Galg

’n Galg is ’n stellasie waarmee terdoodveroordeeldes gehang word.

In ou stede het dit dikwels op die sentrale stadsplein of buite die stadsmure gestaan waar teregstellings plaasgevind het. In moderner tye is dit dikwels in tronke opgerig.

Galg
’n Galg in die Rutland County Museum.
Galg
’n 19de-eeuse galg in Amerika.

Werking

’n Galg het dikwels ’n luik gehad waarop die terdoodveroordeelde gestaan het. Dié het dan meegegee om die persoon te laat val. Die tou, of strop, het om sy nek styfgespan en die persoon se volle gewig gedra. Hy het dan gesterf weens die druk wat die tou op sy nek geplaas het. Die dood kon om verskillende redes ingetree het:

  • Die afsluiting van die bloedvloei na die brein.
  • Beserings aan die nek of ruggraat.
  • ’n Gebreekte nek.
  • Die obstruksie van die asemhalingskanaal (verstikking).
  • Onthoofding weens die liggaam wat te ver val.

Soms is ’n primitiewe galg gemaak, waar die persoon op ’n stoel gestaan het en die tou aan ’n boomtak vasgemaak is. Die stoel is dan onder die tereggestelde uitgeskop.

Galge is ook dikwels vir die marteling van byvoorbeeld slawe gebruik deur seker dele van die liggaam aan hake te laat hang.

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LugbesoedelingDepressie (gemoedstoestand)LieweheersbesieNederduitse Gereformeerde KerkZoeloePeriodieke tabelVerkleinwoordKoorsUnited Democratic FrontMartin Luther King jr.PlesiosauriaAdolf HitlerMasjienJazzMonumentChristendomKlimaatsverandering in AfrikaKlitorisOlimpiese Somerspele 2024DuitslandKuberkrakerNarsismeGroenHomoniemPaul AusterVlinderKarooGemeenskapVlag van Suid-AfrikaAuschwitz-konsentrasiekampMenslike skeletAspoestertjieTennisXenofobieIslamitiese seksualiteitswetteMadison IvyPNGCarles PuigdemontVeelvuldige skleroseGeldLys van medisinale kruieCristiano RonaldoIsraelCovid-19-pandemiePlaasjapieKweekhuisgasStratovulkaanNamibiëTierEkonomieVoëlgriepJacques LootsPapier1 MeiMusieksimboleIronieMetafoorAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeFibonacciPablo PicassoBloemfonteinCoca-ColaBerghaanVigsJavaScriptOmtrek, oppervlakte en volumeWinterSikloonCleopatra VIISuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024BreingewasHeupGeslagBeleggingOrgasmeGawes van die Heilige GeesMaagsweerBotrivier-vlei🡆 More