Daguerreotipe

Daguerreotipe (ook genoem daguerreotipie) is ’n fotografiese proses wat in 1839 deur die Franse uitvinder en fotograaf Louis-Jacques-Mandé Daguerre bekend gestel is – die eerste sodanige proses wat algemeen gebruik is.

Teen die vroeë 1860's het ander prosesse wat goedkoper was en korter beligtingstye moontlik gemaak het, dit feitlik heeltemal vervang.

Daguerreotipe
’n Daguerreotipe van Louis Daguerre in 1844, deur Jean-Baptiste Sabatier-Blot.

Die daguerreotipe-beeld word gemaak op gejodeerde silwer of versilwerde koperplaatjies wat onder ’n veiligheidslig blootgestel word aan halogeengasse. Die plaat word dan na die kamera gedra in ’n ligdigte houer. Wanneer die deklaag verwyder word, word die gesensiteerde oppervlak aan die beeld blootgestel wat deur die lens in die donker kamera geprojekteer word. So word ’n onsigbare, latente beeld op die plaat geskep wat dan ontwikkel word deur dit aan kwikdampe bloot te stel.

Ná die ontwikkeling word die liggevoeligheid van die plaat stopgesit deur die oorblywende silwerhalogenide te verwyder. Daarna word ’n goudchloriedoplossing op die beeld aangebring en dit word vir ’n kort rukkie oor ’n vlam verhit, en dan afgespoel en droog gemaak. Selfs ná hierdie ingewikkelde proses is die oppervlak steeds baie delikaat en die silwer kan aanslaan weens blootstelling aan lug; daarom moet die plaat in ’n lugdigte houer onder glas gebêre word.

Verskeie soorte antieke foto's word soms verkeerdelik daguerreotipes genoem, veral wanneer hulle in klein, versierde houers voorkom soos dié waarin daguerreotipes gewoonlik gebêre is. Die term verwys egter net na foto's wat met die bogenoemde metode ontwikkel is – ’n proses wat net tussen die 1840's en die laat 1850's algemeen gebruik is.

Verdere leesstof

  • Newhall, Beaumont The Daguerreotype in America ISBN 0486233227 ISBN 978-0486233222 Dover Publications.
  • Gernsheim, Helmut en Gernsheim, Alison. L.J.M. Daguerre: the history of the diorama and the daguerreotype. New York: Dover Publications, 1968. ISBN 0-486-22290-X
  • Coe, Brian. The birth of photography: the story of the formative years, 1800–1900. Londen: Ash & Grant, 1976. ISBN 0-904069-06-0.
  • Richter, Stefan. The art of the daguerreotype. Londen: Viking, 1989. ISBN 0-670-82688-X.

Eksterne skakels


Daguerreotipe  Fotografie

Beeldsensor • Beligting • Daguerreotipe • Digitale kamera • Donkerkamer • EF-lenspassing • Enkellensreflekskamera • F-nommer • Film • Filmspoed • Fokus • Fokusafstand • Intreepupil • Kamera • Lensopening • Lensopeningprioriteit • Pentaprisma • Professionele videokamera • Reël van derdes • RGB-kleurmodel • Sluiterprioriteit • Sluiterspoed • Telefotolens • Veelvoudige beligting • Velddiepte • Wyehoeklens

Geomerking • Groepering • Holografie • Natuurfotografie • Selfie • Snelreeksfotografie • Wildfotografie

35 mm ekwivalente fokuslengte • CMYK-kleurmodel • Kleurtemperatuur • Rooi-oogeffek • Swart-en-wit • Zoemlens

Wysig hierdie sjabloon

Tags:

Beligting (fotografie)FotografieLouis-Jacques-Mandé Daguerre

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VulvaMorfeemGenadedoodErfenisdag (Suid-Afrika)GautengDriedimensioneelHerfsWinterPuberteitWeer (meteorologie)WelwitschiaAluminiumPseudowetenskapNelson MandelaNasionalismeTamatieGeskiedenis van Suid-AfrikaKlimaatsverandering in AfrikaVars waterWoestynSwartkwasmuishondMateriaalMuishondVrymesselaryRomanWêreld- Ekonomiese ForumInstagramMandalaTydsoneNedersettingKaapse VlaktePizzaKaapstadse waterkrisis 2015-2018BloedsomloopstelselMetafoorOlimpiese SomerspeleCalviniaKlankVlekvrye staalAngina pectorisSpinnekopMosambiekOutismeVoegwoordDurbanJo BlackHomoniemYouTubeNetbalLodewyk XVI van FrankrykGetalGedigDigvormWolkSkaakOlimpiese SpeleSosiale mediaWetenskapWeervoorspellingGipsMoslemMondKonjunktivitisLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Eerste WêreldoorlogVloeistofVerkleinwoordLys van bekende Suid-AfrikanersWet op BevolkingsregistrasieHartversakingInnes en Franna BenadéRosa ParksGlobaliseringVulkaanGeografie van Suid-AfrikaCovid-19-pandemieMynbouTegnologie🡆 More