Donkerkamer

’n Donkerkamer is ’n kamer wat pikdonker gemaak kan word vir die ontwikkeling van ligsensitiewe fotografiese materiale, soos fotografiese film en papier.

Donkerkamers bestaan al sedert die begindae van fotografie in die vroeë 19de eeu.

Donkerkamer
’n Donkerkamer by ’n hoërskool.
Donkerkamer
Die fotograaf kan in die donkerkamer werk onder ’n kleurlig waarvoor die papier nie sensitief is nie, soos ’n rooi lig.

Weens die ingewikkelde ontwikkelings- en afdrukprosesse wat by kleurfotografie betrokke is, asook die ontwikkeling van eers Polaroid-tegnologie en later digitale kameras, neem donkerkamers se gewildheid af, hoewel hulle nog algemeen aangetref word by skole, kolleges en in die ateljees van professionele fotograwe.

Werking

Die middelpunt van ’n donkerkamer is die vergroter, ’n optiese apparaat soortgelyk aan ’n skyfieprojektor. Lig van ’n afgeskermde ligbron skyn vir ’n paar sekondes deur die negatief en ’n vergrote beeld val op ’n vel liggevoelige papier. In dié tyd kan spesiale effekte aangebring word deur dele byvoorbeeld te onder- of oorbelig. Die papier gaan dan deur ’n reeks baddens om dit te ontwikkel en fikseer. Die foto word hierna afgespoel en droog gemaak.

Film kan ook in ’n donkerkamer uit die kamera of kasset gehaal word, want algehele donkerte is daarvoor nodig.


Donkerkamer  Fotografie

Beeldsensor • Beligting • Daguerreotipe • Digitale kamera • Donkerkamer • EF-lenspassing • Enkellensreflekskamera • F-nommer • Film • Filmspoed • Fokus • Fokusafstand • Intreepupil • Kamera • Lensopening • Lensopeningprioriteit • Pentaprisma • Professionele videokamera • Reël van derdes • RGB-kleurmodel • Sluiterprioriteit • Sluiterspoed • Telefotolens • Veelvoudige beligting • Velddiepte • Wyehoeklens

Geomerking • Groepering • Holografie • Natuurfotografie • Selfie • Snelreeksfotografie • Wildfotografie

35 mm ekwivalente fokuslengte • CMYK-kleurmodel • Kleurtemperatuur • Rooi-oogeffek • Swart-en-wit • Zoemlens

Wysig hierdie sjabloon

Tags:

19de eeuFilmFotografie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DermpoliepAfvalbestuurMenslike skeletLys van Afrikaanse televisiereeksePornhubWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaFotoSeptimius FundOorlogYsterKwikGewone breukePieter Duvenage7de LaanSteenkoolShakaRocco SiffrediGeelsugVoorsetselTjelloRuteniumDolfynDrinkwatervoorsieningBeurtkragOorkruipersInsekNelson MandelaAarverkalkingBasterhartbeesBevolkingTandbederfHamilton WesselsLiefdeFranse RewolusieGewoonteKrugerwildtuinBaardskeerder-spinnekopVolksrepubliek ChinaSkildklierSmall HandsSlag van Cuito CuanavalePornografiese akteurGeografie van Suid-AfrikaJan Willem JanssensMandaryn-ChineesOrthopteraJesus van NasaretRoemeensStaalOmtrek, oppervlakte en volumeGordelroosPresident van die Verenigde State van AmerikaFotosinteseEnsiklopedieWitkruisarendGoogle MapsSwangerskapArgentiniëEugenetikaBergen-Belsen-konsentrasiekampGeslagKinderregteKoorsJohan StemmetCovid-19-pandemieAnrich HerbstTrianthemaGeskiedenis van erotiese afbeeldingsOogproblemeKaaps-Hollandse styl🡆 More