Dinocephalia

Dinocephalia, of die dinosefaliërs, is ’n klade vroeë, swaarlywige terapsides wat vir ’n kort tyd in die Middel-Perm, tussen 270 miljoen en 260 miljoen jaar gelede, floreer het.

Hulle het daarna uitgesterf en geen nakomelinge agtergelaat nie. Daar was plant-, vleis- en allesvreters. Baie spesies het verdikte skedels gehad met baie knoppe em benerige uitsteeksels. Fossiele is ontdek in Suid-Afrika, Rusland, China, Brasilië, Zimbabwe en Tanzanië.

Dinocephalia
Tydperk: Middel-Perm, 270–260 m. jaar gelede
Dinocephalia
Struthiocephalus.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Superklas:
Klas:
Orde:
Suborde:
Dinocephalia

(Seeley, 1895)
Klades

Sien teks.

Beskrywing

Dinocephalia 
’n Voorstelling van Moschops capensis.

Benewens die Biarmosuchia is die dinosefaliërs die mins ontwikkelde terapsides, hoewel hulle op hulle manier uniek gespesialiseerd was. Hulle het verskeie primitiewe eienskappe gehad, maar het ook ’n paar terapside-aanpassings gehad, soos die uitbreiding van die ilium en regopper ledemate. Sommige was half aangepas vir ’n waterleefstyl, terwyl ander volle landdiere was.

Hulle was van die grootste diere van die Perm-periode; net die Caseidae en Pareiasauridae was groter.

Van die plantvretende spesies was tot 4,5 meter lank en het tot 2 ton geweeg. Die grootste vleisvreters was net so lank, het swaar skedels van omtrent 80 cm lank gehad en het omtrent ’n halwe ton geweeg.

Evolusiegeskiedenis


Anteosauria

Anteosauridae


Tapinocephalia

Estemmenosuchidae




Styracocephalidae




Titanosuchidae



Tapinocephalidae






Filogenie van Dinocephalia volgens Fraser-King et al., 2019

Die dinosefaliërs was ’n antieke groep en hulle agtergrond is nie duidelik nie. Daar word aangeneem hulle het in die vroeë deel van die tydsnede Roadium ontstaan, of selfs in die Kungurium, maar geen spoor is gevind nie. Die diere se getalle het toegeneem ten koste van die sterwende Pelycosauria, wat in die vroeë Perm oorheers het.

Tydens die Wordium en vroeë Capitanium het gevorderde dinosefaliërs ontwikkel in ’n groot aantal plantvretende vorme en hulle het ’n uiteenlopende megafauna verteenwoordig. Dit is bekend uit die Tapinocephalus-biosone van die Karoo in Suid-Afrika.

Toe hulle diversiteit ’n hoogtepunt bereik (middel- of laat Capitanium) het hulle skielik uitgesterf. Die rede is nie bekend nie, hoewel siektes, ’n skielike klimaatsverandering of ander omgewingsfaktore ’n rol kon gespeel het. Hulle plek is ingeneem deur die veel kleiner terapsides; die plantvretende Dicynodontia en vleisvretende Biarmosuchia, Gorgonopsia en Therocephalia.

Taksonomie

Dinocephalia 
Estemmenosuchus, ’n lid van Estemmenosuchidae.
Dinocephalia 
Anteosaurus, ’n lid van Anteosauria.
Dinocephalia 
Ulemosaurus, ’n lid van Tapinocephalia.
  • KLAS SYNAPSIDA
    • Orde THERAPSIDA
      • Suborde DINOCEPHALIA
        • ?Eccasaurus
        • ?Pelosuchus
        • ?Tappenosaurus
        • Familie Estemmenosuchidae
          • Estemmenosuchus
          • Molybdopygus
          • ?Parabradysaurus
        • ?Familie Phreatosuchidae
          • Phreatosaurus
          • Phreatosuchus
        • ?Familie Phthinosuchidae
          • Phthinosuchus
        • ?Familie Rhopalodontidae
          • ?Phthinosaurus
          • Rhopalodon
        • Klade Anteosauria
          • Familie Anteosauridae
          • Familie Brithopodidae
          • Familie Deuterosauridae
        • Klade Tapinocephalia
          • ?Dimacrodon
          • Familie ?Driveria|Driveriidae
          • Familie ?Mastersonia|Mastersoniidae
          • Familie Styracocephalidae
          • Familie Tapinocephalidae
          • Familie Titanosuchidae

Verwysings

Verdere leesstof

  • Carroll, R.L. (1988), Vertebrate Paleontology and Evolution, WH Freeman & Co.

Skakels

  • Dinocephalia  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.


Tags:

Dinocephalia BeskrywingDinocephalia EvolusiegeskiedenisDinocephalia TaksonomieDinocephalia VerwysingsDinocephalia Verdere leesstofDinocephalia SkakelsDinocephalia

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Impakte van toerismeWorsie VisserCleopatra VIILys van persone in die BybelMIV/vigs in Suid-AfrikaBoesmanRod AlexanderKewerTandbederfBloedsomloopstelselVan Breda-moordePenetrasieLongontstekingSiekteFSoweto-opstandLa NiñaJodeKindersiektesWayde van NiekerkGewone luislangInflasieSeekoeiTasché BurgerVeelrassige pornografieNaaktheidVaginaOttomaanse RykMcDonald'sGeslagsorgaanVoëlVoorvoegselGeografie van Suid-AfrikaElon MuskVisMenstruasieDie CampbellsNoord-KaapKhoisanMenslike seksuele gedragKrimpvarkieSkoonma-se-tongProstaatmasseringMierTaylor SwiftHoër Landbouskool BolandParingWetenskaplike klassifikasieDemi Lee MooreWaterbesparing in Suid-AfrikaPlagiaatPerineumKlipwerfLys van kinderspeletjiesBy1945Google TranslateMosambiekse spoegkobraEekhoringBettie KempAnette EngelbrechtGrootrietrotBloedgroepNonnetjie-uilLewerBloeddrukLeesHartDuitse maselsSuikerbekkiesSkarlakenkoors🡆 More