In biologie is ’n hibried of kruising die nakomeling van twee diere of plante van verskillende rasse, variëteite, spesies of genera.
Dit kan met behulp van genetikaterminologie soos volg gedefinieer word:
Uit ’n taksonomie-oogpunt verwys die term hibried na:
Na gelang van die ouers is daar verskeie soorte hibriede:
Interspesifieke hibriede word geteel deur twee spesies te kruis, gewoonlik binne dieselfde genus. Die nakomelinge het eienskappe van albei ouers. Dié nakomelinge is dikwels steriel; dit verhoed die beweging van gene van een spesie tot ’n ander, en so bly albei spesies uniek. Steriliteit word dikwels toegeskryf aan die verskillende getalle chromosome van die betrokke twee spesies – donkies het byvoorbeeld 62 chromosome, perde 64 en muile 63. Muile en ander steriele kruisings kan nie kiemkragtige gamete produseer nie omdat verskille in die chromosoomstruktuur die regte afparing en segregasie tydens meiose voorkom; kiemkragtige sperm- en eierselle kan dus nie gevorm word nie. Tog is vrugbaarheid al opgemerk by ’n vroulike muil met ’n donkie as pa.
Dikwels help ander prosesse ook dat gamete geïsoleer en spesies afsonderlik bly. Spesies het dikwels verskillende paar- of hofmakingspatrone en -gedrag of die paarseisoene kan verskil. Selfs al vind paring plaas, verhoed antigeniese reaksies op die sperma van ander spesies bevrugting of embrio-ontwikkeling. Verbastering is meer algemeen by organismes wat hul saad blindelings voortbring, soos sagte korale en plante.
Hoewel dit moontlik is om die genetiese samestelling van ’n terugkruising "oor die algemeen" te voorspel, kan ’n mens dit nie met ’n spesifieke individuele terugkruising doen nie weens lukrake segregasie van chromosome. In ’n spesie met twee pare chromosome kan voorspel word dat ’n dubbele terugkruising 12,5% van die een spesie se genoom sal hê (sê maar spesie A). Dit kan egter steeds ’n 50%-hibried wees as die chromosome van spesie A gelukkig genoeg was om twee agtereenvolgende segregasies te ondergaan en meiotiese oorkruisings naby die telomere plaasgevind het. Die kans hiervan is taamlik groot: (waar 2 x 2 die resultaat van twee rondes meiose met twee chromosome voorstel); dié moontlikheid neem egter aansienlik af wanneer chromosoomgetalle toeneem en die werklike samestelling van ’n hibried kan dus al hoe nader aan die voorgestelde samestelling kom.
Die naam van die ouerspesies word gewoonlik vermeng wanneer ’n hibried ’n naam kry. "Sedonk" is byvoorbeeld ’n kruising tussen ’n sebra en ’n donkie.
Die mens skep baie hibridiese plante, maar natuurlike kruisings vind ook plaas. Plantspesies ondergaan makliker verbastering as diere, en die nakomelinge is meer dikwels vrugbaar. Daar is egter ook steriele hibriede onder plante.
Baie plantspesies word oor en weer bestuif en sommge ontwikkel kiemkragtige sade. Spesies bly egter uniek dansky geografiese afsondering of verskille in blomtye. Omdat dit maklik is om plante te kruis, skep die mens dikwels beter soorte plante, byvoorbeeld plante met meer of groter sade, vrugte of ander plantdele; plante wat meer gehard is in koue of hitte; of mooier plante vir tuinboudoeleindes. Baie werk word tans gedoen om plante vir landbou- en tuinboudoeleindes meer bestand te maak teen siektes. In baie plantgroepe word kruising gebruik om groter, mooier of kleurryker blomme te produseer.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Hibried, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.