Chris Hani

Chris Hani (28 Junie, 1942 - 10 April 1993) 'n voormalige algemene sekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en militante leier in die ANC se gewapende vleuel, Umkhonto we Sizwe (MK), is in 'n sluipmoord deur wit regsgesindes om die lewe gebring in 'n klaarblyklike poging om die oorgang na demokrasie te ontwrig.

Chris Hani Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word.
Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word.
Chris Hani

Sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party‎
Ampstermyn
1991 – 1993
Voorafgegaan deur Joe Slovo
Opgevolg deur Charles Nqakula

Persoonlike besonderhede
Gebore Martin Thembisile Hani
28 Junie 1942
Cofimvaba, Kaapprovinsie, Unie van Suid-Afrika
Sterf 10 April 1993
Boksburg, Transvaal, Suid-Afrika
Politieke party Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party‎

Onder die leierskap van Nelson Mandela en ander gematigde leiers is die land egter nie in 'n hernieude rassestryd gedompel oor Hani se dood nie, maar is daar eerder gefokus op die uitvoering van Hani se ideaal van die verbetering van die lot van agtergeblewe swartmense. Die moontlike onrus wat gedreig het om op sy dood te volg, het wel druk op die Nasionale Party geplaas om onderhandelinge met die ANC oor 'n oorgangsregering te versnel. Slegs 'n paar weke ná Hani se dood is die datum vir die eerste demokratiese verkiesing vasgestel.

Hani was bekend daarvoor dat hy ná sy terugkeer uit ballingskap die land deurreis het om hom te vergewis van die probleme van gewone mense, vir sy integriteit en die feit dat hy kritiese debat in die ANC aangemoedig het ongeag of dit sy posisie in die party sou skaad of nie.

Aan die ander kant is hy dikwels in die media uitgemaak as 'n politieke "valk" wat die gewapende stryd bo onderhandelinge verkies het. Sommige politieke kommentators het egter uitgewys dat hy moontlik eerder besef het dat onderhandelinge op sigself nie 'n transformasie tot stand sou bring nie, tensy dit gerugsteun was deur voortgaande politieke mobilisasie.

Lewensgeskiedenis

Martin Thembisile Hani, ook bekend as Tshonyane, is op 28 Junie 1942 in Sabalele naby Cofimvaba in die Transkei gebore. Aanvanklik wou hy 'n priester in die Rooms-Katolieke Kerk word. In 1963, op 21-jarige ouderdom, het hy hom egter by Umkhonto we Sizwe (MK) aangesluit eerder as om oorsee te gaan studeer. Hy het later sy jonger broer, Chris, se naam aangeneem in 'n poging om 'n paspoort te bekom om Suid-Afrika te verlaat en het dié naam uiteindelik behou, hoewel hy 'n tyd lank as MK-kader die nom de guerre Chris Nkosana aangeneem het.

Hy het opgang gemaak weens sy beginselvastheid, wat soms daartoe gelei het dat hy die ANC-leierskap skerp gekritiseer het. 'n Voorbeeld hiervan was in 1966, toe hy MK-kaders in Angola gehelp het om 'n memorandum van besware teen hul leiers op te stel. Toe muitende MK-kaders van die Viana-opleidingskamp in 1984 egter die ANC-hoofkwartier in Luanda omring en die bedanking van sekere ANC-leiers geëis het, was dit Hani wat hulle oortuig het om die weg van onderhandelinge te volg.

Hani was betrokke by die Wankie-veldtog om 'n roete deur Zimbabwe te vestig waarlangs MK-kaders Suid-Afrika sou kon binnedring. Hy was ook verantwoordelik vir die vestiging van ondergrondse operasies in Lesotho en Mosambiek. As MK-bevelvoerder het hy verskeie pogings tot sluipmoord oorleef en as volksheld onder die swart gemeenskap na Suid-Afrika teruggekeer. Met die eerste ANC-kongres in 1991 het Hani die meeste stemme vir 'n posisie op die ANC se nasionale uitvoerende komitee ingepalm. Nadat die ANC egter besluit het om die gewapende stryd op te skort, het hy die ANC verlaat om hom as sekretaris-generaal by die SAKP aan te sluit.

Hani is op 10 April 1993 deur 'n Poolse immigrant, Janusz Waluś, by sy huis in Boksburg doodgeskiet. Sowel Waluś en die persoon wat die sluipmoordwapen aan hom verskaf het, die regsgesinde Clive Derby-Lewis, se aansoeke om amnestie is deur die Waarheid- en Versoeningskommissie geweier. Derby-Lewis het 21 jaar tronkstraf uitgedien voor hy in November 2016 in die Eugène Marais-hospitaal in Pretoria aan longkanker oorlede is. Waluś dien steeds lewenslange tronkstraf uit.

Hani se vrou, Limpho, het van 1994 tot 1999 in die Parlement gedien. Daar is ook twee oorlewende dogters uit die huwelik. Die distrik Cofimvaba, Intsika Yethu, het tydens die tienjarige herdenking van Hani se dood hulde aan hom gebring deur die distriksmunisipaliteit te herdoop na die Chris Hani Distriksmunisipaliteit.

Tags:

ANCSuid-Afrikaanse Kommunistiese PartyUmkhonto we Sizwe

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GoudGeslagsgelykheidStruktuur van die AardeAfrikaGoudkus (streek)SeekatKookpuntHipertensieMusieksimboleAalwynBeeldspraakPretoriaBlourokkeHartFinale OplossingIndustriële RevolusieVolstruisGeskiedenis van die AardeSwartrenosterKoos BekkerLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaSosiale mediaMeervoudDepressie (gemoedstoestand)ToerismePolisieGrondbesoedelingLys van Afrikaanse televisiereekseKwaZulu-NatalSinoniemEskomBaarmoederNarsismeVoorvoegselMiddeleeueDubbelpuntEreksieStam (taalkunde)SokkerSout (chemiese stof)GrondwaterAfrikanersDemokratiese Republiek die KongoReënDolfynHoenderAfleiding (taalkunde)StikstofBloemfonteinFrankrykSeevlakLeenwoordMieliestronkNiersteenTandbederfVraag en aanbodLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Sharpeville-slagtingKarlien van JaarsveldBergSeePriemgetalIndo-Europese tale16 AprilAgtervoegselKongo-krisisChristendomHaasAtoomOmgewingsgesondheidDuitsAkuutPornografiese akteurAnneli van RooyenArmoede🡆 More