Vlag Van Die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara

Die nasionale vlag van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara is op 27 Februarie 1976 amptelik in gebruik geneem.

Die vlag vertoon ’n rooi driehoek aan die vlagpaalkant met drie ewe wye bane in (van bo na onder) swart, wit en groen met ’n rooi ster en sekelmaan in die wit baan (die vlag is linkshandig (sinister)).

Vlag van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara
Vlag van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara
Vlag van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara
Gebruik Nasionale vlag Nasionale vlag Voorkant moet wys met vlagpaal aan aanskouer se regterkant Vlag het verskillende ontwerpe aan voor- en agterkant
Verhouding 1:2
Goedgekeur 27 Februarie 1976
Ontwerp ’n Rooi driehoek aan die vlagpaalkant met drie horisontale bane in swart, wit en groen aan die wapperkant met ’n rooi ster en sekelmaan in die wit baan.
Vlag Van Die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara
Verduideliking van ’n linkshandige vlag

Simboliek

Aan die kleure word soms ook individuele betekenisse toegeken: swart stel die dood voor, wit stel vrede voor en groen stel die lewe voor.

Ontwerp

Die rooi driehoek is een derde van die lengte van die vlag en die agterkant van die vlag verskil van die voorkant deurdat die ster en sekelmaan nie op die agterkant vertoon word nie. Die vlag maak gebruik van die Pan-Arabiese kleure en veral die agterkant herinner baie aan die vlag van Palestina.

Geskiedenis

In die laat 19de eeu het Wes-Sahara ’n Spaanse kolonie geword. Na die Madrid-ooreenstemming van 1975 het Spanje haarself losgemaak en die gebied aan Marokko en Mauritanië oorgelaat. Die gebied is tussen die twee lande verdeel met Marokko wat twee derdes van die grondgebied gekry het. Die Polisario Front het die verdeling verwerp en die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara in ballingskap verklaar as die staat verteenwoordigend van ’n “onafhanklike” Wes-Sahara.

In 1979 het Mauritanië ’n vredesverklaring met die Polisario Front onderteken en Marokko het die deel geannekseer wat voorheen aan Mauritanië behoort het. ’n Skietstilstand wat deur die VN bemiddel is, is in 1991 onderteken tussen die twee partye maar die soewereiniteit van die gebied is steeds onopgelos hangende voortslepende vredesamesprekinge.

Marokkaanse streeksvlae (1976–1997)

In die 1976–1997 provinsiale verdeling van Marokko het drie provinsies dele van Wes-Sahara ingesluit. Die provinsies is egter in 1997 geherorganiseer. Gevolglik is sommige van hierdie vlae nie meer amptelik in gebruik nie.

Ander vlae

Soortgelyke vlae

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Vlag Van Die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara SimboliekVlag Van Die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara OntwerpVlag Van Die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara GeskiedenisVlag Van Die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara Ander vlaeVlag Van Die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara VerwysingsVlag Van Die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara Eksterne skakelsVlag Van Die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara197627 FebruarieArabiese Demokratiese Republiek Sahara

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LatynEugenetikaLys van Suid-Afrikaanse musikanteDawidOnderhandelinge om apartheid te beëindigMensKlimaatsverandering in Suid-AfrikaUniegebouApartheidDemi Lee MooreLys van hoofstedeRookgewoonteJan-Willem BreureAppendiksAkademiaVeerLidwoordMartin Luther King jr.NavorsingMenslike seksuele gedragVulkaanTropiese sikloonBestaansboerderyHerfsIndiëTolla van der MerweBosluisbytkoorsBestuiwingPersentasieEksponentWelwillendheidsdagProteïenPoësieKatoenLys van Suider-Afrikaanse soogdiereArmoedeverligtingNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaSteenkool in Suid-AfrikaWaterkringloopTopsy SmithBoerboelDierArmoedeKortverhaalOranjerivierMidde-OosteProksemikaSeksLeonardo da VinciVaginale kankerEkonomieLys van Kaapstad se voorstedeNedersettingVolhoubaarheidJeugdagVoortrekkersVarkgriepKweekhuiseffekOseaanSkoenlapperBateVoorvoegselOligopolieBelastingKongo-krisisProvinsies van Suid-AfrikaNiemetaalIsraelDie ontstaan van die dramaXenofobie in Suid-AfrikaTennisToestand van materieGlobaliseringNommerteken🡆 More