Demokratiese Republiek Van Azerbeidjan

Die Demokratiese Republiek van Azerbeidjan (DRA) (Azerbeidjans: Azərbaycan Xalq Cümhuriyyəti) was die eerste suksesvolle demokratiese en sekulêre republiek in die Islamitiese wêreld.

Dit was een van die kortstondige Turkssprekende sekulêre republieke wat ontstaan het ná die verbrokkeling van die Russiese Ryk en die opkoms van die Jong Turke in Turkye en die Jadid in Rusland. Kort voor die stigting van die Demokratiese Republiek Azerbeidjan het 'n ander Turkse volk, die Krim-Tatare, 'n soortgelyke poging onderneem, maar hulle Volksrepubliek Krim het tussen 1917 en 1918 minder as een maand lank bestaan.

Azərbaycan Xalq Cümhuriyyəti
Demokratiese Republiek Azerbeidjan
1918 – 1920 Demokratiese Republiek Van Azerbeidjan
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Leuse: Bir kərə yüksələn bayraq, bir daha enməz!
(Die vlag wat eens geopper is sal nooit val nie!)
Volkslied: Azərbaycan Marşı
(Mars van Azerbeidjan)
Ligging of Azerbeidjan
Ligging of Azerbeidjan
Kaart van die Demokratiese Republiek Azerbeidjan
Hoofstad Gence (tot September 1918)
Bakoe
Taal/Tale Azerbeidjans
Regering Republiek
Wetgewer Milli Məclis
(Nasionale Vergadering)
Historiese tydperk Nuwe Tyd
 - Stigting 29 Mei 1918
 - Besetting en anneksasie 28 April 1920
Oppervlakte
 - 1918 99 908,87 km2
38 575 sq mi
Bevolking
 - 1918 skatting 2 000 000 
     Digtheid 20 /km² 
51,8 /sq mi
Geldeenheid Manat

Een van die belangrikste besluite van die parlement was die invoering van vroulike stemreg. Die Demokratiese Republiek van Azerbeidjan was sodoende nie net die eerste merendeels Islamitiese staat waar vroue dieselfde politieke regte soos mans verwerf het nie, maar ook een van die eerste state wêreldwyd.

Die huidige Republiek van Azerbeidjan beskou homself as vregsopvolger van die DRA.

Geskiedenis

Die DRA is gevorm op 28 Mei 1918 ná die val van die tsaristiese Rusland. Die land het in die noorde aan Rusland, in die ooste aan die Demokratiese Republiek van Armenië, en in die suide aan die Persiese Ryk gegrens. Gence het tydelik as hoofstad van die republiek gedien omdat Bakoe nog deur Bolsjewistiese troepe beset was. In 1920 is die DRA deur die Sowjetunie verower. Vir Wladimir Lenin was Azerbeidjan se olierykdom van strategiese belang.

Beelde

Verwysings

Tags:

19171918AzerbeidjansDemokrasieIslamJong TurkeKrim-TatareRepubliekRuslandRussiese RykTurkse volkeTurkye

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VoorsetselKrieketKlereRugbySuid-AfrikaMaanIslamAfrikaanse woordelys en spelreëlsWerkwoordAfrikaEkostelselKoos du PlessisOrgasmeGreta ThunbergPaarl GimnasiumGrootste rampe in Suid-AfrikaStaalSeksuele penetrasieRassisme in AfrikaVingerseksAfrikaanse taalleerSaartjie BaartmanByvoeglike naamwoordNatuurbewaringStaat PalestinaBernice WestSoweto-opstandNasionale lied van Suid-AfrikaJaco JacobsDokterGoogleKevin RuddKonflik (proses)HakerSanskritSharpeville-slagtingPropagandaOntdekking van die chemiese elementeEjakulasieWeervoorspellingSeksuele opwekkingWalvisAborsie in Suid-AfrikaBeesvleisGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaSwitserlandMikro-ekonomieDesmond TutuLugbesoedelingMateriaalSirkelKopieregKewerBeëdigde verklaringEngelsSeptimius AwardsMaroela MediaReënTafelbergBloukraanvoëlKokerboomKaapstadse waterkrisis 2015-2018KernoorlogApostoliese GeloofsendingWaterbesoedelingKarakteriseringNasionale VrouemonumentChatGPTFranse RewolusieAborsieGeskiedenis (vakgebied)MieliestronkDataverwerkingKommunikasie🡆 More