Dier: Animalia, een van vyf (of soms ses) biologiese koninkryke

Diere behoort tot Animalia, een van vyf (of soms ses) biologiese koninkryke.

Dit word ook Metazoa genoem. Diere is oor die algemeen veelsellige, eukariotiese organismes wat ander organismes eet vir voeding. Die meeste diere kan in die een of ander stadium van hul lewe onafhanklik en spontaan beweeg.

Diere
Tydperk: Cryogenium – tans, 670–0 m. jaar gelede
Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
(geen rang): Unikonta
(geen rang): Obazoa
(geen rang): Opisthokonta
(geen rang): Holozoa
(geen rang): Filozoa
Koninkryk: Animalia
Linnaeus, 1758
Onderkoninkryke

Sien teks

Sinonieme
  • Metazoa
  • Choanoblastaea
  • Gastrobionta
  • Zooaea
  • Euanimalia
  • Animalae

Diere bestaan reeds van die Prekambrium (PreЄ) af, maar die meeste bekende dierefilums het tydens die Kambriese ontploffing, sowat 542 miljoen jaar gelede, in die fossielrekord verskyn. Diere kan oor die algemeen in gewerweldes en ongewerweldes verdeel word. Gewerweldes het ’n ruggraat en maak minder as 5% van alle dierespesies uit. Dit sluit in visse, amfibieë, reptiele, voëls en soogdiere. Die res is ongewerweldes; hulle het nie ’n ruggraat nie. Dit sluit in weekdiere (mossels, oesters, seekatte, pylinkvisse, slakke); geleedpotiges (insekte, spinnekoppe, skerpioene, krappe, krewe, garnale); ringwurms (erdwurms, bloedsuiers), rondewurms, platwurms, neteldiere (jellievisse, seeanemone, korale), ribkwalle en sponsdiere.

Die studie van diere word dierkunde of soölogie genoem.

Etimologie

Die naam "Animalia" kom van die Latynse animalis, wat beteken "het asem", "het ’n siel" of "lewende wese". Die Afrikaanse woord "dier" sluit oor die algemeen mense uit – gewoonlik word soogdiere en ander gewerweldes bedoel. Die biologiese definisie verwys na alle lede van die koninkryk Animalia – so uiteenlopend soos sponse, jellievisse, insekte en mense.

Geskiedenis van klassifikasie

Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe 
Carl Linnaeus is bekend as die vader van moderne taksonomie.

Aristoteles het die lewende wêreld in diere en plante verdeel, en Carl Linnaeus het die eerste hiëragiese klassifikasie ingestel. In Linnaeus se oorspronklike skema was diere een van drie koninkryke, en dit is verdeel in Vermes, Insecta, Pisces, Amphibia, Aves en Mammalia. Sedertdien is die laaste vier verenig onder die filum Chordata.

In 1874 het Ernst Haeckel die diereryk in twee subkoninkryke verdeel: Metazoa (meerselliges) en Protozoa (eenselliges). Die Protozoa is later na die koninkryk Protista geskuif, en Metazoa word nou beskou as ’n sinoniem vir Animalia.

Eienskappe

Diere het verskeie eienskappe wat hulle van ander lewensvorme onderskei. Hulle is eukarioties en meersellig, wat hulle onderskei van bakterieë en die meeste Protista-organismes. Hulle is heterotrofies (verorber ander organismes vir voeding) en verteer kos gewoonlik in ’n interne kamer, wat hulle onderskei van plante en alge. Hulle verskil ook van plante, alge en swamme deurdat hulle nie rigiede selwande het nie.

Alle diere is beweeglik,al is dit net in sekere lewenstadiums. By die meeste gaan embrio's deur ’n blastulastadium (’n kiemblasiestadium wanneer die embrio die vorm het van 'n sfeer waarvan die wand uit een sellaag bestaan), ’n eienskap wat eie aan diere is.

Struktuur

Met ’n paar uitsonderings, soos die sponse, het diere liggame wat uit verskillende soorte weefsel bestaan. Dit sluit in spiere, wat kan saamtrek en beweging beheer, en senuwees, wat seine stuur en verwerk. Daar is ook gewoonlik ’n interne spysverteringskamer met een of twee openinge.

