Flaminkplant

Die flaminkplant of Anthurium scherzerianum is ’n spesie in die aronskelkfamilie, Araceae.

Dit is ’n gewilde huisplant. Die flaminkplant is ’n kruidagtige plant sonder opstaande stingels. Alle blare is grondstandig en het lang, stewige stele. Die blare is tot 30 x 8 cm groot, gespits, leeragtig en donkergroen.

Flaminkplant
Flaminkplant
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Embryophyta
Klas:
Spermatopsida
Orde:
Alismatales
Familie:
Genus:
Anthurium

(Schott, 1857)
Spesie:
A. scherzerianum
Binomiale naam
Anthurium scherzerianum

Die plant kom natuurlik voor van die Amasonebekken tot in Guatemala. Dit verkies warm, vogtige toestande en moenie in ’n trek staan nie.

Eienskappe

Die skutblaar is glad, skarlakenrooi en eier- of hartvormig. Die blomme is baie klein en is slegs as wit puntjies sigbaar. Die ryp, geel, eiervormige bessies staan dig opmekaar in die bloeikolf.

Soms word plante as flaminkplante te koop aangebied wat eintlik hibriede is van dié soort en Anthurium williamsii. Hierdie hibriede het wit, oranje of rooi skutblare.

Probleme

Swamsiekte en wolluise kan voorkom. As die toestande in die winter te koud en nat vir hulle is, kan die blare geel en verlep lyk.

Nes ander aronskelkplante is die flaminkplant giftig weens kalsiumoksalaatkristalle. As dit ingesluk word, kan dit die slymvlies irriteer en die sap kan ’n pynlike veluitslag veroorsaak.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Flaminkplant EienskappeFlaminkplant ProblemeFlaminkplant VerwysingsFlaminkplant Eksterne skakelsFlaminkplant

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Pubiese hareVolhoubare ontwikkelingNarsistiese persoonlikheidsteuringEgipteWeer (meteorologie)BobbejaanOntsteking (geneeskunde)Apple Inc.SenuweestelselDramaGoogle TranslateWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaLabia (geslagsdele)VoornaamwoordWaarheid-en-versoeningskommissieGWynand du ToitPreseminale vloeistofNeo-FascismeBernice WestBybelLongontstekingVoorsetselKanadaRussiese inval in Oekraïne, sedert 2022McDonald'sXenofobie in Suid-AfrikaBedreigde spesieNatuurlike hulpbronDie SeksSirkusApokriewe boekeOrale seksTuisbladProstaatkankerGrondbesoedelingBakterieJaarKoekie (rekenaarwetenskap)AfghanistanCyril RamaphosaDierSodomieVyfsterTaylor SwiftLetterlike en figuurlike taalgebruikEmily HobhouseOnse VaderNieregeringsorganisasieMenslike seksuele gedragJesus van NasaretKlimaatBlouGerrie PretoriusGeskiedenis van die KaapkolonieDie Real Housewives van die WynlandeDroogteGalblaasNatalie du ToitSlotmasjienProstaatklierKokerboomHondErdwurmBobby van JaarsveldEreksieSalamanderVleesbaaiSiener van RensburgBloeddrukLukasrandtoringTolla van der MerweSeksuele fetisjismeFanie OlivierKain en Abel🡆 More