'n Professionele videokamera (dikwels 'n televisiekamera genoem, selfs al is die gebruik reeds verder as televisie versprei) is 'n hoëvlaktoestel vir die skep van elektroniese bewegende beelde (eerder as 'n filmkamera, wat voorheen beelde op film vasgelê het).
Oorspronklik ontwikkel vir gebruik in TV-ateljees, word hulle nou ook gebruik vir musiekvideos, direkte-tot-videoflieks, korporatiewe en opvoedkundige video's, trouvideo's, ens. Sedert die 2010s is die meeste professionele video-kameras wel professionele digitale videokameras.
Met die koms van digitale video-opname in die 2000's, het die onderskeid tussen professionele videokameras en rolprentkameras verdwyn.
Die vroegste video-kameras was meganiese skandeerders wat in gebruik was in die 1920's en 1930's tydens die tydperk van meganiese televisie. Verbeterings in videokamerabuise in die 1930's het die era van elektroniese televisie ingelui. Vroeëre kameras was baie groot toestelle, byna altyd in twee afdelings verdeel. Die kamera-afdeling het die lens, buisvoorversterkers en ander noodsaaklike elektronika gehuisves, en is gekoppel aan 'n groot-deursnee multikernkabel aan die res van die kamera-elektronika, wat gewoonlik gemonteer was in 'n aparte kamer in die ateljee, of in 'n nabygeleë vragmotor. Die kamerakop kon nie 'n videobeeldsein op sy eie voortbring nie. Die videosein is na die ateljee versend vir skakeling en uitsending. Teen die jare vyftig het elektroniese miniaturisasie gevorder tot die punt waar sommige monochroom kameras alleenstaande kon funksioneer of selfs met die hand vasgehou kon word. Maar die ateljee-opset het dieselfde gebly, met die groot kabeloordrag van seine terug na die kamera beheereenheid (CCU). Die CCU was op sy beurt gebruik om die kamerafunksies te beheer, soos blootstelling, tydsberekening in die stelsel, video en swart vlakke.
Die eerste kleurkameras (1950's in die VSA en vroeë 1960's in Europa), veral die RCA TK-40/41 reeks, is veel meer kompleks met hul drie (en in sommige modelle vier) opneembuise, nadat hul grootte en massa drasties toegeneem het. Draagbare kleurkameras was nie in algemene gebruik tot die vroeë 1970's nie – die eerste generasie kameras was verdeel in 'n kamerahoofeenheid (die liggaam van die kamera, wat die lens en die opnamebuise, en gedra op die skouer of 'n liggaamstut aan die voorkant van die operateur) verbind via 'n kabelbondel na 'n rugsak-CCU (kamerabeheereenheid).
Die Ikegami HL-33, die RCA TK45 en die Thomson Microcam was draagbare tweestuk-kleurkameras in die vroeë 1970's. Vir veldwerk was 'n aparte VTR nog steeds nodig om die kamera se videouitset op te neem. Tipies was dit óf 'n draagbare 1" spoel VTR, of 'n draagbare 3/4" U-matic VCR. Die twee kamera-eenhede is gewoonlik deur die kamera-operateur gedra, terwyl 'n bandoperateur die draagbare opnemer sou dra. Met die bekendstelling van die RCA TK76 in 1976, is kamera-operateurs uiteindelik in staat gestel om die eenstuk-kamera op hul skouers te dra met al die elektronika om 'n uitsending-gehalte saamgestelde videosein te produseer. 'n Aparte videoband opname-eenheid was nog steeds nodig.
Elektroniese nuusdekking (END) kameras vervang die 16 mm-filmkameras vir TV-nuusproduksie van die 1970's af, want die koste van skietery op film was aansienlik meer as die skiet op herbruikbare band. Draagbare videobandproduksie het ook baie vinniger omkeertyd verseker vir die vinnige voltooiing van nuusstories, in vergelyking met die behoefte om film eers chemies te moet ontwikkel voor dit vertoon of geredigeer kon word.
In die laat 1990's, toe HDTV-uitsaai begin het, is HDTV-kameras in gebruik geneem wat geskik was vir nuus en algemene gebruik. Al het hulle 'n baie beter beeldgehalte, was hul algehele operasie identies aan hul standaarddefinisie voorgangers. Nuwe metodes van opname is vir digitale kameras ingestel om videobandkameras te vervang. Ikegami en Avid het "EditCam" in 1996 ingestel, wat gebaseer is op uitruilbare hardeskyf. Panasonic het V2 kameras bekendgestel. Hierdie het 'n DVCPro sein op verwisselbare geheuemedia opgeneem. Verskeie ander dataopnamestelsels is vrygestel, soos XDCAM van Sony. Sony het ook SxS (S-by-S), 'n flitsgeheue standaard wat voldoen aan die Sony- en Sandisk-geskepte ExpressCard standaard. Uiteindelik het flitsgeheue grootliks ander vorms van mediaopname vervang.
