Taylor Swift: Amerikaanse sanger-liedjieskrywer (gebore 1989)

Taylor Alison Swift (gebore 13 Desember 1989) is 'n Amerikaanse country-pop-sangeres en -liedjieskryfster.

In 2006 het sy haar gelyknamige debuutalbum vrygestel. Haar tweede album, Fearless, het twee jaar later verskyn en die enkelsnit "Love Story" was die country-lied wat die meeste teen betaling afgelaai is en die eerste country-lied wat die Billboard Mainstream Top 40-ranglys gehaal het. Haar volgende album, "Speak Now", is in 2010 vrygestel. Een van haar liedjies "Today was a Fairytale" is in die fliek "Valentines Day" gebruik en Taylor het self in die fliek gespeel.

Taylor Swift
Taylor Swift: Biografie, Persoonlike lewe, Diskografie
Taylor Swift by die 2019 American Music Awards
Agtergrondinligting
GeboortenaamTaylor Alison Swift
Ook bekend asNils Sjöberg
Gebore13 Desember 1989 (1989-12-13) (34 jaar oud)
West Reading, Pennsilvanië, Verenigde State
OorsprongWyomissing, Pennsilvanië
GenresCountry, Country pop, pop
Beroep(e)Sanger-liedjieskrywer, regisseur
InstrumenteStem, kitaar, klavier, ukelele, banjo
Jare aktief2006 – tans
EtiketteBig Machine, Republic Records
AssosiasiesKellie Pickler, Jonas Brothers, Brad Paisley, Tim McGraw, Faith Hill, Rascal Flatts, George Strait, Gloriana
Webwerftaylorswift.com

Biografie

Taylor Swift is op 13 Desember 1989 in West Reading in Pennsilvanië, VSA as die enigste dogter van Scott Kingsley Swift en Andrea Gardner Finlay gebore. Sy het ‘n jonger broer, Austin Kingsley Swift wat op 11 Maart 1992 gebore is. Haar pa is ‘n aandelemakelaar en finansiële adviseur en word later die vise-president van sy eie finansiële adviseringsgroep, die Swift-groep, wat hy in 1981 in Wyommising, Pennsilvanië gestig het. Dié groep is deel van die welvaartbestuurs-maatskappy, Merrill (vroeër Merrill Lynch) waarby hy in 1980 aangesluit het. Haar ma was eers ‘n bemarkingsbestuurder by ‘n advertensie-agentskap, maar het ‘n tuisbly-ma geword met die geboortes van haar twee kinders. Beide ouers se finansiële en bemarkingsagtergronde het hul goed te pas gekom in hul dogter se loopbaan waar beide as deel van haar span ‘n belangrike rol speel. Haar broer is ‘n akteur en vryskutfotograaf en was al die vervaardiger van enkele van Swift se video’s : '’Folklore: The Long Pond Studio Sessions’’ en '’I Bet You Think About Me (Taylor’s Version)'’. Met haar geboorte het haar pa ‘n plaas, ‘’Pine Ridge Farm’’, nie ver van af Wyomissing en Reading geleë nie, van ‘n kliënt gekoop waar kersbome kommersieel gekweek is, wat hy egter in 2004 weer verkoop het. Sy vertel in ‘n 2014-onderhoud met Scott Raab dat die plaas haar pa se stokperdjie was en dat hy vier ure vroeër sou opstaan om die veld met sy trekker te sny. Sy voeg by dat die gesin elkeen ‘n taak gehad het, en dat hare van vyf- tot tienjarige ouderdom was om hottentotsgot eierkapsules van die bome wat mense gekoop het te verwyder, ". . . sodat die goggas nie in die mense se huise uitbroei nie. Die enigste rede waarom dit my werk was, was omdat ek te klein was om bome te help lig. Dit was so ‘n vreemde plek om op te groei, maar dit het hierdie onnatuurlike vlak van opwinding oor herfs en dan die feesseisoen in my gesementeer.” Sy vertel dat haar vriende haar gepraat oor ‘n komende herfs nie kan kleinkry nie. In 2018 het sy weer die plaas besoek, terwyl sy in Pennsilvanië was vir haar '’Reputation Stadium’’-toer. Sy het foto’s op die sosiale webwerf, Instagram gedeel waar sy voor ‘n klein skuurtjie staan terwyl sy ‘n fotoalbum vashou wat ‘n foto van haarself as klein dogtertjie voor dieselfde skuurtjie toon en sy en ‘n paar van haar beroemde vriendinne in haar ou slaapkamer op die mat sit.