Alle diere het eukariotiese selle, omring deur ’n kenmerkende ekstrasellulêre matriks, wat bestaan uit kollageen en elastiese glukoproteïene. Dit kan verkalk wees om strukture soos skulpe, bene en sponsnaalde te vorm. Tydens ontwikkeling vorm dit ’n relatief buigbare raamwerk waarop selle kan rondbeweeg en reorganiseer kan word, en dit maak ingewikkelde strukture moontlik. In teenstelling hiermee het ander meersellige organismes, soos plante en swamme, selle wat op plek gehou word deur selwande, en hulle ontwikkel so deur progressiewe groei.

Voortplanting en ontwikkeling

Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe 
Sommige spesies landslakke gebruik "liefdespyltjies" as ’n vorm van seksuele seleksie.

Byna alle diere is gewikkel in die een of ander vorm van seksuele voortplanting. Hulle vervaardig haploïede gamete deur meiose. Die kleiner, beweeglike gamete is spermselle en die groter, onbeweeglike gamete is eierselle. Hulle smelt saam en vorm sigote, wat in nuwe individue ontwikkel.

Baie diere kan ook aseksueel voortplant. Dit kan geskied deur middel van partenogenese, waar bevrugte eierselle geproduseer word sonder paring, knopvorming of verdeling.

Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe 
Manlike sjimpansees bly dikwels in die gemeenskap waarin hulle gebore word, terwyl wyfies by ander groepe aansluit.

’n Sigoot ontwikkel aanvanklik in ’n hol sfeer, wat ’n blastula genoem word; dit ondergaan herrangskikking en differensiasie. In sponse swem blastulalarwes na ’n nuwe ligging en ontwikkel in ’n nuwe spons. In die meeste ander groepe ondergaan die blastula ’n meer ingewikkelde herrangskikking. Dit vorm eers ’n invaginasie en dan ’n gastrula met ’n spysverteringskamer en twee aparte kiemlae – ’n eksterne ektoderm en ’n interne endoderm. In die meeste gevalle ontwikkel daar ook ’n mesoderm tussenin. Hierdie kiemlae differensieer dan om weefsel en organe te vorm.

Vermyding van inteling

By seksuele voortplanting lei inteling (met ’n nabye familielid) gewoonlik tot ’n afname in biologiese gehalte, soos die voorkoms van ’n vroeë dood by sekere spesies. Diere het verskeie maniere ontwikkel om inteling te vermy en uitkruising te bevorder. Sjimpansees gebruik byvoorbeeld verspreiding om te voorkom dat nabye familielede paar; individuele diere versprei na verskillende groepe en weg van die groep waarin hulle gebore is.

In verskeie spesies paar wyfies met verskillende mannetjies en bring dus kleintjies voort van ’n hoër genetiese gehalte. Dit gebeur veral by wyfies wat ’n paartjie gevorm het met ’n mannetjie van swak genetiese gehalte, soos ’n nabye familielid.

Kos- en energiebronne

Diere is heterotrofies, wat beteken hulle eet ander organismes, direk of indirek. Hulle word gewoonlik ook verder verdeel in groepe soos karnivore, herbivore, omnivore en parasiete.

Predasie is ’n biologiese interaksie waar ’n roofdier (’n heteretroof wat jag) sy prooi (die organisme wat aangeval word) eet. ’n Roofdier het dalk of dalk nie sy prooi doodgemaak voordat hy dit eet, maar die daad van predasie lei gewoonlik daartoe dat die prooi doodgemaak word. Die ander belangrike kosbron is dooie organiese materiaal. Dit is soms moeilik om tussen dié twee voedingsvorme te onderskei – soos wanneer ’n parasiet ’n gas-organisme eet en dan sy eiers daarop lê sodat sy kleintjies die verrottende karkas kan eet. Druk wat hulle op mekaar uitoefen, lei dikwels tot ’n evolusie-resies tussen die jagter en prooi, en dit lei tot verskeie evolusie-aanpassings in albei.

