Digitaal

Digitale data, in inligtingsteorie en inligtingstelsels, is inligting wat voorgestel word as 'n string diskrete simbole, wat elkeen een van slegs 'n eindige aantal waardes uit een of ander alfabet kan aanneem, soos letters of syfers.

'n Voorbeeld is 'n teksdokument wat uit 'n string alfanumeriese karakters bestaan. Die mees algemene vorm van digitale data in moderne inligtingstelsels is binêre data, wat voorgestel word deur 'n string binêre syfers (bissies) wat elk een van twee waardes kan hê, óf 0 óf 1.

Digitaal
'n Digitale sein (in rooi).

'n Digitale stelsel gebruik diskrete (dit wil sê nie aaneenlopende) waardes om inligting te verteenwoordig vir toevoer, verwerking, versending, stoordoeleindes ensovoorts. In teenstelling hiermee gebruik nie-digitale oftewel analoogstelsels 'n aaneenlopende reeks waardes om inligting te verteenwoordig. Alhoewel digitale voorstellings diskreet is, kan die inligting wat dit verteenwoordig of diskreet wees, soos syfers en letters of aaneenlopend wees soos in die geval van klanke, beelde en ander mates van kontinue stelsels.

Die woord digitaal kom van die latynse woord “digitus” wat vinger beteken en word gebruik omdat vingers gebruik word om diskreet te tel.

Die woord digitaal word veral gebruik in die rekenaarwese en elektronika, veral in die geval waar inligting omgeskakel word na 'n binêre numeriese vorm soos in die geval van digitale oudio en digitale fotografie. Sulke datadraende seine dra elektroniese of optiese polse waarvan die amplitude of 'n 1 of 'n 0 kan verteenwoordig.

Verwysings

Tags:

AlfabetBinêre getallestelselBisInligtingsteorieLetterSimboolSyfer

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WetenskapProvinsies van Suid-AfrikaRomeinse RykKlem-in-die-kaakKindermishandelingVigsAustraliëSuid-AfrikaNetbalEskomApartheidGrondPesachJan van RiebeeckVaste stofKlimaatveranderingBipolêre gemoedsteuringPlae van EgipteMoskouRassisme in AfrikaKapitalismeLys van NG gemeentesSokkerVrugbaarheidLionel MessiLys van nedersettings in Suid-AfrikaWieg van die MensdomDie Stem van Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureJohan VorsterDataverwerkingDwelmmiddelHamburgerMiddelmisbruikKlinkerBeroerteNasionale lied van Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse skrywersDirekte en Indirekte redeKapitaal (ekonomie)AnilingusMarsBraaiTransatlantiese slawehandelKompasKappie (skryfteken)Beëdigde verklaringStollingsgesteenteMensOlimpiese Somerspele 2024Aborsie in Suid-AfrikaSpelerposisies in rugbyPastoorMagnetismeSimboolXHTMLToestand van materieHannes van WykArmoedeverligtingKriekSkerpioenBesoedelingKarakteriseringBelastingBerilliumSeksualiteitRina HugoIronieThomas EdisonKatoenJuraEkologieHematurieDans🡆 More