Groenrugreier

Die groenrugreier (Butorides striata) is 'n algemene standvoël.

Groenrugreier
Groenrugreier
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Butorides
Spesie:
B. striata
Binomiale naam
Butorides striata

Identifikasie

Groenrugreier 
'n Groenrugreier in São Paulo, Brasilië
Groenrugreier 
'n Groenrugreier in die Austin Roberts-voëlreservaat
Groenrugreier 
Eiers van die groenrugreier

Soos die naam van die groenrugreier dui, het die voël 'n rugkant wat grysgroen voorkom. Sy vere het roomkleurige rande. Die kante van sy nek en sy flanke is grys en hy het 'n swart mus. As hy opvlieg, is sy geel pote opvallend. Jonge voëls word aan hul donker rugkante en wit kolle op die gevoude vlerke uitgeken. Die algemene lengte van 'n volwasse groenrugreier is 41 cm.

Habitat

Dit is 'n algemene klein reiertjie wat een-een by dig-beboste riviere, groot damme, panne en riviermondings of strandmere met wortelbome voorkom. Daglewend; jag al langs die oewer of van 'n lae tak of dooie boom wat in die water staan. Vlieg in 'n boom in as hy opgejaag word.

Verspreiding

Kom voor in groot dele van die Vrystaat, KwaZulu-Natal, Namibië en Botswana en oor die hele Mpumalanga Noord-Wes, Mpumalanga, Limpopo, Mosambiek en Zimbabwe.

Dieet

Groenrugreiers eet meestal klein visse en skaaldiere (veral krappe), asook ander waterbewoners, insekte en enige ander eetbare happies, insluitende klein soogdiere.

Sien ook

Bronnelys

Eksterne skakels

Tags:

Groenrugreier IdentifikasieGroenrugreier HabitatGroenrugreier VerspreidingGroenrugreier DieetGroenrugreier Sien ookGroenrugreier BronnelysGroenrugreier Eksterne skakelsGroenrugreier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LiefdeBelastingAfrikaOlimpiese SomerspeleVlekvrye staalRomeinse RykSpreeuBruin huisslangBernice WestKatherine JohnsonGoogleSjimpanseeTuberkuloseKunsHibernasiePotchefstroomEkonomieXhosaKitaarRobert SobukweLys van medisinale kruieTussenwerpselAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidVoegwoordLys van nedersettings in Suid-AfrikaRuimteRugbyAfkortingSimboolAnneli van RooyenThys die BosveldklongBesproeiingVaste stofKarpaletonnelsindroomGesonde dieetSwaziKlimaatveranderingSlimfoonTaalRob HersovMaagsweerSendelingposisiePeriodieke tabelBrandmondsindroomSASOLNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaSeksualiteitSuid-Afrikaanse InkomstediensLeestekenKernkragViëtnamAprilKapitalismeKarnivoorRosa ParksEnkelvoudige sinMandalaElana AfrikaSkoolMonumentAntisemitismeWeer (meteorologie)TremBruin menseAtoomDiarreeLieweheersbesieBestaansboerderyKernoorlogWoordeboek van die Afrikaanse TaalAardeKalenderAardrykskunde🡆 More