Die meeste diere gebruik die energie van sonlig direk of indirek deur plante of plantvretende diere te eet. Fotosintese in plante omskep die energie van sonlig in chemiese energie in die vorm van eenvoudige suikers (byvoorbeeld glukose). Hierdie suikers word dan gebruik as die boustene vir plantgroei. Wanneer ’n dier die plante vreet, of diere vreet wat die plante gevreet het, verkry hulle hul energie daaruit. Die energie help die dier groei en gee hom die energie om te beweeg.

Diere wat naby hidrotermiese of koue bronne op die seebodem voorkom, is nie van die energie van sonlig afhanklik nie. In plaas daarvan vorm chemosintetiese Archaea en bakterieë die basis van die voedselketting.

Oorsprong en fossielrekord

Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe 
Dunkleosteus was ’n 10 m lange prehistoriese vis.

Daar word algemeen geglo diere het binne die groep eukariote met sweephare (flagella) ontstaan. Hul naaste bekende verwante wat steeds bestaan, is die Choanoflagellatea (kraagsweepdiertjies) waarvan die morfologie ooreenstem met dié van die koanosiete (kraagselle) van sekere sponse.

Molekulêre studies plaas diere in ’n supergroep genaamd Opisthokonta, wat ook Choanoflagellatea, die swamme en ’n paar klein parasitiese protiste insluit. Die naam kom van die ligging van die flagellum aan die agterkant van beweeglike selle, soos by die meeste diere se spermselle, terwyl ander eukariote se flagellum gewoonlik aan die voorkant is.

Die eerste fossiele wat dalk dié van diere is, is uit die Proterosoïese Eon en het voorgekom in 665 miljoen jaar oue rotse in die Trezona-formasie van Suid-Australië. Daar word geglo die fossiele was van vroeë sponsdiere.

Die volgende moontlike dierefossiele was uit die einde van die Prekambrium, sowat 610 miljoen jaar gelede, en is bekend as die Ediacariese biota. Dit is egter moeilik om ’n verband te vind met latere fossiele. Sommige was dalk voorlopers van moderne filums, hulle kon aparte groepe gewees het of was dalk glad nie diere nie.

Die meeste bekende filums maak hul verskyning min of meer op dieselfde tyd in die Kambrium-periode, sowat 542 miljoen jaar gelede. Dit is steeds onbekend of dié gebeurtenis, bekend as die Kambriese ontploffing, veroorsaak is deur ’n vinnige differensiasie tussen verskillende groepe en of dit was vanweë ’n verandering in toestande wat fossilering moontlik gemaak het.

Sommige paleontoloë dink diere het lank voor die Kambriese ontploffing ontstaan, dalk reeds ’n miljard jaar gelede. Spoorfossiele soos voetspore en gate uit die Tonium-periode wat ontdek is, dui op die moontlike teenwoordigheid van tripoblastiese wurms (met drie kiemlae), omtrent so groot (sowat 5 mm breed) en kompleks soos erdwurms.

Aan die begin van die Tonium sowat ’n miljard jaar gelede was daar ’n afname in die verskeidenheid van stromatoliete, wat dalk daarop dui dat weidiere hul verskyning gemaak het aangesien stromatoliet-verskeidenheid toegeneem het nadat weidiere uitgesterf het met die Perm-Trias- en die Ordovisium-Siluur-uitwissing. Dit het weer afgeneem kort nadat die weidierbevolking herstel het. Die ontdekking dat soortgelyke spore vandag geskep word deur die reusagtige, eensellige protis Gromia sphaerica, werp egter ’n skadu oor die vertolking van die fossiele as bewyse van ’n vroeë evolusie van diere.

Groepe diere

Beide tradisionele morfologiese en moderne molekulêre filogenetiese ontledings dui op ’n groot evolusionêre oorgang van diere sonder ’n bilaterale simmetrie (Porifera, Ctenophora, Cnidaria en Placozoa) na dié wat wel bilateraal simmetries is (Bilateria). Laasgenoemde word verder geklassifiseer in óf Deuterostomia (waarby die eerste opening van die spysverteringstelsel die anus word en die tweede een die mond) óf Protostomia (waarby die mond eerste gevorm word). Die verwantskap tussen diere sonder ’n bilaterale simmetrie word betwis, maar alle diere met ’n bilaterale simmetrie vorm vermoedlik ’n monofiletiese groep. Die huidige begrip van die verwantskap tussen die groot groepe diere word deur die volgende kladogram opgesom:


