Intreepupil

In ’n optiese stelsel is die intreepupil die optiese beeld van die fisieke lensopening, soos gesien deur die voorkant van die lensstelsel.

Die ooreenstemmende beeld van die lensopening soos gesien deur die agterkant van die lens, word die uittreepupil genoem. Optiese elemente voor die lensopening sal ’n vergrote of verkleinde beeld skep en die werklike grootte en posisie van die lensopening sal dus verskil van dit wat gesien word. Die intreepupil is net ’n virtuele beeld: dit lê agter die eerste optiese oppervlak van die stelsel.

Intreepupil
’n Kameralens met ’n groot en klein lensopening. Die intreepupil is die beeld van die fisieke opening, soos gesien deur die voorkant van die lens.
Intreepupil
Die oënskynlike ligging van die menslike pupil (swart sirkel) is die oog se intreepupil. Die pupil self is op ’n effens ander plek geleë as wat dit lyk vanweë die vergroting wat deur die kornea veroorsaak word.

Fotografie

In fotografie word die grootte van die intreepupil (eerder as die grootte van die fisieke opening) gebruik om die oop- en toemaak van die diafragma-opening te kalibreer. Die f-nommer (relatiewe lensopening), N, word gedefinieer as N = f/EN, waar f die fokusafstand en EN die deursnee van die intreepupil is.

As die fokusafstand van ’n lens verhoog word (dus ingezoem word), sal die f-nommer gewoonlik toeneem en die ligging van die intreepupil verder terug op die optiese as skuif.

Menslike oog

Die intreepupil van die menslike oog (wat nie presies dieselfde as die pupil is nie) is gewoonlik sowat 4 mm in deursnee. Dit kan wissel van 2 mm (f/8.3) op ’n goed verligte plek tot 8 mm (f/2.1) in die donker.

Verwysings


Intreepupil  Fotografie

Beeldsensor • Beligting • Daguerreotipe • Digitale kamera • Donkerkamer • EF-lenspassing • Enkellensreflekskamera • F-nommer • Film • Filmspoed • Fokus • Fokusafstand • Intreepupil • Kamera • Lensopening • Lensopeningprioriteit • Pentaprisma • Professionele videokamera • Reël van derdes • RGB-kleurmodel • Sluiterprioriteit • Sluiterspoed • Telefotolens • Veelvoudige beligting • Velddiepte • Wyehoeklens

Geomerking • Groepering • Holografie • Natuurfotografie • Selfie • Snelreeksfotografie • Wildfotografie

35 mm ekwivalente fokuslengte • CMYK-kleurmodel • Kleurtemperatuur • Rooi-oogeffek • Swart-en-wit • Zoemlens

Wysig hierdie sjabloon

Tags:

Optika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AnilingusDroomUnited Democratic FrontMarga van RooyIntensiewe vormSeksposisieRooikatInternetMarita NapierSuider-AfrikaKolonoskopieKinderregteFinlandJerusalemDiplopodaLys van woestyneGrasfamilieWiki CommonsOrthopteraGianna MichaelsJeugdagBelgiëOopbroninhoud26 MaartSolidariteitBruin huisslangGuillain-Barré-sindroomBloedsomloopstelselGordelroosSuid-Afrikaanse WeermagProstaatkankerNederduitse Gereformeerde KerkGebande muishondInsekAnette EngelbrechtWortelkanaalHemelvaartsdagDermpoliepOrtopedieRynhesseTolla van der MerweMieliestronkSterBatmanNasiebouSuikersiekteMaanNamakwalandGemengde ekonomieUniversiteit StellenboschSpelerposisies in rugbyAmalia UysErnstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2Noord-KaapTikTokKolorektale kankerBoet TroskieGoeie VrydagVolumeEier (biologie)Nieu-SeelandOntbinding van die SowjetunieVuurPlae van EgipteWaverEoraptorBaltimoreLys van politieke partye in Suid-AfrikaSwangerskapDemensieMarkus JoosteHeup🡆 More