In die jare 2000's het groot vervaardigers soos Sony en Philips hul nuutste professionele digitale videokameras vrygestel. Hierdie kameras gebruik CCD-sensors en het video digitaal opgeneem op flitsgeheue. Dit is opgevolg deur digitale HDTV-kameras. Sedert digitale tegnologie verbeter het en ook as gevolg van digitale televisie-uitsendings, het professionele digitale videokameras dominant geword in televisie-ateljees, END, EFP en selfs in ander gebiede sedert die 2010's.
Die meeste professionele kameras maak gebruik van 'n optiese prismablok direk agter die lens. Hierdie prismablok skei die beeld in die drie primêre kleure, rooi, groen en blou, en stuur elke kleur na 'n aparte ladinggekoppelde toestel (CCD) of aktiewe piekselsensor (CMOS beeldsensor), gemonteer op die aansigvlak van elke prisma.
Die meeste televisie-ateljeekameras staan op die vloer, gewoonlik met pneumatiese of hidrouliese meganismes genoem voetstukke om by die hoogte aan te pas, en is gewoonlik op wiele. Enige videokamera wat gebruik word saam met ander videokameras in 'n meervoudige kamera-opstel word beheer deur 'n toestel bekend as 'n CCU (kamerabeheereenheid), wat verbind is via 'n Triax, optiese vesel, of die nou byna-uitgediende multikernkabel. Die CCU saam met genlock en ander toerusting word geïnstalleer in die produksiebeheerkamer (PCR) (dikwels bekend as die galery) van die televisie-ateljee. Wanneer dit gebruik word buite 'n formele televisie-ateljee en in buite-uitsaai (OB), is hulle dikwels op driepote wat wiele het of nie (afhangende van die model van die driepoot). Aanvanklike modelle gebruik analoogtegnologie, maar is nou verouderd, verdring deur digitale modelle. Ateljeekameras is lig en klein genoeg om van die voetstuk afgetel te word en gebruik te word op die kameraman se skouer.
END (elektroniese nuusdekking) video-kameras was oorspronklik ontwerp vir gebruik deur die nuuskamera-operateurs. Terwyl hulle 'n paar ooreenkomste het met die kleiner verbruiker camcorder, verskil hulle ook in verskeie opsigte van mekaar:
Elektroniese veldproduksie kameras is soortgelyk aan ateljeekameras in dat hulle hoofsaaklik gebruik word in verskeie kamerageskakelde konfigurasies, maar buite die ateljeeomgewing, vir konserte, sport en lewendige nuusdekking van spesiale gebeure. Hierdie veelsydige kameras kan op die skouer gedra word, of gemonteer word op kameravoetstukke en hyskrane, met die groot, baie lang fokuspunt zoemlense gemaak vir ateljeekamera montering. Hierdie kameras het geen opnamevermoë op hul eie nie, maar stuur hulle seine terug na die uitsendingvragmotor deur middel van optiese vesel of die feitlik uitgediende multikernkabel.
Afstandbeheerde kameras is gewoonlik baie klein kamerahoofde ontwerp om deur afstandbeheer bedryf te word. Ten spyte van hul klein grootte, is hulle dikwels in staat tot dieselfde prestasie as die groter ENG en EFP tipes.
Blokkameras word so genoem omdat die kamera se kop 'n klein blok is, dikwels kleiner as die lens self. Sommige blokkameras is heeltemal self-toegerus, terwyl ander net die sensorblok en sy pre-amp bevat, en benodig dus 'n aparte kamerabeheereenheid om dit te bedryf. Al die funksies van die kamera kan van 'n afstand af beheer word, en dikwels is daar ook 'n fasiliteit vir die beheer van die lensfokus en zoom. Hierdie kameras word gemonteer op pan- en kantelhoofde, en kan geplaas word in 'n stilstaande posisie, soos bo-op 'n paal, 'n toring of in die hoek van 'n uitsaaiplek. Hulle kan ook geplaas word op robotdollies, aan die punt van kamerapote en hyskrane, of "gevlieg" in 'n kabelondersteunde harnas, soos in die illustrasie getoon.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Professionele videokamera, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.