Choanozoa


ChoanoflagellateaDier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe 


Animalia

Porifera



Placozoa



CtenophoraDier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe 



CnidariaDier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe 



Bilateria

DeuterostomiaDier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe 


Protostomia

EcdysozoaDier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe 



LophotrochozoaDier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe 









Diere sonder bilaterale simmetrie

Verskeie dierefilums word gekenmerk deur die afwesigheid van bilaterale simmetrie en daar word geglo hulle het vroeg in die evolusie uit ander diere ontwikkel. Die sponse (Porifera) het vermoedelik eerste ontwikkel en word beskou as die oudste dierefilum. Hulle het nie die komplekse organisasie wat in die meeste ander filums aangetref word nie. Hul selle is gedifferensieer, maar in die meeste gevalle nie in aparte soorte weefsel georganiseer nie. Sponse neem gewoonlik voedingstowwe in deur water deur gaatjies in te trek. ’n Reeks studies van 2008 tot 2015 ondersteun egter die mening dat Ctenophora, of die ribkwalle, die basale lyn van diere is. Dié bevinding is omstrede, want dit dui daarop dat sponse dalk nie so primitief is nie, en ander navorsers meen dit is ’n statistieke ongerymdheid.

Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe 
’n Oranje olifantoorspons, Agelas clathrodes, voor en twee korale, Iciligorgia schrammi en Plexaurella nutans, agter.

Filums soos Ctenophora en Cnidaria, wat seeanemone, korale en jellievisse insluit, is radiaal (straalsgewys) simmetries en het spysverteringskamers met een opening wat as mond én anus dien. Albei het verskillende soorte weefsel, maar dit is nie in organe georganiseer nie. Daar is net twee hoofkiemlae, die ektoderm en endoderm, met net verstrooide selle tussenin. Daarom word dié diere soms "diploblasties" genoem.

Daar word nou geglo die Myxozoa, mikroskopiese parasiete wat aanvanklik as Protozoa beskou is, het binne Cnidaria ontwikkel.

Diere met bilaterale simmetrie

Alle ander diere vorm ’n monofiletiese groep wat Bilateria genoem word. Hulle is meestal bilateraal simmetries en het dikwels ’n gespesialseerde kop met voedings- en sintuiglike organe. Die liggaam is triploblasties – dit beteken al drie kiemlae is goed ontwikkel – en weefsel vorm afsonderlike organe. Die spysverteringskanaal het twee openinge, ’n mond en ’n anus, en daar is ’n interne holte bekend as ’n seloom (of buikholte) of pseudoseloom (skynbuikholte). Daar is uitsonderings op al hierdie eienskappe.

Genetiese studies het ons begrip van die verhouding tussen die diere in Bilateria aansienlik verander. Dit lyk of die meeste tot twee groot stambome behoort: Deuterostomia en Protostomia; laasgenoemde sluit in die Ecdysozoa en Lophotrochozoa. Die Chaetognatha is aanvanklik as Deuterostomia geklassifiseer, maar onlangse molekulêre studies het dié groep geëien as ’n basale Protostomia-lyn.

Daar is ook ’n paar klein groepe diere met bilaterale simmetrie met relatief kriptiese morfologie waarvan die verwantskap met ander diere nog nie baie duidelik is nie. So het onlangse molekulêre studies Acoelomorpha en Xenoturbella geëien as behorende tot ’n monofiletiese groep, maar daar is weinig ooreenstemming oor of die groep binne Deuterostomia ontwikkel het, en of dit ’n sustergroep van alle ander diere met bilaterale simmetrie (Nephrozoa) verteenwoordig. Ander groepe met onsekere verwantskap sluit Rhombozoa en Orthonectida in. Een filum, Monoblastozoa, is in 1892 deur ’n wetenskaplike beskryf, maar tot dusver was daar geen verdere bewys dat dit bestaan nie.

Deuterostomia en Protostomia

Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe 
Twee winterkoninkies van die spesie Malurus cyaneus.

