Die fokusafstand (Engels: focal length) van ’n optiese stelsel is die afstand tussen die lens en die punt waar eweredige inkomende ligstrale byeenkom nadat dit deur die lens gebuig is.
Dié punt word die brandpunt of fokus van die lens genoem en word met die letter F aangedui in die figuur hiernaas. Die fokusafstand word met f aangedui. ’n Stelsel met ’n korter fokusafstand het groter optiese krag as een met ’n lang fokusafstand; dit buig die ligstrale meer en laat hulle op ’n korter afstand fokus.
Meestal in fotografie en altyd in teleskopie, waar die voorwerp ver weg is, lei ’n langer fokusafstand (laer optiese krag) tot ’n groter vergroting en ’n kleiner gesigshoek; daarenteen word ’n korter fokusafstand of groter optiese krag verbind met ’n groter gesigshoek.
Die fokusafstand van kameras word gewoonlik in millimeter (mm) aangedui, maar sommige ouer lense is in sentimeter (cm) of duim gemerk.
Die fokusafstand bepaal hoe groot die lens verafgeleë voorwerpe uitbeeld. ’n Lens met ’n fokusafstand van omtrent so lank as die diagonale lengte van die film of sensor word beskou as ’n "normale lens" omdat dit ’n normale perspektief van die toneel gee. Vir 35 mm-kameras is die diagonale lengte van die film 43 mm en ’n tipiese "normale" lens het ’n fokusafstand van 50 mm. ’n Lens met ’n korter fokusafstand as normaalweg word dikwels ’n wyehoeklens genoem (35 mm en korter vir 35 mm-kameras), terwyl lense met ’n baie lang fokusafstand dikwels ’n telefotolens genoem word (85 mm en langer vir 35 mm-kameras).
Fotografie |
---|
Beeldsensor • Beligting • Daguerreotipe • Digitale kamera • Donkerkamer • EF-lenspassing • Enkellensreflekskamera • F-nommer • Film • Filmspoed • Fokus • Fokusafstand • Intreepupil • Kamera • Lensopening • Lensopeningprioriteit • Pentaprisma • Professionele videokamera • Reël van derdes • RGB-kleurmodel • Sluiterprioriteit • Sluiterspoed • Telefotolens • Veelvoudige beligting • Velddiepte • Wyehoeklens Geomerking • Groepering • Holografie • Natuurfotografie • Selfie • Snelreeksfotografie • Wildfotografie 35 mm ekwivalente fokuslengte • CMYK-kleurmodel • Kleurtemperatuur • Rooi-oogeffek • Swart-en-wit • Zoemlens |
Wysig hierdie sjabloon |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Fokusafstand, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.