Benjamin Schmid (13 September 1968, Wene) is 'n Oostenrykse violis.
Schmid het sy opleiding in Wene, Salzburg en Philadelphia ontvang. In 1991 het hy die 2de Internasionale Leopold Mozart Vioolkompetisie in Augsburg gewen. In 1992 het hy die Mozart - , Beethoven - en gehoortoekenning tydens die Carl Flesch-kompetisie gewen. Sy repertorium bevat werke vir viool en orkes, kamermusiek en jazz (Hommage à Grappelli). Hy fokus veral op die werke van Mozart, Beethoven, Schubert, Berg, Karl Goldmark, Korngold, Fritz Kreisler en Kurt Muthspiel. As jazz-musikant bemark hy homself onder die naam Beni Schmid. Benjamin Schmid het reeds talle kere as solis opgetree tydens konserte deur die Hamburger Symphoniker. Hy tree sedert 1986 gereeld op tydens die Salzburg-fees. Hy het sedert 2000 gereeld die solo-werke vir viool van Bach en Eugène Ysaÿe tydens drie-nagtelike siklusse gespeel. Benjamin Schmid gebruik die Stradivari-viool "ex Viotti" van 1718, wat aan hom geleen word deur die Österreichische Nationalbank. Schmid woon saam met sy vrou, die pianis Ariane Haering in Salzburg, waar hy ook 'n professoraat aan die Mozarteum beklee.
Schmid se album Hot Club Jazz (Gramola plate-etiket) is in 2015 op die lys vir die Preis der Deutschen Schallplattenkritik (Albumprys van Duitse kritici) geplaas. Diknu Schneeberger, Joschi Schneeberger en Martin Spitzer speel in Schmid se jazzorkes.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Duitse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Benjamin Schmid, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.