Deuterostomia verskil in verskeie opsigte van Protostomia. Diere van albei groepe het ’n volledige spysverteringstelsel. By laasgenoemde groep ontwikkel die eerste opening wat in die embrio verskyn, in die mond en die tweede opening in die anus. In eersgenoemde groep ontwikkel die openinge andersom. By die meeste Protostomia vul selle eenvoudig die binnekant van die gastrula in om die mesoderm te vorm, maar by Deuterostomia vorm dit deur die invaginasie van die endoderm. Deuterostomia-embrio's ondergaan radiale kliewing (verdeling) en Protostomia spirale kliewing.

Dit alles dui daarop dat Deuterostomia en Protostomia twee aparte, monofiletiese stambome is. Die belangrikste filums van Deuterostomia is Echinodermata en Chordata. Eersgenoemde is radiaal simmetries en uitsluitlik seediere, soos seesterre, seekastaiings en seekomkommers. Chordata word deur die gewerweldes, diere met rugstringe, oorheers. Dit sluit in visse, amfibieë, reptiele, voëls en soogdiere.

Deuterostomia sluit ook Hemichordata, of die kraagdraers, in. Hoewel hulle nie vandag juis volop is nie, behoort die belangrike fossiele graptoliete dalk tot hierdie groep.

Ecdysozoa

Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe 
Geelvlerknaaldekokers, Sympetrum flaveolum.

Die Ecdysozoa behoort tot Protostomia en is genoem na die algemene eienskap van groei deur vervelling. Dit sluit die grootste dierefilum, die Arthropoda, in en bevat insekte, spinnekoppe, krappe, ens. Al dié diere se liggaam is in herhalende segmente verdeel wat gewoonlik in pare voorkom. Twee kleiner filums, Onychophora en Tardigrada, is nabye verwante en deel dié eienskappe. Ecdysozoa sluit ook die Nematoda, of rondewurms, in wat dalk die tweede grootste dierefilum is. Rondewurms is meestal mikroskopies en kom voor in feitlik elke omgewing waar daar water is. ’n Paar is belangrike parasiete. Kleiner filums wat aan hulle verwant is, is Nematomorpha, of die perdehaarwurms, Kinorhyncha, Priapulida en Loricifera. Hierdie groepe het ’n klein buikholte, wat ’n skynbuikholte genoem word.

Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe 
Die wingerdslak Helix pomatia.

Lophotrochozoa

Lophotrochozoa, wat binne die groep Protostomia ontwikkel het, sluit twee van die mees suksesvolle dierefilums in, Mollusca en Annelida. Eersgenoemde, wat die tweede grootste dierefilum is volgens spesies wat beskryf is, bevat diere soos slakke, mossels en pylinkvisse; laasgenoemde die gesegmenteerde wurms, soos erdwurms en bloedsuiers. Hierdie twee groepe is lank as nou verwant beskou omdat hulle soortgelyke larwes het, maar Annelida is as nader aan Arthropoda beskou omdat albei gesegmenteer is. Nou word hulle beskou as die resultaat van saamlopende (maar onafhanklike) evolusie vanweë baie morfologiese en genetiese verskille tussen die twee filums.

Lophotrochozoa sluit ook Nemertea, of die snoerwurms, Sipuncula en verskeie filums in wat ’n sirkel tentakels met trilhare om die mond het.

Platyzoa sluit die filum Platyhelminth, of die platwurms, in. Hulle is eers as van die mees primitiewe Bilateria beskou, maar dit lyk nou of hulle uit meer komplekse voorouers ontwikkel het. Die groep bevat ’n paar parasiete, soos suigwurms and lintwurms. Platwurms het nie ’n seloom of buikholte nie, nes hul naaste verwante, die mikroskopiese Gastrotricha. Die ander Platyzoa-filums is meestal mikroskopies en het skynbuikholtes. Die belangrikste groep is Rotifera, of die raderdiertjies, wat algemeen in wateromgewings voorkom. Hulle sluit ook Acanthocephala, Gnathostomulida, Micrognathozoa en moontlik Cycliophora in. Hierdie groepe het almal komplekse kake en behoort tot die filum Gnathifera.

