Botrivier-Vlei

Die Botrivier-strandmeer in die Overberg is sedert 2017 deel van die Ramsar-konvensie.

Hierdie vleiland is die mond van die Botrivier. Dit is nagenoeg 1400ha groot en lê tussen Kleinmond, Hawston en Fisherhaven.

Gedurende die droë somermaande is die Botrivier-vlei ‘n vername skuilplek vir watervoëls. Reeds 86 watervoëlspesies is hier al waargeneem. Bleshoenders kom in sommige jare in besonder groot getalle voor. Maar die omvang van die voëlbevolking wissel merkbaar van jaar tot jaar weens voortdurende verandering in die waterdiepte en -gehalte en of die vleimond oop is na die see al dan nie.

Die lagune is belangrik vir die aanteel van vis. Een-en-veertig visspesies is hier al aangeteken, waarvan 19 afhanklik is van riviermondings om hul lewenssiklus te voltooi.

Indringerplantspesies, veral rooikrans en die gewone platanna het reeds ‘n ongewensde invloed op hierdie vleiland. Inwoners van die omgewing en vakansiegangers benut die meer vir visvang, swem, roei en seil.

Sien ook

19°07′O / 34.34°S 19.12°O / -34.34; 19.12

Tags:

OverbergRamsar-konvensie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MasturbasieErfenisdag (Suid-Afrika)KindersiektesSwartbewussynsbewegingKliniese depressieSeksuele stimulasieMoedersdagSkoenlapperSlawernyAKaren MeiringElektriese geleierSigaretGeboorteBonné de BodLuiperdJan van RiebeeckBestaansboerderyTropiese sikloonBlourokkeAfrikanersAtlantiese OseaanNederduitsch Hervormde KerkInflasieKlein-KarooTweede WêreldoorlogReddingskakeNaboomKoolstofKrimpvarkieKweekhuiseffekLandbou in Suid-AfrikaJanie du PlessisFranse RewolusieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994ProsaNG gemeente JansenvilleLieweheersbesieFosforMisdaadromanOrkney Snork NieStereotipePretoriaRob HersovOutismeMielieWerkloosheidHondBaälKoos du PlessisVolhoubare ontwikkelingSamestellingDoelwitKewerVryheidsdagApartheidSeksuele opwekkingIngrid JonkerAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidOnse VaderOseaanPerdHomoniemLys van bekende Suid-AfrikanersJan CombrinkJo BlackKonjunktivitisNkosi Sikelel' iAfrikaISO 3166-2KriekRicus NelSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024WerkwoordKarlien van JaarsveldAfrikaanse taalleer🡆 More