoekepanGawes van die Heilige GeesJonathan JansenXMonopolieNagapieNeo-FascismeSeekoeiKapokboomGé KorstenSewe wonders van die wêreldLys van kleureKlipwerfNatalie du ToitKrimpvarkieLys van vertalings in AfrikaansSkaapProteïenSeksElandréMenslike seksuele gedragKabeljouMasturbasieOraniaWDaggaOrganismeLugbesoedelingSoogdierLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Bipolêre gemoedsteuringRugbyBlourokkeVolstruisGeskiedenis van die KaapkolonieMonopolyPubliekSiener van RensburgHannes van WykBraaiSatellietArmoede29 AprilLa NiñaDysselsdorp🡆 More