Getal bestaande spesies

Diere kan in die algemeen in twee breë groepe verdeel word: gewerweldes (diere met ’n ruggraat) en ongewerweldes (sonder ’n ruggraat). Die helfte van alle gewerweldes wat beskryf is, is visse. Driekwart van alle ongewerweldes wat beskryf is, is insekte. Die volgende lys is van die bestaande spesies wat beskryf is vir elke groot subgroep van diere, soos beraam vir die IUBN-rooilys van bedreigde spesies, 2014.3.

Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe 
Die getal spesies volgens elke filum van die diereryk.
Groep Beeld Subgroep Geraamde getal
spesies
Gewerweldes Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe  Visse 32 900
Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe  Amfibieë 7 302
Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe  Reptiele 10 038
Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe  Voëls 10 425
Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe  Soogdiere 5 513
Totale gewerwelde spesies: 66 178
Ongewerweldes Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe  Insekte 1 000 000
Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe  Weekdiere 85 000
Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe  Skaaldiere 47 000
Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe  Korale 2 000
Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe  Spinnekopagtiges 102 248
Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe  Fluweelwurms 165
Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe  Koningkrappe 4
Ander 68 658
Totale ongewerwelde spesies: 1 305 075
Totale dierespesies: 1 371 253

Meer as 95% van alle dierespesies in die wêreld wat beskryf is, is ongewerweldes.

Kladogram

Die Metazoa (diere) is verwant aan die swamme (Fungi) en het uit dieselfde groep eensellige eukariote ontstaan: die Ophistokonta. 'n Vereenvoudigde kladogram sien so uit:

Opisthokonta

Fungi Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe 


Holozoa

Ichthyospora


Filozoa

Filasterea


Choanozoa

Choanoflagellatea Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe 


Animalia

Ctenophora Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe 



Porifera Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe 




Placozoa Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe 




Cnidaria Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe 



Bilateria Dier: Etimologie, Geskiedenis van klassifikasie, Eienskappe 









Sien ook

Verwysings

Bibliografie

  • Nielsen, Claus (2012). Animal Evolution: Interrelationships of the Living Phyla (3rd uitg.). New York: Oxford University Press. ISBN 978-0-19-960602-3.
  • Schmidt-Nielsen, Knut (1997). Animal Physiology: Adaptation and Environment (5th uitg.). Cambridge University Press. ISBN 0-521-57098-0.
  • Magloire, Kim (2004). Cracking the AP Biology Exam, 2004–2005 Edition. The Princeton Review. ISBN 978-0-375-76393-9.
  • Sangwal, Keshra (2007). Additives and crystallization processes: from fundamentals to applications. John Wiley and Sons. ISBN 978-0-470-06153-4.
  • Hutchins, Michael (2003). Grzimek's Animal Life Encyclopedia (2nd uitg.). Detroit: Gale. ISBN 0-7876-5777-8.
  • Holmes, Thom (2008). The First Vertebrates. Infobase Publishing. ISBN 978-0-8160-5958-4.

Eksterne skakels

Tags:

Dier EtimologieDier Geskiedenis van klassifikasieDier EienskappeDier Oorsprong en fossielrekordDier Groepe diereDier Getal bestaande spesiesDier KladogramDier Sien ookDier VerwysingsDier BibliografieDier Eksterne skakelsDier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AsiëDoopGoogle TranslateBorsbeenBruin huisslangBaltimoreRynhesseApostoliese GeloofsendingTropiese huisgeitjieSuid-Afrikaanse WeermagMisdaadSamestellingGeelsugDeon MeyerNardusHematuriePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaJeugdagRuslandJada Fire2023Pieter BiewengaTrappe van vergelykingPoësiePesachNagapieTurksvyLongWerwelkolomBloemfonteinBloedsomloopstelselMaagsweerOlimpiese godeOnse VaderNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale Lughawe2024 Australiese Grand PrixKoreaanse nasionale rugbyspanBosluisbytkoorsDanie du ToitVoornaamwoordBoomMakazole MapimpiLys van lande volgens bevolkingKarlien van JaarsveldBeesWes-KaapDachshundFritz WepperBreinCleopatra VIISatireHelm (geboorte)Jan van RiebeeckBipolêre gemoedsteuringJodeAfrikaAnilingusKolitisKoningKewerKarakteriseringAngssteuringSteve BikoVulvaAnette EngelbrechtCyril RamaphosaAntjie KrogSigaret🡆 More