Na ‘n paar jaar het die gesin na ‘n woning, (wat hul in 1997 gekoop het) in die nabygeleë Wyomissing net buite Reading verhuis waar hulle tot 2004 gebly het,

Taylor Swift: Biografie, Persoonlike lewe, Diskografie 
Taylor Swift se kleintydhuis in Wyomissing, Pennsilvanië

Die vyf slaapkamer-huis in Wyomissing word beskryf as enig in sy soort en is in 1929 gebou as ‘n huis vir ‘n vooraanstaande familie, die Lauers, wat in ‘n klipkasteel langsaan gebly het, se skoonfamilie. Dit was eens baie algemeen vir veral invloedryke families om naburige huise vir familielede te bou. ‘n Latere eienaar, Daniel Mashevsky, het tydens restourasie aan die kombuis op ‘n nota, ‘’I love Disney World'’, afgekom. Hoewel hy in daardie stadium onbewus was van Swift, het hy later vermoed dat dit deur haar geskryf is oor ‘n besoek aan Disney World en dat die enkele speelgoed en skoolpapiere wat ook tydens restourasie aan die res van die huis ontdek is aan die twee Swift-kinders behoort het, ten spyte daarvan dat die huis vanaf 2004 tot 2007 deur verskeie huurders bewoon is. Mashevsky het gemerk dat die huis se gewildheid saam met Swift s’n toegeneem het, want mense het begin om voor die huis te poseer en foto’s te neem.

Swift het enkele liedjies geskryf wat deur haar kinderjare in Pennsilvanië geïnspireer is: '’The Best Day’’, '’Christmas Tree Farm’’ en ‘'Seven.

Persoonlike lewe

Swift was in 'n verhouding met die Engelse akteur, Joe Alwyn.

Diskografie

  • Taylor Swift (2006)
  • Fearless (2008)
  • Speak Now (2010)
  • Red (2012)
  • 1989 (2014)
  • Reputation (2017)
  • Lover (2019)
  • Folkore (2020)
  • Evermore (2020)
  • Midnights (2022)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Taylor Swift BiografieTaylor Swift Persoonlike leweTaylor Swift DiskografieTaylor Swift VerwysingsTaylor Swift Eksterne skakelsTaylor SwiftLiedjieskrywer

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BloedsomloopstelselPlae van EgipteMiltShakaTsongaBeëdigde verklaringWeer (meteorologie)RoofvoëlNasiebouAngina pectorisHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalLys van kinderspeletjiesChristendomNG gemeente JansenvilleEkonomie van Suid-AfrikaVloeistofRina HugoHartversakingLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameVrouCalviniaBerghaanKommaTierSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Preseminale vloeistofHomofoonOorstromingSint JorisdagInligtingSinoniemAppel (sanger)JavaScriptWapen van Suid-AfrikaTurkyeSpysverteringstelselGeografie van Suid-AfrikaKatoenHadedaHeuningbyWerkloosheidHemelvaartsdagKappie (skryfteken)AfkortingPikkewynSuid-Afrikaanse randBeeldspraakWelwillendheidsdagGrondbesoedelingErosietipesWiskundeEnsiklopedieSlangAnneli van RooyenProteïenMandalaJakkalsGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaHamburgerGrondwet van Suid-AfrikaMantisOrtopedieKlimaatOu Apostoliese KerkArendProksemikaDuitsLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsAppendiksSeksSkarlakenkoorsFraktuurSuid-Afrikaanse GrensoorlogMurunwa MakwarelaMorfeemHokkieTrigeminale neuralgie🡆 More